Herwinning is eintlik maklik. Kry hier wenke
Wilna Myburgh
Glas kan herwin word deur dit na enige glasherwinningspunt te neem. Om een te vind, gaan na The Glass Recycling Company se webwerf (www.tgrc.co.za) of stuur ‘n SMS met die woord “glass” en die naam van jou woonbuurt na 32310, teen R1 per SMS. Wees ook op die uitkyk na punte by petrolstasies, winkelsentrums en skole. The Glass Recycling Company gee ‘n paar eenvoudige wenke om jou te help om te begin.
1 Glasbottels en -houers wat vir kos en drank gebruik word, kan herwin word.
2 Motiveer vriende en familie om ook te herwin. Sal hulle nie dalk skuldig voel om glas weg te gooi as hulle eers weet hoe maklik herwinning is nie? Wys ook jou kinders waar om glasbottels weg te gooi.
3 Maak seker jy vat inruilbare bottels terug winkel toe. Die drankvervaardiger sal dit higiënies steriliseer, hervul en gebruik. Dit sluit groot bierbottels, sekere glaskoeldrankbottels en baie bottels wat vir sterker drank gebruik word in.
4 In Suid-Afrika is dit nie nodig om verskillende kleure glas in aparte houers te herwin nie. Dis ook nie nodig om die glas voor die tyd te was nie.
5 Gaan “like” die TGRC Facebook-bladsy vir meer wenke, idees en inspirasie om groen te leef met glas.
SOURCES
Verskaf