Huishoudelike produkte is ‘n tydelike kitsoplossing. Probeer gerus hierdie produkte uit jou spens om jou hare te voed.
Natasha van Wyk
VIR PRODUKOORESTE
15 minute
Baie van ons gebruik daagliks mousse en haarsproei. Produkreste kan hare swaar en leweloos laat voorkom as dit opbou. Koeksoda is ideaal hiervoor. Die natriumbikarbonaat breek die meeste sure af. Meng 1-2 e koeksoda met water en ’n bietjie asyn tot ’n pasta. Vryf deur klam hare en los vir ongeveer 10-15 minute aan. Sjampoe gewoonweg. Jy kan ook ’n halwe koppie jogurt of suurroom gebruik. Dit kan elke tweede week gedoen word.
VIR DROË HARE MET SONSKADE
10 minute
UV-strale droog hare uit. Aan die ander kant trek heuning vog aan en behou dit. Meng ½ k heuning en 1 e olyfolie en smeer aan klam hare. Los vir ongeveer 10 minute aan. Spoel met warm water af. Kan maandeliks gedoen word.
BLAAI DEUR DIE FOTOALBUM HIER ONDER VIR NOG PRODUKTE OM TE PROBEER
SOURCES
Elmarie Knapton