Go set a watchman speel 20 jaar na die gebeure in To kill a mockingbird af.
Go Set a Watchman speel in die 1950’s Amerika af met baie van die karakters van To Kill a Mockingbird wat almal nou sowat 20 jaar ouer is. Scout (Jean Louise Finch), wat nou in New York woon, keer terug na haar tuisdorp Maycomb om haar pa, Atticus, te besoek. Tydens die besoek worstel sy met persoonlike en politiese kwessies terwyl sy ook haar pa se houding jeens die samelewing en haar eie menings oor die plek waar sy gebore is en haar kinderdae deurgebring het, probeer verstaan.
Harper Lee, die skrywer, sê: “Ek het in die 1950’s ’n boek genaamd Go Set a Watchman klaar geskryf. In die boek is Scout ’n volwasse vrou en ek het gedink dit was ’n taamlik goeie poging. My redakteur het van Scout se terugflitse van haar kinderdae gehou en het my oorreed om ’n boek uit die jong Scout se perspektief te skryf. Ek was ’n jong skrywer en het gedoen wat daar van my verwag is. Nadat ek lank daaroor getob en gehuiwer het, het ek dit met ’n handjievol van my vertrouelinge gedeel en was bly om te hoor hulle dink dis die moeite werd om dit te publiseer. Ek voel geëerd dat dit ná al die jare gepubliseer gaan word.”