Hier is Marokkaanse hekelblok #9 se patroon
Klik hier vir die Engelse patroon
Kleurgebruik: Vinnis Colours Nikkim DK (50 g-bolle): Baby Yellow, Green Slate, Peach en White
Hekelpen: 3,25 mm
Afkortings en steekverduidelikings
alb = agteromlangbeen, beg = begin, dies = dieselfde, dsl = dubbelslagsteek, hlb = halflangbeen, gp = groep, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal, hlb = halflangbeen; kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, rdte = rondte, sp = spasie, st = steek, vlg = volgende.
Agteromlangbeen:
- Slaan die draad oor die pen en steek die pen van agter na voor om die stam van die volgende langbeen en weer na agter uit.
- Voltooi die langbeen soos gewoonlik.
LEES OOK: Hekel ’n sigeunertop
Dubbelslagsteek:
- Slaan die draad twee maal oor die pen.
- Steek die pen in die volgende steek.
- Slaan die draad oor die pen en trek die pen deur die eerste lus sodat daar vier lusse op die pen is.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur twee lusse.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die volgende twee lusse.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die laaste twee lusse op die pen.
Patroon
Met Green Slate; hekel 4 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 1 ks, 8 kb in ring, gs in beg-kb.
2de rdte: 1 ks, 2 kb in dies st en in elke kb tot einde, gs in beg-kb = 16 kb.
3de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 2 kb in vlg kb, *1 kb in vlg kb, 2 kb in vlg kb; herh van * tot einde, gs in beg-kb = 24 kb.
4 de rdte: 3 ks, 1 lb in vlg 3 kb, 5 ks, slaan 2 kb oor, *1 lb in vlg 4 kb, 5 ks, slaan 2 kb oor; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks.
5de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg 3 lb, 6 kb in vlg 5 ks-sp, *1 kb in vlg 4 lb, 6 kb in vlg 5 ks-sp; herh van * tot einde, gs in beg-kb.
6de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 5 ks, slaan 3 kb oor, *1 kb in vlg kb, 5 ks, slaan 3 kb oor; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
7de rdte (werk agter die Green Slate motief – vou werk na voor): met White; heg aan 1ste kb wat oorgeslaan is in rdte 4, 1 ks, 1 kb in dies st, 3 ks, 1 kb in vlg kb (wat oorgeslaan is in rdte 4), 5 ks, *1 kb in vlg kb wat oorgeslaan is in rdte 4, 3 ks, 1 kb in vlg kb (wat oorgeslaan is in rdte 4), 5 ks; herh van * tot einde, gs in beg-kb.
8ste rdte: gs tot in 3 ks-sp, 1 ks, 1 kb in dies sp, 12 ks, 1 kb in dies sp, 6 ks, *(1 kb, 12 ks, 1 kb) in vlg 3 ks-sp, 6 ks; herh van * tot einde, gs in beg-kb.
9de rdte: gs tot in 12 ks-sp, 3 ks, (7 lb, 3 ks, 8 lb) in dies sp, 6 lb in vlg 6 ks-sp, *(8 lb, 3 ks, 8 lb) in vlg 12 ks-sp, 6 lb in vlg 6 ks-sp; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks. H/af.
LEES OOK: Brei ’n blokkieskombers
10de rdte: heg aan in 5de lb, 1 ks, 1 kb in dies st en vlg 3 lb, (1 kb, 2 ks, 1 kb) in vlg 3 ks-sp, 1 kb in vlg 4 lb, slaan 5 lb oor (4 lb van 8 lb-gp en 1 lb van vlg 6 lb-gp), 1 dsl in vlg lb, 2 ks, (1 lb, 2 ks in vlg lb) 2 keer, 1 dsl in vlg lb, slaan 5 lb oor (1 lb van 6 lb-gp en vlg 4 lb van 8 lb-gp), *1 kb in vlg 4 lb, (1 kb, 2 ks, 1 kb) in vlg 3 ks-sp, 1 kb in vlg 4 lb, slaan 5 lb oor (4 lb van 8 lb-gp en 1 lb van vlg 6 lb-gp), 1 dsl in vlg lb, 2 ks, (1 lb, 2 ks in vlg lb) 2 keer , 1 dsl in vlg lb, slaan 5 lb oor (1 lb van 6 lb-gp en vlg 4 lb van 8 lb-gp); herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
11de rdte: met Baby Yellow; 2 ks, 1 hlb in vlg 4 kb, (1 hlb, 2 ks, 1 hlb) in vlg 2 ks-sp), 1 hlb in vlg 6 ste, 2 hlb in vlg 2 ks-sp, 1 hlb in vlg lb, 3 hlb in vlg 2 ks-sp, 1 hlb in vlg lb, 2 hlb in vlg 2 ks-sp, 1 hlb in vlg dsl, *1 hlb in vlg 5 kb, (1 hlb, 2 ks, 1 hlb) in vlg 2 ks-sp), 1 hlb in vlg 6 ste, 2 hlb in vlg 2 ks-sp, 1 hlb in vlg lb, 3 hlb in vlg 2 ks-sp, 1 hlb in vlg lb, 2 hlb in vlg 2 ks-sp, 1 hlb in vlg dsl; herh van * tot einde, gs bo in beg-2 ks. H/af.
12de rdte: met Peach; heg aan in hoek 2 ks-sp, 3 ks, (1 lb, 2 ks, 2 lb) in dies sp, 1 alb in elke hlb en (2 lb, 2 ks, 2 lb) in elke hoek 2 ks-sp tot einde, gs bo in beg-3 ks. H/af.
13de rdte: met Green Slate; heg aan in 2 ks-sp, 4 ks, 1 lb in dies sp, 1 lb in elke alb en lb en (1 lb, 1 ks, 1 lb) in elke 2 ks-sp tot einde, gs in 3de van beg-4 ks. H/af.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.