Hier is Marokkaanse hekelblok #7 se patroon
Klik hier vir die Engelse patroon
Kleurgebruik: Vinnis Colours Nikkim DK (50 g-bolle): Kingfisher, Baby Yellow, Navy en White
Hekelpen: 3,25 mm
Afkortings en steekverduidelikings:
beg = begin, dies = dieselfde, driesl = drieslagsteek, gp = groep, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal, hlb = halflangbeen, kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, rdte = rondte, sp = spasie, st = steek, tr = trossie, vdsl = vooromdubbelslagsteek, vlg = volgende.
Picot: 3 ks, gs in 1ste ks.
Trossie:
- Slaan die draad oor die pen en steek dit in die volgende steek.
- Moenie die steek voltooi nie sodat daar twee lusse op die pen is.
- Hekel die volgende steek op dieselfde wyse sodat daar drie lusse op die pen is.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur al die lusse op die pen.
Dubbelslagsteek:
- Slaan die draad twee maal oor die pen.
- Steek die pen in die volgende steek.
- Slaan die draad oor die pen en trek die pen deur die eerste lus sodat daar vier lusse op die pen is.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur twee lusse.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die volgende twee lusse.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die laaste twee lusse op die pen.
Patroon:
Met Yellow, hekel 4 ks, gs in 1 ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 1 ks, 8 kb in ring, gs in 1ste kb.
2de rdte: 1 ks, 2 kb in elke kb tot einde, gs in beg-kb = 16 kb. H/af.
3de rdte: met Kingfisher; 1 ks, 1 kb in dies st, 4 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg 3 kb, *(1 kb, 4 ks, 1 kb) in vlg kb, 1 kb in vlg 3 kb; herh van * tot einde, gs in beg-kb.
4de rdte: gs tot in 4 ks-sp, 3 ks, (2 lb, picot, 3 lb) in dies sp, slaan 2 kb oor, 1 kb in vlg kb, *(3 lb, picot, 3 lb) in vlg 4 ks-sp, slaan 1 kb oor, 1 kb in vlg kb; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks. H/af.
5de rdte: met White; heg aan in picot, 1 ks, 1 kb in dies st, 2 ks, [(1 dsl, 1 ks) 4 keer, 1 dsl] in vlg kb, 2 ks, *1 kb in vlg picot, 2 ks, [(1 dsl, 1 ks) 4 keer, 1 dsl] in vlg kb, 2 ks; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
6de rdte: met Kingfisher; 3 ks, 2 lb in vlg 2 ks-sp, (1 lb in vlg dsl, 1 lb in vlg 1 ks-sp) 4 keer, 1 lb in vlg dsl, 2 lb in vlg 2 ks-sp, *1 lb in vlg kb, 2 lb in vlg 2 ks-sp, (1 lb in vlg dsl, 1 lb in vlg 1 ks-sp) 4 keer, 1 lb in vlg dsl, 2 lb in vlg 2 ks-sp; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks. H/af.
7de rdte: met White; 3 ks, 1 lb in dies st, 2 ks, slaan 1 lb oor, *2 lb-tr in vlg lb, 2 ks, slaan 1 lb oor; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks. H/af.
8ste rdte: met Navy; heg aan in 3de 2 ks-sp, 1 ks, *(2 kb in 2 ks-sp, 2 ks) 3 keer, 2 lb in vlg 2 ks-sp, 2 ks, (2 dsl in vlg 2 ks-sp, 2 ks) 2 keer, 2 lb in vlg 2 ks-sp, 2 ks; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
9de rdte: met Kingfisher; 3 ks, 1 lb in elke st en 2 lb in elke 2 ks-sp tot einde met (1 lb, 3 ks, 2 lb) in elke 2 ks-sp tussen 2 dsl-gpe (van hoeke), gs bo in beg-3 ks. H/af.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.