Baie lesers het vir die spesifieke komberspatroon gevra en hier is dit nou! Ons modelletjie het dit by haar ma se tannie, Gerda Honiball, gekry wat dit vir haar gehekel het toe sy gebore is.
Klik hier vir die Engelse patroon
Gebruik enige dikte breidraad. Lees net op verpakkingsmateriaal watter dikte hekelnaald jy moet gebruik. Met DK-breidraad is een herhaling sowat 8 cm.
LEES OOK: Hekel ‘n knus kombers
Afkortings
gpe – groepe
gs – glipsteek
herh – herhaal
ks – kettingsteke
ks-sp – kettingsteekspasie
lb – langbeen
vlg – volgende
LEES OOK: Brei ‘n fraai kombers
Aanwysings
Maak ʼn ry kettingsteke in veelvoud van 12 plus 9 so breed as wat jy jou kombers wil hê.
1ste ry: 2 ks, 1 lb in 3de ks van naald af en in elke ks tot einde. (Maak seker dis veelvoud van 12 plus 9 lb.)
2de ry: 2 ks (tel as lb), 2 lb in 1ste lb, *slaan 1 lb oor, 3 lb in vlg lb, slaan 1 lb oor, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg lb, slaan 1 lb oor, 3 lb in vlg lb, slaan 1 lb oor, 3 lb in vlg lb, slaan 3 lb oor, 3 lb in vlg lb, herh van * tot laaste 8 lb, slaan 1 lb oor, 3 lb in vlg lb, slaan 1 lb oor, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg lb, slaan 1 lb oor, 3 lb in vlg lb, slaan 1 lb oor, 3 lb in laaste lb.
3de ry: gs tot tussen 1ste lb-groepe, 2 ks, 2 lb in dies sp, 3 lb tussen vlg lb-gpe, *(3 lb, 3 ks, 3 lb) in 3 ks-sp, (3 lb tussen vlg lb-gpe) 2 keer, slaan 2 lb-gpe oor, (3 lb tussen vlg lb-gpe) 2 keer, herh van * en eindig met (3 lb, 3 ks, 3 lb) in 3 ks-sp, (3 lb tussen vlg lb-gpe) 2 keer.
Herh 3 de ry en wissel kleure af soos verkies tot lengte verlang.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.