Die meeste Suid-Afrikaners het nie ‘n verskoning nodig om te braai nie, lees meer oor dié boek wat alles nóg lekkerder gaan maak
Die meeste Suid-Afrikaners het nie ‘n verskoning nodig om te braai nie. Enige geleentheid, van spanbou en ‘n belangrike rugby-, sokker- of krieketwedstryd, tot verjaardae en langnaweke of ‘sommer vir die lekkerte’, is genoeg rede om familie en vriende vir ‘n braai bymekaar te kry. Hillary Biller wys jou hoe om kosvoorbereiding vir ‘n braai so eenvoudig moontlik te maak. Sy gebruik toeganklike, eenvoudige resepte geskik vir drie soorte braaie – die Weber Q-gasbraai, die Weber-ketelbraai en die houtskool/houtbraai. Al die inligting wat jy benodig, word in maklike stapsgewyse instruksies in haar resepteboek Japtrap-Braai weergegee. Daar is meer as 100 resepte om van te kies – al wat jy nodig het, is jou voorskoot en ‘n braaitang. Japtrap-Braai word deur Struik Lifestyle uitgegee en is by vooraanstaande boekwinkels landwyd te koop.
Besoek www.randomstruik.co.za vir meer inligting