Vir party van ons is die jaarlikse griepinspuiting al deel van ‘n gesondheidsorgprogram. Tog is daar nog mense wat reken dat hul na elke inspuiting siek raak en daarom kies om hulself nie weer te laat inent nie. Kenners op die gebied van Virologie is dit eens dat inentings nog die beste teenvoeter teen griep en griepverwante siektes is.
Inentings: hoe dit jou liggaam kan help
Daar word jaarliks ‘n spesiale formule ontwikkel wat jou teen die vyf basiese hoofstroomvirusse van griep beskerm. Virusse verander voortdurend en daarom is daar nie ‘n enkele inenting wat jou teen al die moontlike virusse kan beskerm nie. Die goeie ding is egter dat jy elke jaar teen vyf nuwe virusse ingeënt word, maar die vorige jaar se inenting werk nog vir jou! So bou jy dus stelselmatig meer en groter weerstand op teen al hoe meer virusse. As jy wel olik raak, is dit ‘n teken dat jou liggaam besig is om teenliggaampies op te bou en sou dit erger gewees het indien jy nie vir die inenting gegaan het nie. Aangesien die inenting uit dooie of onaktiewe deeltjies bestaan, is dit onmoontlik om daarvan siek te word. Griepvirusse kom jaarliks voor en is hoofsaaklik seisoenaal van aard. Mense wat aan longkwale lei of wie se immuniteitstelsel reeds onderdruk is as gevolg van siektes soos MIV/Vigs of diabetes, moet ingeënt word en ook elke vyf jaar vir ‘n addisionele inenting gaan. Tensy jy allergies is vir eiergele, is die inenting veilig vir kinders en grootmense.
Wat kan jy doen om jouself en jou gesin te beskerm?
Bly op datum van vaksineringsprogramme en sorg dat jy en jou hele gesin gereeld ingeënt word. Daar word voortdurende nuwe vaksienes geproduseer wat jou liggaam teen allerhande onsmaaklike virusse kan beskerm. Alhoewel die griepvaksiene jou teen hierdie jaar se virus kan beskerm, is dit nie ‘n ‘saambreelbeskerming’ nie. Ander virusse kan steeds jou liggaam aanval en skade aanrig.
Hou die volgende dinge in gedagte en jy sal alreeds ver vorder in jou pogings om jouself en jou gesin te beskerm:
1. Vaksineer onmiddellik!
2. Pas behoorlike persoonlike higiëne toe. Was jou hande gereeld met seep onder lopende water en moenie van vuil toiletgeriewe gebruik maak nie.
3. Maak seker dat jou water van ‘n betroubare bron is.
4. Volg ‘n gesonde eetplan en oefen gereeld. Sodoende word jou immuniteitstelsel op ‘n natuurlike manier gebou.
Griepvaksienes is nou by alle Intercare-takke beskikbaar. Aangesien dit deur die verpleegpersoneel toegedien word, hoef jy nie ‘n afspraak by ‘n dokter te maak nie. Besoek www.intercare.co.za om jou naaste tak te vind of stuur ‘n e-pos na [email protected]. Lees ook ons 10 griepfeite wat op die webblad gevind kan word.