Versorg jou hare gereeld om beskadiging te herstel of te voorkom.
Natasha van Wyk
Vinnige wenke
Dra ‘n serp of hoed tussen haarwassessies. Dit beskerm jou hare teen die elemente en lyk sjiek.
Moenie jou hare te veel was nie. Jou kopvel produseer natuurlike olies wat met daaglikse was vroegtydig gestroop word.
Was hare met koue- tot louwarm water.
Dra ‘n swemkappie as jy in chloorwater swem en sjampoe jou hare deeglik daarna. Vermy direkte sonlig nadat jy in chloorwater geswem het. UV-strale reageer met die chloor en beskadig hare.
EET DIÉ VIR GESONDE HARE
Omega-3-vetsure
· Salm
· Okkerneute
· Vlassade
Vrugte en groente
· Spinasie
· Wortels
· Avokadopeer