Hier is Marokkaanse hekelblok #4 se patroon
Kleurgebruik: Vinnis Colours Nikkim DK (50-g-bolle): Kingfisher, Cloud Blue, Green Slate, Aubergine, Peach en White
Hekelpen: 3,25 mm
Afkortings en steekverduidelikings:
beg = begin, dies = dieselfde, driesl = drieslagsteek, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal, hlb = halflangbeen, kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, rdte = rondte, sp = spasie, st = steek, tes = tesame, tr = trossie, vlg = volgende.
Springmieliesteek:
- Hekel die aantal langbene in dieselfde steek.
- Verwyder die pen uit die lus waaraan jy hekel.
- Steek die pen van voor na agter onderdeur albei lusse van die eerste langbeen van die groep in. Tel die lus waaraan jy hekel op en trek dit deur die steek.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die lus om die springmielie te heg.
Drieslagsteek:
- Slaan die draad drie maal oor die pen.
- Steek die pen in die volgende steek.
- Slaan die draad oor die pen en trek die pen deur die eerste lus sodat daar vyf lusse op die pen is.
- (Slaan die draad oor die pen en trek dit deur twee lusse) 3 keer.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die laaste twee lusse op die pen.
Trossie:
- Slaan die draad oor die pen en steek dit in die volgende steek.
- Moenie die steek voltooi nie sodat daar twee lusse op die pen is.
- Hekel die volgende steek op dieselfde wyse sodat daar drie lusse op die pen is.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur al die lusse op die pen.
Patroon:
Met Aubergine, hekel 4 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 4 ks, (1 lb, 1 ks) 7 keer in ring, gs in 3de van beg-4 ks. H/af.
2de rdte: met Kingfisher; heg aan in 1 ks-sp, 1 ks, (1 kb, 1 lb, 2 ks, 1 lb, 1 kb) in elke 1 ks-sp tot einde, gs in beg-kb. H/af.
3de rdte: met Green Slate; heg aan in enige lb van rdte 1, 3 ks, 2 lb-tr in dies st, 2 ks, 1 kb in vlg 2 ks-sp van rdte 2, 2 ks, *3 lb-tr in vlg lb van rdte 1, 2 ks, 1 kb in vlg 2 ks-sp van rdte 2, 2 ks; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks. H/af.
4de rdte: met White; heg aan in 1ste 2 ks-sp net na 3 lb-tr, 1 ks, (1 kb, 1 hlb) in dies sp, (1 lb, 2 ks, 1 lb) in vlg kb, (1 hlb, 1 kb) in vlg 2 ks-sp, *(1 kb, 1 hlb) in vlg 2 ks-sp, (1 lb, 2 ks, 1 lb) in vlg kb, (1 hlb, 1 kb) in vlg 2 ks-sp; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
5de rdte: met Peach; heg aan in 2 ks-sp, 1 ks, 1 kb in dies st, 1 ks, 5 lb in sp tussen vlg 2 kb, 1 ks, *1 kb in vlg 2 ks-sp, 1 ks, 5 lb in sp tussen vlg 2 kb, 1 ks; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
6de rdte: met White; 3 ks, 4 lb-springmielie in dies st, 4 ks, slaan 2 lb oor, 1 kb in vlg lb, 4 ks, *5 lb-springmielie in vlg kb, 4 ks, slaan 2 lb oor, 1 kb in vlg lb, 4 ks; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks. H/af.
7de rdte: met Kingfisher; 1 ks, *1 kb in springmieliest, 5 kb in vlg 4 ks-sp, 1 kb in vlg kb, 5 kb in vlg 4 ks-sp; herh van * tot einde, gs in beg-kb = 96 kb.
8ste rdte: 1 ks, (1 kb, 6 ks) in dies st, 3 driesl tes (as volg: slaan 2 kb oor, 1 ste driesl in vlg kb, slaan 2 kb oor, 2de driesl in vlg kb, slaan 2 kb oor, 3de driesl in vlg kb), 6 ks, slaan 2 kb oor, 1 kb in vlg 13 kb, *6 ks, 3 driesl tes (as volg: slaan 2 kb oor, 1 ste driesl in vlg kb, slaan 2 kb oor, 2de driesl in vlg kb, slaan 2 kb oor, 3de driesl in vlg kb), 6 ks, slaan 2 kb oor, 1 kb in vlg 13 kb; herh van * tot einde, eindig met 1 kb in vlg 12 kb, gs in beg-kb. H/af.
9de rdte: met Aubergine; 2 ks, *7 hlb in vlg 6 ks-sp, (1 hlb, 3 ks, 1 hlb) in 3 driesl tes, 7 hlb in vlg 6 ks-sp, 1 hlb in vlg 13 kb; herh van * tot einde, eindig met 1 hlb in vlg 12 kb, gs bo in beg-2 ks. H/af
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.