Hier is Marokkaanse hekelblok #3 se patroon
Kleurgebruik: Vinnis Colours Nikkim DK (50 g-bolle): Baby Yellow, Kingfisher, Cloud Blue, Green Slate, Aubergine en White
Hekelpen: 3,25 mm
Afkortings en steekverduidelikings:
beg = begin, dies = dieselfde, dsl = dubbelslagsteek, gp = groep, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal, hlb = halflangbeen, kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, ls = lus, rdte = rondte, sp = spasie, st = steek, tr = trossie, vlg = volgende.
Trossie:
- Slaan die draad oor die pen en steek dit in die volgende steek.
- Moenie die steek voltooi nie sodat daar twee lusse op die pen is.
- Hekel die volgende steek op dieselfde wyse sodat daar drie lusse op die pen is.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur al die lusse op die pen.
Dubbelslagsteek:
- Slaan die draad twee maal oor die pen.
- Steek die pen in die volgende steek.
- Slaan die draad oor die pen en trek die pen deur die eerste lus sodat daar vier lusse op die pen is.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur twee lusse.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die volgende twee lusse.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die laaste twee lusse op die pen.
Picot: 3 ks, gs in 1e ks.
Patroon:
Met Aubergine, hekel 4 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 1 ks, 8 kb in ring, gs in 1ste kb.
2de rdte: 1 ks, 2 kb in dies st en in elke st tot einde, gs in beg-kb = 16 kb. H/af.
3de rdte: met Cloud Blue; 1 ks, 1 kb in dies st, 3 ks, slaan 1 kb oor, 2 lb-tr in vlg kb, 3 ks, slaan 1 kb oor, *1 kb in vlg kb, 3 ks, slaan 1 kb oor, 2 lb-tr in vlg kb, 3 ks, slaan 1 kb oor; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
4de rdte: met Green Slate; heg aan in enige kb wat oorgeslaan is na 2 lb-tr (vou werk effens vorentoe), 3 ks, 1 lb in dies st, 1 ks, 2 lb-tr in vlg kb wat oorgeslaan is, 4 ks, *2 lb-tr in vlg kb wat oorgeslaan is, 1 ks, 2 lb-tr in vlg kb wat oorgeslaan is, 4 ks; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks. H/af.
5de rdte: met Cloud Blue; heg aan in 4 ks-sp, 1 kb, (3 ks, 2 lb-tr, 3 ks, 1 kb) 2 keer in dies sp, 2 ks, 1 kb in vlg kb van rdte 3, 2 ks, * 1 kb in vlg 4 ks-sp, (3 ks, 2 lb-tr, 3 ks, 1 kb) 2 keer in vlg 4 ks-sp, 2 ks, 1 kb in vlg kb van rdte 3, 2 ks; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
6de rdte: met White; heg aan in kb tussen 2 tr-gpe, 1 ks, 1 kb in dies st, 6 ks, 1 kb in dies st, 6 ks, gs in dies st, 7 ks (lê agter die 2 tr-gpe), * 1 kb in vlg kb tussen 2 tr-gpe, 6 ks, 1 kb in dies st, 6 ks, gs in dies st, 7 ks (lê agter die 2 tr-gpe); herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
7de rdte: met Green Slate; heg aan in middel van 2 trossies van rdte 5 met 6 ks, 1 kb in vlg tr, 8 ks, 1 kb in vlg tr, 3 ks, *1 lb in middel van 2 tr, 3 ks, 1 kb in vlg tr, 8 ks, 1 kb in vlg tr, 3 ks; herh van * tot einde, gs in 3de van beg-6 ks.
8ste rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 3 kb in vlg 3 ks-sp, 1 kb in vlg kb, 8 kb in vlg 8 ks-sp, 1 kb in vlg kb, 3 kb in vlg 3 ks-sp, *1 kb in vlg lb, 3 kb in vlg 3 ks-sp, 1 kb in vlg kb, 8 kb in vlg 8 ks-sp, 1 kb in vlg kb, 3 kb in vlg 3 ks-sp; herh van * tot einde, gs in beg-kb = 68 kb. H/af.
9de rdte: met Kingfisher; 3 ks, 1 lb in vlg kb, 1 hlb in vlg kb, 1 kb in vlg 2 kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 lb in vlg kb, 1 dsl in vlg kb, picot, 1 dsl in vlg kb, 1 lb in vlg kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 kb in vlg 2 kb, 1 hlb in vlg kb, 1 lb in vlg kb, *1 lb in vlg 2 kb, 1 hlb in vlg kb, 1 kb in vlg 2 kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 lb in vlg kb, 1 dsl in vlg kb, picot, 1 dsl in vlg kb, 1 lb in vlg kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 kb in vlg 2 kb, 1 hlb in vlg kb, 1 lb in vlg kb; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks. H/af.
10de rdte: met White; heg aan in picot met 1 ks, *(1 kb, 3 ks, 1 kb) in picot, 2 ks, 1 kb in vlg lb, 3 ks, 1 kb in vlg 2 kb, 3 ks, slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg lb, 3 ks, 1 kb in vlg lb, 3 ks, 1 kb in vlg 2 kb, 3 ks, 1 kb in vlg lb, 2 ks; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
11de rdte: met Baby Yellow; heg aan in hoek-3 ks, *(1 kb, 3 ks, 1 kb) in 3 ks-sp, 2 ks, slaan 1 kb oor, 1 kb in vlg kb, 3 ks, 1 lb in vlg 2 kb, 3 ks, slaan vlg 3 ks-sp oor, 1 kb in vlg 3 ks-sp, 3 ks, 1 lb in vlg 2 kb, 3 ks, 1 kb in vlg kb, 2 ks; herh van * tot einde, gs in beg-kb.
12de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, (1 kb, 3 ks, 1 kb) in 3 ks-sp, 1 kb in vlg kb, 2 kb in vlg 2 ks-sp, 1 kb in die vlg kb, 3 kb in vlg 3 ks-sp, 1 kb in vlg 2 lb, 3 kb in vlg 3 ks-sp, 1 kb in vlg 3 ks-sp, 3 kb in vlg 3 ks-sp, 1 kb in vlg 2 lb, 3 kb in vlg 3 ks-sp, 1 kb in vlg kb, 2 kb in vlg 2 ks-sp, *1 kb in vlg kb, (1 kb, 3 ks, 1 kb) in vlg 3 ks-sp, 1 kb in vlg kb, 2 kb in vlg 2 ks-sp, 1 kb in die vlg kb, 3 kb in vlg 3 ks-sp, 1 kb in vlg 2 lb, 3 kb in vlg 3 ks-sp, 1 kb in vlg 3 ks-sp, 3 kb in vlg 3 ks-sp, 1 kb in vlg 2 lb, 3 kb in vlg 3 ks-sp, 1 kb in vlg kb, 2 kb in vlg 2 ks-sp; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
13de rdte: met Green Slate; 3 ks, 1 lb in elke kb met (1 lb, 3 ks, 1 lb) in elke hoek- 3 ks-st tot einde, gs bo in beg-3 ks. H/af.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.