Daar is in die winter min dinge so lekker as om jou in ’n sagte gehekelde kombers toe te wikkel
CHRISTA SWANEPOEL
BENODIGDHEDE
E LLE CHUNKY-breidraad (Hoeveelhede sal afhang van grootte. Sien Hekelinligting)
5 mm-hekelpen
GROOTTE
Een voltooide seshoek met sy afrondingsrand is sowat 23 cm in deursnee Voltooide kombers met 49 seshoeke is ongeveer 140 cm x 180 cm
Hekelinligting
- Jy kan self besluit hoe groot jy jou deken wil maak.
- Die kombers op die foto is uit 49 seshoeke saamgestel.
- Die seshoek word met drie kleure van twee rondtes elk gehekel.
- Jy hekel vyf seshoeke met drie 50 g-balle.
- Al die seshoeke word uiteindelik met dieselfde kleur afgerond.
- Jy kan ses seshoeke met een 50 g-bal afrond.
- Jy werk deurentyd aan regterkant van werk.
- Stel jou eie kleurkombinasie saam. Kleure wat in hierdie voorbeeld gebruik is, is Family Knit Chunky (School Navy, Royal, Denim, Saxe Blue, Wintersky, Gravel, Stone, Antique), Rustica (Antique), Toledo (Ocean), afgerond met New Mosaic (Buckskin).
- Jy kan deken ook met DK-breidraad hekel – seshoeke sal dan net kleiner wees.
Afkortings
gs – glipsteek; ks – kettingsteek; lb – langbeen; sp – spasie
Hekel jou seshoek só
Met eerste kleur, maak 4 ks, gs in eerste ks om ring te vorm.
1ste rondte (RK): 5 ks (tel as lb en 2 ks), (3 lb in ring, 2 ks)5 keer, 2 lb in ring, heg met gs in 3de ks aan begin. 18 lb en 6 ks-sp.
2de rondte: (gs, 5 ks, 1 lb) in 1ste ks-sp, *lb in vlg 3 lb, (lb, 2 ks, lb) in vlg ks-sp, herh van * nog 4 keer, lb in laaste 3 lb, heg met gs in 3de ks aan begin. 30 lb en 6 ks-sp. Heg af.
3de rondte: met RKV en tweede kleur heg draad in enige ks-spasie, 5 ks, lb in dieselfde ks-spasie, *lb in elke lb tot vlg kssp, (lb, 2 ks, lb) in vlg ks-spasie, herh van * nog 4 keer, lb in elke lb tot einde van rondte, heg met gs in 3de ks aan begin. 42 lb en 6 ks-sp.
4de rondte: (gs, ks 5, lb) in 1ste ks-sp, *lb in elke lb tot vlg ks-spasie, (lb, 2 ks, lb) in vlg ks-spasie, herh van * nog 4 keer, lb in elke lb tot einde van rondte, heg met gs in 3de ks aan begin. 54 lb en 6 ks-sp. Heg af.
5de en 6de rondte: met derde kleur, herh rondtes 3 en 4. Heg af.
7de rondte: herh 4de rondte met afrondingskleur. Heg af.
Om te voltooi
Pak seshoeke uit en skuif dit rond tot jy tevrede is. Werk seshoeke in elke ry en daarna die rye aanmekaar. Werk seshoeke met verkeerde kante teen mekaar met oorhandsteke deur agterste lus van langbeen vir ’n netjiese plat naat. (Jy kan dit ook aanmekaarhekel as jy dit so verkies.) As jy nog afrondingsbreidraad oor het, kan jy rondom nog ’n ry langbene soos volg hekel: hekel een langbeen in elke langbeen en drie langbene in elke kettingsteekspasie. Waar twee seshoeke aan onderkant bymekaarkom, hou een langbeen voor die middel op, werk een langbeen in middel, slaan een langbeen oor en gaan voort met een langbeen in elke langbeen. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
SOURCES
Dylan Swart
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.