Hekel maklike spirale aanmekaar vir hierdie kleurryke sjaal
Deur: Karen Adendorff
Moeilikheidsgraad *
Benodigdhede
- Vinni’s (50 g-balle): 3 balle Stone, 1 bal elk Blue Red, Aubergine, Violet, Grey, Kingfisher en Green Slate
- 3.5 mm-hekelpen
- merkers
- 2 houtjasknope
- naald vir vaswerk
Grootte
83 cm wyd en 82 cm lank
LEES OOK: Brei die maklikste poncho
Afkortings
beg – begin
dies – dieselfde
dr – draai
gp – groep
gs – glipsteek
h/af – heg af
herh – herhaal
hlb – halflangbeen
kb – kortbeen
ks – kettingsteek
lb – langbeen
ls – lus
rdte – rondte
sp – spasie
st(e) – steek(e)
vlg – volgende
Aanwysings
Spiraalseshoeke (hekel 24)
Belangrik: Voltooi slegs eerste seshoek tot by 8ste rondte en daaropvolgende seshoeke tot by 7de rondte. Die seshoeke word in die 8ste rondte aanmekaar gehekel.
Met kleur 1: Begin met 2 ks.
1ste rdte: 2 kb, 2 hlb en 8 lb in 2de ks vanaf pen = 12 ste.
2de rdte: 2 lb in 1ste st (plaas merker in 1ste lb), 2 lbin elke st tot einde = 24 ste. H/af. Verwyder merker.
3de rdte: met kleur 2: *2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg lb, herh van * tot einde = 36 ste. H/af.
4de rdte: met kleur 3: *2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg 2 lb, herh van * tot einde = 48 ste. H/af.
5de rdte: met kleur 4: *2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg 3 lb, herh van * tot voor laaste 4 ste, 1 lb in vlg lb, 1 hlb in dies lb, 1 hlb in vlg lb, 1 kb in vlg 2 lb = 60 ste. H/af.
Werk al die los drade weg.
6de rdte: met Stone: begin in die middel van die spiraal en hekel oppervlak-kettingsteke* in die bokante van die langbene tot by die eindpunt van die spiraal. Moet nie afheg nie, maar hekel dadelik 3 ks (= 1ste lb).
LEES OOK: Hekel ’n sigeunertop
*Oppervlak-kettingsteke: Trek ‘n lus in die middel van die spiraal op, steek die pen in die volgende spasie gevorm deur die bokant van die langbeen en trek ‘n lus deur die lus op die pen. Gaan so voort tot eindpunt van spiraal.
7de rdte:1 lb in vlg 9 lb, 4 ks, *1 lb in vlg 10 lb, 4 ks, herh van * tot einde, gs in bokant van 3 ks.
8ste rdte (vir 1ste seshoek): 1 ks, 1 kb in vlg 9 lb, (1 kb, 1 3 ks-picot, 1 kb) in 4 ks-sp, *1 kb in vlg 10 lb, (1 kb, 1 3 ks-picot, 1 kb) in 4 ks-sp, herh van * tot einde, gs in beg-ks. H/af.
8ste rdte (vir ander 23 seshoeke):1 ks, 1 kb in vlg 9 lb, (1 kb, 2 ks, steek pen in die seshoek langsaan, 1 ks, gs in dies st, 1 kb) in 4 ks-sp, *1 kb in vlg 10 lb, (1 kb, 2 ks, steek pen in seshoek langsaan, 1 ks, gs in dies st, 1 kb) in 4 ks-sp, herh van * tot waar seshoeke aanmekaar geheg moet word andersins voltooi die rdte soos rdte 8 vir 1ste seshoek, gs in beg-ks. H/af. Heg seshoeke volgens diagram aanmekaar.
Randjie
Met Stone en 3.5 mm-pen, heg in die 1ste kb van die (1 kb, picot, 1 kb)-gp op plek soos aangedui deur diagram.
1ste rdte: 1 kb, *6 ks, slaan 4 kb oor, 1 kb in vlg kb, 6 ks, 1 kb in 1ste kb van die (1 kb, picot, 1 kb)-gp, 4 ks, 1 kb in 2de kb van die vlg (1 kb, picot, 1 kb)-gp, herh van * reg rondom sjaal tot einde, gs in beg-kb.
2de rdte: werk gs tot in middel van 6 ks, 1 kb, *6 ks, 1 kb in vlg 6 ks-ls, 4 ks, 8 lb in 4 ks-ls, 4 ks, 1 kb in 6 ks-ls, herh * tot einde, gs in beg-kb, dr.
3de rdte (knooplusse): 3 kb in 4 ks-ls, 1 kb in vlg 2 lb, 8 ks, slaan 4 lb oor, 1 kb in vlg 2 lb, 4 ks, 1 kb in vlg kb, 4 ks, 1 kb in vlg kb, 4 ks, 1 kb in vlg 2 lb, 8 ks, 1 kb in vlg 2 lb. H/af.
Afwerking
Werk al die rafels weg. Werk twee knope in posisie soos aangedui op diagram.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.