Die poncho bestaan net uit vier blokke wat aanmekaargehekel word en met dik wol is dit een-twee-drie klaar
Deur: KAREN ADENDORFF
Click here for the English pattern
Benodigdhede
- NAKO Spaghetti (100 g-balle): 2 balle elk room, ligblou, liggrys, donkergrys, donkerblou en bruin 9 mm-hekelpen
- Naald met groot oog
Mate
Pas medium tot groot
LEES OOK: Brei ‘n anderste poncho
Afkortings en steekverduidelikings
beg = begin, dies = dieselfde, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal, kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, rdte = rondte, sdop = slaan draad oor pen, sp = spasie, st = steek, tr = trossie, vlg = volgende
Trossie: Hekel die aantal lb slegs halfpad, sdop en trek die draad laastens deur al die steke op die pen
Aanwysings
Blok (heke l 4)
Met room, hekel 5 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 1 lb in dies ring, (3 ks, 2 lbtr) 5 keer, 3 ks, gs bo in 3 ks. H/af.
2de rdte: met liggrys heg in 3 ks-sp, (3 ks, 1 lb, 3 ks, 2 lb-tr) in dies sp, [2 ks, (2 lb-tr, 3 ks, 2 lb-tr) in vlg 3 ks-sp] 5 keer, 2 ks, gs bo in beg-3 ks. H/af.
3de rdte: met bruin heg in 3 ks-sp, (3 ks, 1 lb, 3 ks, 2 lb-tr) in dies sp, [2 ks, 1 kb in 2 ks-sp, 2 ks, (2 lb-tr, 3 ks, 2 lb-tr) in vlg 3 kssp] 5 keer, 2 ks, 1 kb in 2 ks-sp, 2 ks, gs bo in beg-3 ks. H/af.
4de rdte: met ligblou heg in 3 ks-sp, 1 kb in dies sp, [1 ks, (1 lb, 1 ks) 6 keer in vlg 1 kb, 1 kb in vlg 3 ks-sp] 6 keer, gs in 1ste ks. H/af.
5de rdte: met donkergrys heg in 1ste ks-sp tussen 2 lb, 1 kb in dies sp, (1 ks, 1 kb in vlg 1 ks-sp) 4 keer, 4 ks, *(1 kb in vlg 1 ks-sp tussen 2 lb, 1 ks) 4 keer, 1 kb in vlg 1 ks-sp, 4 ks, herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
6de rdte: met donkerblou heg in 4 ks-sp, 3 ks, 5 lb in dies sp, 3 ks, slaan 2 kb oor, 1 kb in vlg kb, 3 ks, *6 lb in vlg 4 ks-sp, 3 ks, slaan 2 kb oor, 1 kb in vlg kb, 3 ks, herh van * tot einde, gs bo in 3 ks. H/af.
7de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg 5 lb, 2 kb in 3 ks-sp, 2 kb in vlg kb, 2 kb in vlg 3 ks-sp, *1 kb in vlg 6 lb, 2 kb in
vlg 3 kssp, 2 kb in vlg kb, 2 kb in vlg 3 ks-sp, herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
8ste rdte: met liggrys: 3 ks, 1 lb in vlg 5 kb, [(2 lb, 2 ks, 2 lb) in vlg kb, 1 lb in vlg 17 kb] 3 keer, (2 lb, 2 ks, 2 lb) in vlg kb, 1 lb in vlg 11 kb, gs bo in 3 ks. H/af.
9de rdte: met donkergrys: heg in vlg lb, 4 ks, slaan 1 lb oor, (1 lb in vlg lb, 1 ks, slaan 1 lb oor) 2 keer, 1 lb in vlg lb, [(2 lb, 2 ks, 2 lb) in vlg 2 ks-sp, 1 lb in vlg lb, 1 ks, slaan 1 lb oor, (1 lb in vlg lb, 1 ks, slaan 1 lb oor) 9 keer, 1 lb in vlg lb] 3 keer, (2 lb, 2 ks, 2 lb) in vlg 2 ks-sp, 1 lb in vlg lb, 1 ks, slaan 1 lb oor, (1 lb in vlg lb, 1 ks, slaan 1 lb oor) 6 keer, gs in 3de van 4 ks. H/af.
10de rdte: met ligblou heg in vlg 1 ks-sp met 1 ks, 1 kb in dies st, 1 ks, (1 kb in vlg sp, 1 ks) 2 keer, slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg lb, slaan 1 lb oor, 1 ks, [(2 kb, 2 ks, 2 kb) in vlg 2 ks-sp, 1 ks, slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg lb, 1 ks, slaan 1 lb oor, (1 kb in vlg sp, 1 ks) 10 keer, slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg lb, 1 ks, slaan 1 lb oor] 3 keer, (2 kb, 2 ks, 2 kb) in vlg 2 ks-sp), 1 ks, slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg lb, 1 ks, slaan 1 lb oor, (1 kb in vlg ks-sp, 1 ks) 7 keer, gs in beg-kb. H/af.
11de rdte: met bruin heg in vlg 1 ks-sp, 3 ks, 1 lb in dies sp, 2 lb in elke 1 ks-sp en (2 lb, 2 ks, 2 lb) in elke 2 ks-hoeksps reg rondom, gs bo in 3 ks. H/af.
12de rdte: met room: 3 ks, 1 lb in elke st en (2 lb, 2 ks, 2 lb) in elke 2 ks-hoeksp reg rondom, gs bo in 3 ks. H/af.
LEES OOK: Hekel dié baie gewilde chevron-kombers
Afwerking
Werk al die los drade weg. Met ligblou, hekel die pante volgens die diagram met kortbene aan mekaar en werk die los punte weg. Hekel rand om nek as volg:
1ste rdte: met liggrys, heg in middel voor tussen 2 blou nate, 1 ks, 1 kb in dies sp, 2 kb in 2 ks-sp, 1 kb in elke st tot by 2 ks-sp, weer 2 kb in 2 ks-sp, 2 kb middel agter in sp tussen 2 blou nate, 2 kb in vlg 2 ks-sp, 1 kb in elke st rondom en eindig met kb in begsp, gs in beg-kb = 80 ste. H/af.
2de rdte: met donkergrys, 1 ks, 1 kb in dies st, 1 ks, slaan 1 kb oor, *1 kb in vlg kb, 1 ks, slaan 1 kb oor, herh van * tot einde, gs in beg-kb.
3de rdte: gs tot in 1ste ks-sp, 1 ks, 1 kb in dies sp, 3 lb in vlg 1 ks-sp, *1 kb in vlg 1 kssp, 3 lb in vlg 1 ks-sp, herh van * tot einde, gs in beg-kb. Werk los drade weg. Hekel met liggrys en ks ’n toutjie die lengte wat jy verkies en ryg dit deur die openinge van rondte om nek. Knoop voor vas.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.