Karen Adendorff
Benodigdhede
Chunky (150 g):
3 bolle donkerblou
1 bal elk pienk, lemmetjie, geel, ligblou
en oranje
7 mm-hekelpen
Stewige katoenmateriaal
Stopsel
Algemene naaldwerkbenodigdhede
Grootte
84 cm in deursnee
Afkortings
beg – begin
gs – glipsteek
h/af – heg af
her – herhaal
hlb – halflangbeen
kb – kortbeen
ks – kettingsteek
lb – langbeen
sp – spasie
tr – trossie
vlg – volgende
Aanwysings
Boonste kleursirkel
Met geel en 7 mm-pen, hekel 8 ks, gs in 1e ks om ring te vorm.
Rdte 1: 2 ks, 16 hlb in ring, gs in 1e hlb.
Rdte 2: met groen 2 ks, 2 hlb in elke hlb, gs = 32 hlb.
Rdte 3: met ligblou 2 ks, 1 hlb in elke hlb, gs = 32 hlb.
Rdte 4: met oranje 2 ks, *1 hlb, 2 hlb in vlg hlb*, her van * tot * tot einde, gs = 48 hlb.
Rdte 5: met geel 2 ks, 1 hlb in elke hlb, gs = 48 hlb.
Rdte 6: met groen 2 ks, *1 hlb (2 keer), 2 hlb in vlg hlb*, her van * tot * tot einde, gs = 64 hlb.
Rdte 7: met ligblou 2 ks, 1 hlb in elke hlb, gs = 64 hlb.
Rdte 8: met oranje 2 ks, *1 hlb (3 keer), 2 hlb in vlg hlb*, her van * tot * tot einde, gs = 80 hlb.
Rdte 9: met geel 2 ks, 1 hlb in elke hlb, gs = 80 hlb.
Rdte 10: met groen 2 ks, *1 hlb (4 keer), 2 hlb in vlg hlb*, her van * tot * tot einde, gs = 96 hlb.
Rdte 11: met ligblou 2 ks, 1 hlb in elke hlb, gs = 96 hlb.
Rdte 12: met oranje 2 ks, *1 hlb (5 keer), 2 hlb in vlg hlb*, her van * tot * tot einde, gs = 112 hlb.
Rdte 13: met geel 2 ks, 1 hlb in elke hlb, gs = 112 hlb.
Rdte 14: met groen 2 ks, *1 hlb (6 keer), 2 hlb in vlg hlb*, her van * tot * tot einde, gs = 128 hlb.
Rdte 15: met ligblou 2 ks, 1 hlb in elke hlb, gs = 128 hlb.
Rdte 16: met oranje 2 ks, *1 hlb (7 keer), 2 hlb in vlg hlb*, her van * tot * tot einde, gs = 144 hlb.
Rdte 17: met geel 2 ks, 1 hlb in elke hlb, gs = 144 hlb.
Rdte 18: met groen 2 ks, *1 hlb (8 keer), 2 hlb in vlg hlb*, her van * tot * tot einde, gs = 160 hlb.
Rdte 19: met ligblou 2 ks, 1 hlb in elke hlb, gs = 160 hlb.
Rdte 20: met oranje 2 ks, *1 hlb (9 keer), 2 hlb in vlg hlb*, her van * tot * tot einde, gs = 176 hlb.
Rdte 21: met geel 2 ks, 1 hlb in elke hlb, gs = 176 hlb.
Rdte 22: met groen 2 ks, 1 hlb in elke hlb, gs = 176 hlb, h/af.
Onderste blou sirkel
Met donkerblou en 7 mm-pen, hekel al die rondtes soos boonste sirkel.
Blommotief
Met groen en 7 mm-pen, hekel 6 ks, gs in 1e ks om ring te vorm.
Rdte 1: 3 ks, 1 lb in ring, *3 ks, 2 lb-tr in ring*, her van * tot * tot einde, 3 ks, gs bo in 3 ks.
Rdte 2: met ligblou, 1 kb in gs, *3 ks, 3 lb in 3 ks-sp, 3 ks, kb in tr*, her van * tot * tot einde, eindig met gs in 1e kb.
Rdte 3: met oranje, gs in vlg sp, 5 ks, *(2 lb-tr, 2 ks, 2 lb-tr) in middelste lb, 2 ks, 1 lb in vlg sp, 1 lb in vlg sp, 2 ks*, her van * tot * tot einde, eindig met (2 lb-tr, 2 ks, 2 lb-tr) in middelste lb, 2 ks, 1 lb in vlg sp, gs in 3e van 5 ks.
Rdte 4: met pienk, 1 kb in gs, *3 ks, 1 kb in vlg tr, 3 ks, 1 kb in vlg tr, 3 ks, 1 kb tussen vlg 2 lb*, her van * tot * tot einde, eindig met gs in 1e kb. H/af.
Afwerking
Werk die los drade van die sirkels en blommotief weg en werk die blom in die middel van die boonste kleursirkel vas. Werk agtersteke met pienk en ’n wolnaald tussen die geel en groen rondtes. Maak die binnekussing van die vloerkussing met die katoenmateriaal en stopsel. Plaas die onderste sirkel onder die binnekussing met regte kant na buite en die kleursirkel bo-op die binnekussing met regte kant na buite. Met pienk en 7 mm-pen, hekel die boonste en onderste sirkel met kb aan mekaar vas. Hekel die lussies as volg: *15 ks, gs in 3e ks vanaf pen, 12 ks, slaan 5 ks oor, kb*, her van * tot * tot einde, h/af. Werk los drade weg.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.