Hekel saam met Vrouekeur en Elle Yarns oulike hekelblokkies. Hier is hekelblokkie 2 se patroon
Click here for the English pattern
Klik hier vir hekelblokkie 1 se patroon
Belangrik
- Tensy aanbevole breidraad gebruik word, kan SAPROTEX nie
- verantwoordelikheid vir die eindproduk aanvaar nie.
- Weens beperkings in die drukproses word die kleurreproduksie so na aan die breidraad as moontlik weergegee.
- Die aanwysings is slegs vir een grootte.
Wat het jy nodig?
- ELLE FAMILY KNIT VINTAGE DK (100 g) Kleur van jou keuse
- Ons het 26 g Hyacinth 232 gebruik
- 4 mm-hekelnaald
Mate
± 27 cm x 27 cm
Spanning
Dis nie noodsaaklik nie, solank al die vierkante met dieselfde spanning gebrei word, behoort almal min of meer dieselfde grootte te wees.
Afkortings
beg – begin
don – draad om naald
gs – glipsteek
herh – herhaal
hlb – halwe langbeen
ks – kettingsteek
ks-sp – kettingsteekspasie
lb – langbeen
rdte – rondte
st(e) – steek (steke)
tes – tesame
Spesiale steek
Hlb(lb)-picot – werk in hlb(lb) soos aangedui, 3 ks, steek naald deur voorste lus en linkerkantste vertikale balkie van basissteek, don, en trek deur al die lusse op die naald.
Aanwysings
Met 4 mm-hekelnaald met ‘n verstelbare ring (magic ring).
1ste rdte: 1 ks (nie ‘n st), 6 kb in ring, gs in eerste kb.
2de rdte: 3 ks (= 1 lb) 1 lb in dies plek as gs, 2 lb in elke kb rondom, gs in 3de ks aan beg = 12 lb.
3de rdte: 3 ks (= 1 lb), 1 lb-picot in dies plek as gs, (1 lb, 1 lb- picot) in elke lb rondom, moenie met gs eindig nie = 24 lb.
4de rdte: 2 kb bo in 3 ks, (1 ks agter picot, 2 kb in vlg lb) rondom, eindig met 1 ks agter laaste picot, gs in eerste kb.
5de rdte: 4 ks (= 1 lb en 1 ks), 1 lb in vlg kb, (1 ks, 1 lb in vlg kb) rondom eindig met 1 ks, gs in 3de ks aan beg. = 24lb en 24 ks-sp.
6de rdte: 1 kb in eerste 1 ks-sp, (3 ks, 1 kb in vlg 1ks-sp) rondom, eindig met 3 ks, gs in eerste kb.
7de rdte: gs in eerste ks, 1 kb in dies ks-sp, *5 ks, slaan vlg 3 ks-sp oor, 1 kb in vlg 3ks-sp, herh van * rondom, eindig met gs in eerste kb.
8ste rdte: gs in 5ks-sp, 3 ks (= 1 lb), (2 lb, 3 ks, 3 lb) in dies ks-sp, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in elke 5ks-sp rondom, gs in 3de ks aan beg.
9de rdte: gs in vlg 2 lb en 3ks-sp, 3 ks, *(3 lb, 2 ks, 3 lb) in dies ks-sp**, lb2tes deur eerste been in dies 3ks-sp en tweede been in vlg 3ks-sp te werk, herh van * rondom, eindig by **, werk 1 lb in dies 3ks-sp, laat 2 lusse op naald, steek naald aan bokant van 3 ks in, don en trek deur alle lusse op naald.
10de rdte: *1 kb in elk van vlg 3 lb, 2 kb in 2ks-sp, 2 ks, 1 lb in sp oor vlg lb-tes, 2ks, [(lb2tes, 1 ks) 3 keer, lb2tes] in vlg 2ks-sp, 2 ks, 1 lb in sp oor vlg lb-tes, 2 ks, 2 kb in vlg 2ks-sp, 1 kb in elk van vlg 3 lb, 1kb in sp oor lb-tes, herh van * rondom.
11de rdte: 1 kb in elk van vlg 5 kb, *1 ks, lb2tes in 2ks-sp, 1 ks, lb2tes in vlg 2ks-sp, 1 ks, lb2tes in sp tussen vlg lb-tes, 1ks, (lb2tes, 3 ks, lb2tes) in sp tussen vlg lb-tes, 1 ks, lb2tes in sp vlg tussen lb-tes, 1 ks, lb2tes in 2ks-sp, 1 ks, lb2tes in vlg 2ks-sp, 1 ks**, 1kb in elk van vlg 11 kb, herh van * rondom, eindig met **, 1 kb in elk van vlg 6 kb, gs in eerste kb.
12de rdte: 3 ks (= 1 lb), 1 lb in elk van vlg 4 kb, *(1 lb in 1ks-sp, 1 lb in lb-tes) 3 keer, 9 lb in hoek-3ks-sp, slaan vlg lb-tes en 1ks-sp oor, (1 lb in vlg lb-tes, 1 lb in 1ks-sp) 3 keer**, 1 lb in elk van vlg 11 kb, herh van * rondom, eindig by **, 1 lb in elk van vlg 6 kb, gs in 3de ks aan beg.
13de rdte: 2 ks (= 1 hlb), 1 hlb in vlg lb, (1 hlb-picot in vlg lb, 1 hlb in elk van vlg 2 lb) 4 keer, *1 hlb-picot in vlg lb, 3 hlb in vlg lb**, (1 hlb-picot in vlg lb, 1 hlb in elk van vlg 2 lb) 10 keer, herh van * rondom, eindig by **, (1 hlb-picot in vlg lb, 1 hlb in elk van vlg 2 lb) 5 keer, 1 hlb-picot in laaste lb, gs in 2de ks aan beg.
14de rdte: 2 ks (= 1 hlb), 1 hlb in elk van vlg 15ste (daar behoort 3 hlb tussen elke picot wees), *3 hlb in vlg st, 1 hlb in elk van vlg 33 ste, herh van * rondom, eindig met 1 hlb in elk van vlg 17 ste, gs in 2de ks aan be. = 35hlb aan elke kant tussen hoekste.
Om te voltooi
- Heg af en ryg drade weg.
- Blok vierkant tot grootte soos aangedui, bedek met klam lap en laat om droog te word.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.