Die kersie op die koek vir ’n Chinese spyskaart is fortuinkoekies – hier’s ’n maklike resep daarvoor
24 koekies
Bestanddele
2 eierwitte teen kamertemperatuur
5 ml (1 t) vanieljegeursel
15 ml (1 e) suurlemoensap
10 ml (2 t) water
45 ml (3 e) olie
125 ml (½ k) koekmeel
125 ml (½ k) strooisuiker
7,5 ml (1½ t) mielieblom
1,25 ml (¼ t) sout
pienk koekkleursel
witsjokolade
strooiversiersel (hundreds & thousands)
Metode
Verhit oond tot 160 °C en voer bakplaat met waspapier uit.
- Klits eierwitte, vanielje, suurlemoensap, water en olie tot geskuim.
- Sif koekmeel, strooisuiker, mielieblom en sout by.
- Klits tot goed gemeng en bêre in yskas vir 30 minute.
- Druk jou aanhalings en knip dit uit.
- Verdeel mengsel in twee dele en kleur een deel pienk.
- Gebruik ’n 7,5 ml-maatlepel en skep deeg op bakplaat. Smeer met lepel om 9 cm-sirkels te vorm. Maak net twee koekies op ’n slag.
- Bak vir 12 minute. Koekies is reg as kante begin verbruin.
- Werk vinnig. Haal met skraper van bakplaat af, sit aanhaling in en vou in helfte. Druk oor rand van koffiebeker om kenmerkende vorm te kry.
- Sit in kolwyntjiepan en laat afkoel.
- Smelt witsjokolade in mikrogolf.
- Druk punt in sjokolade en dan in versiersel.