Hier is Marokkaanse hekelblok #6 se patroon
Kleurgebruik: Vinnis Colours Nikkim DK (50 g-bolle): Kingfisher, Peach, Baby Yellow, Green Slate, Cloud Blue, Aubergine en White
Hekelpen: 3,25 mm
Afkortings en steekverduidelikings:
beg = begin, dies = dieselfde, driesl = drieslagsteek, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal, hlb = halflangbeen, kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, rdte = rondte, sp = spasie, st = steek, tr = trossie, vdsl = vooromdubbelslagsteek, vlg = volgende.
Trossie:
- Slaan die draad oor die pen en steek dit in die volgende steek.
- Moenie die steek voltooi nie sodat daar twee lusse op die pen is.
- Hekel die volgende steek op dieselfde wyse sodat daar drie lusse op die pen is.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur al die lusse op die pen.
Vooromdubbelslagsteek:
- Slaan die draad twee keer oor die pen en steek die pen van voor na agter om die stam van die volgense steek en weer na voor uit.
- Slaan die draad oor die pen en trek ‘n lus sodat daar vier lusse op die pen is.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur twee lusse.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die volgende twee lusse.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die laaste twee lusse op die pen.
Patroon:
Met Aubergine, hekel 4 ks, gs in 1 ste ks om ring te vorm. H/af.
Rdte 1: 1 ks, 8 kb in ring, gs in 1ste kb. H/af.
Rdte 2: met Baby Yellow; 1 ks, 2 kb in dies st, 2 kb in elke kb tot einde, gs in beg-kb = 16 kb. H/af.
Rdte 3: met Kingfisher; 1 ks, 1 kb in dies st, 2 kb in vlg kb, *1 kb in vlg kb, 2 kb in vlg kb; herh van * tot einde, gs in beg-kb = 24 kb. H/af.
Rdte 4: met Baby Yellow; 3 ks, 1 lb in dies st, 1 ks, slaan 1 kb oor, *2 lb-tr in vlg kb, 1 ks, slaan 1 kb oor; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks. H/af.
Rdte 5: met Peach; heg aan in 1 ks-sp met 1 ks, 1 kb in dies sp, 3 ks, 1 kb in vlg 1 ks-sp, 3 ks, 3 lb-tr in vlg 1 ks-sp, 3 ks, *1 kb in vlg 1 ks-sp, 3 ks, 1 kb in vlg 1 ks-sp, 3 ks, 3 lb-tr in vlg 1 ks-sp, 3 ks; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
Rdte 6: met Kingfisher; 1 ks, 1 kb in dies st, 3 ks, 1 kb in vlg kb, 3 kb in vlg 3 ks-sp, 3 ks, 3 kb in vlg 3 ks-sp, *1 kb in vlg kb, 3 ks, 1 kb in vlg kb, 3 kb in vlg 3 ks-sp, 3 ks, 3 kb in vlg 3 ks-sp; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
Rdte 7: met Baby Yellow; heg aan in 3 ks-sp bokant tr van rdte 5, 1 ks, 3 kb in dies sp, 3 ks, 8 lb in vlg 3 ks-sp, 3 ks, *3 kb in vlg 3 ks-sp, 3 ks, 8 lb in vlg 3 ks-sp, 3 ks; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
Rdte 8: met White; 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg 2 kb, 3 ks, 4 lb in 3 ks-sp van rdte 5 (voorkant van 8 lb), 3 ks, *1 kb in vlg 3 kb, 3 ks, 4 lb in 3 ks-sp van rdte 5, 3 ks; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
Rdte 9: met Kingfisher; 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg 2 kb, 4 kb in 3 ks-sp, slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg 6 lb van rdte 7 (in Baby Yellow) , 4 kb in vlg 3 ks-sp (in White), *1 kb in vlg 3 kb, 4 kb in 3 ks-sp, slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg 6 lb van rdte 7, 4 kb in vlg 3 ks-sp; herh van * tot einde, gs in beg-kb.
Rdte 10: met Green Slate; 3 ks, 1 lb in vlg 2 kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 kb in vlg 10 kb, 1 hlb in vlg 2 kb, *1 lb in vlg 3 kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 kb in vlg 10 kb, 1 hlb in vlg 2 kb; herh van * tot einde, gs in bo in beg-3 ks = 68 ste. H/af.
Rdte 11: met Baby Yellow; 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg 9 kb, 1 vdsl tes oor 2 3 ks-sp aan weerskante van 4 lb-gp van rdte 8, slaan die kb agter die vdsl sopas gemaak oor, *1 kb in vlg 16 kb, 1 vdsl tes oor 2 3 ks-sp aan weerskante van 4 lb-gp van rdte 8, slaan die kb agter die vdsl sopas gemaak oor; herh van * tot einde, eindig met 1 kb in laaste 6 kb, gs in beg-kb. H/af.
Rdte 12: met Cloud Blue; heg aan in 2de kb na 2 vdsl tes, 3 ks, 1 lb in vlg 2 kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 kb in vlg 4 kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 lb in vlg 3 kb, 4 ks, slaan (1 kb,1 vdsl, 1 kb) oor, *1 lb in vlg 3 kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 kb in vlg 4 kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 lb in vlg 3 kb, 4 ks, slaan (1 kb, 1 vdsl, 1 kb) oor; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks.
Rdte 13: 2 ks, 1 hlb in vlg 2 lb, 1 kb in vlg 4 ste, 2 kb in vlg st, 1 kb in vlg 3 ste, 1 hlb in vlg 3 lb, (5 lb, 1 ks, 5 lb) in 4 ks-sp, * 1 hlb in vlg 3 lb, 1 kb in vlg 4 ste, 2 kb in vlg st, 1 kb in vlg 3 ste, 1 hlb in vlg 3 lb, (5 lb, 1 ks, 5 lb) in 4 ks-sp; herh van * tot einde, gs bo in beg-2 ks. = 25 ste oor elke sy.
Rdte 14: 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg 3 ste, 2 kb in vlg st, 1 kb in vlg 4 ste, 2 kb in vlg st, 1 kb in vlg 10 ste, (1 kb, 1 ks, 1 kb) in 1 ks-sp, *1 kb in vlg 9 ste, 2 kb in vlg st, 1 kb in vlg 4 ste, 2 kb in vlg st, 1 kb in vlg 10 ste, (1 kb, 1 ks, 1 kb) in 1 ks-sp; herh van * tot einde, eindig met 1 kb in vlg 5 lb, gs in beg-kb.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.