Omdat jy dik naalde gebruik, kan jy in ‘n ommesientjie so ‘n knus artikel brei. Die geskakeerde breidraad sorg vir die res
Gebrei deur: Lize Maritz
Stilering: Karen Adendorff
Model: Namala Tabaro, Steele Models
Venue: The Wardrobe-gastehuis, Brooklyn, Pretoria
Benodigdhede
- 3 balle ELLE PULLSKEIN DK in Dark Sky
- 9 mm-naalde
Afkortings
r – regs
aw – aweregs
Met 9 mm-naalde stel 80 ste op.
Aanwysings
1ste ry: r.
2de ry: aw.
Hierdie 2 rye staan as ks (koussteek) bekend.
Gaan voort in ks tot werk ongeveer 170 cm lank is.
Heg af.
Om te voltooi
Werk kort kante aan mekaar met verkeerde kante teen mekaar. Dra dit dubbeld om jou nek soos ‘n sirkelserp of trek dit aan soos ‘n bolero.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …