Dis tyd om die breipenne en wol uit te haal en dié mooi blokkieskombers te brei.
Vertaal deur: Christa Swanepoel
Ekstra inligting
Die kombers bestaan uit 35 blokkies. Van blokkies 1 – 8 moet jy 4 elk brei en van blokkie 9 moet jy 3 brei.
Indien jy jou kombers presies in die kleure wil brei soos in die foto, hier is die wol kleure en hoveelhede uiteen gesit.
Onthou, 2 balle wol is genoeg vir 4 blokkies.
ELLE PURE GOLD DK (100 g)
[Blok 1-8: Brei 4 blokkies van elk]
Blokkie 1: Mist 203 (2 balle)
Blokkie 2: Mist 203 (2 balle)
Blokkie 3: Moon Stone 042 (2 balle)
Blokkie 4: Silver 056 (2 balle)
Blokkie 5: Hazelnut 198 (2 balle)
Blokkie 6: Parakeet 076 (2 balle)
Blokkie 7: Vanilla 105 (2 balle)
Blokkie 8: 1 x Vanilla 105, 1 x Moonstone 042, Hazelnut 198, Silver 056 (4 balle altesaam)
[Blok 9: Brei 3 blokkies]
Blokkie 9: Parakeet 076 (2 balle)
Totale balle wol:
Mist 203: 4 balle
Moon stone 042: 3 balle
Silver 056: 3 balle
Hazelnut 198: 3 balle
Parakeet 076: 4 balle
Vanilla 105: 3 balle
DWS jy moet 20 balle wol in total hê
—————————————————————————
Jy het ‘n basiese kennis van brei nodig om die kombers te voltooi. As dit vir jou makliker is om in Engels te brei, besoek Elle se webwerf of klik hier om ‘n PDF-van die Engelse patroon af te laai
BLOKKIE # 8
BELANGRIKE INLIGTING:
Tensy jy die genoemde wol gebruik, kan SAPROTEX nie vir die voltooide projek verantwoordelik gehou word nie.
Die drukproses beïnvloed die kleurweergawe, maar die kleur van die wol word so ná as moontlik aan die oorspronklike gehou.
Die aanwysings is vir net een grootte.
BENODIGDHEDE
ELLE PURE GOLD DK (100 g)
1 bal elk in 4 kleure van jou keuse. Ons het Vanilla 105 A, Moon Stone 042 B, Hazelnut 198 C en Silver 056 D gebruik
Een paar 4 mm-breinaalde
AFMETINGS
± 25 cm x 25 cm per blokkie
SPANNING
Dis nie belangrik nie. Solank al die blokkies volgens dieselfde spanning gebrei word, behoort hulle dieselfde grootte te wees.
AFKORTINGS
adl = agter deur lus
aw = aweregs
dnv = draad na voor
gl = glip 1 st regsgewys
herh = herhaal
kb = klein bobbel (sien spesiale afkortings)
pat = patroon
r2tes = regs 2 steke tesame
r = regs
RKV = regte kant voor
st(e) = steek/steke
tes = tesame
tgso = trek glipsteek oor
AANWYSINGS
Hierdie een vierkant word met kleurverskille gebrei sodat dit soos vier kleiner vierkante lyk
Met 4 mm-naalde stel 50 ste soos volg op:
As jy die naaldmetode gebruik: 25 ste A en 25 ste B.
As jy die duimmetode gebruik: 25 ste B en 25 ste A.
1ste ry: RKV en met A (aw1, r1) 12 keer, aw1, met B (r1, aw1) tot laaste st, r1.
Werk 25 ste in elke kleur soos vasgestel en kruis drade waar kleure verander, gaan soos volg voort:
2de ry: (r1, aw1) tot einde.
3de ry: aw1, r1, aw1, r21, aw1, r tot laaste 2 ste, aw1, r1.
4de ry: r1, aw1, r1, aw21, r1, aw tot laaste 2 ste, r1, aw1.
5de ry: soos 3de ry.
6de ry: soos 4de ry.
7de ry: aw1, r1, aw1, *gl1, r1, tgso, (dnv, r1, dnv, gl1, r2tes, tgso, dnv, r1, dnv, gl1, r2tes, tgso) 2 keer, dnv, r1, dnv, r2tes*, aw1, ruil kleur, r1, herh van * tot *, r1, aw1, r1.
8ste ry: soos 4de ry.
9de ry: aw1, r1, aw1, r6, *gl1, r2tes, tgso, dnv, (r1, dnv 2 keer) 2 keer, r1, dnv, gl1, r2tes, tgso*, r6, aw1, ruil kleur, r7, herh van * tot *, r7, aw1, r1. 54 ste.
10de ry: r1, aw1, r1, aw10, aw agter in 2de lus, aw2, aw agter in 2de lus, aw9, r1, ruil kleur, aw11, aw agter in 2de lus, aw2, aw agter in 2de lus, aw10, r1, aw1.
11de ry: (aw1, r1) 2 keer, *(dnv, gl1, r2tes, tgso) 2 keer, dnv, r2tes, r1, dnv 2 keer, r3, dnv 2 keer, r1, gl1, r1, tgso, (dnv, gl1, r2tes, tgso) 2 keer, dnv*, r1, aw1, ruil kleur, r2, herh van * tot *, r2, aw1, r1.
12de ry: r1, aw1, r1, aw9, aw agter in 2de lus, aw4, aw agter in 2de lus, aw8, r1, ruil kleur, aw10, aw agter in 2de lus, aw4, aw agter in 2de lus, aw9, r1, aw1.
13de ry: aw1, r1, aw1, r2, *gl1, r2tes, tgso, dnv, r2tes, r2, dnv 2 keer, r5, dnv 2 keer, r2, gl1, r1, tgso, dnv, gl1, r2tes, tgso, r2, aw1, ruil kleur, r3, herh van * tot *, r3, aw1, r1.
14de ry: r1, aw1, r1, aw8, aw agter in 2de lus, aw6, aw agter in 2de lus, aw7, r1, ruil kleur, aw9, aw agter in 2de lus, aw6, aw agter in 2de lus, aw8, r1, aw1.
15de ry: aw1, r1, aw1, *gl1, r1, tgso, dnv, r1, dnv, r2tes, r3, dnv 2 keer, r7, dnv 2 keer, r3, gl1, r1, tgso, dnv, r1, dnv, r2tes*, aw1, ruil kleur, r1, herh van * tot *, r1, aw1, r1. 62 ste.
16de ry: r1, aw1, r1, aw9, (aw agter in 2de lus, aw8) 2 keer, r1, ruil kleur, aw10, aw agter in 2de lus, aw8, aw agter in 2de lus, aw9, r1, aw1.
17de ry: (aw1, r1) 2 keer, *gl1, r1, tgso, dnv, r2tes, r4, dnv 2 keer, r9, dnv 2 keer, r4, gl1, r1, tgso, dnv, r2tes,*, r1, aw1, ruil kleur, r2, herh van * tot *, r2, aw1, r1. 66 ste.
18de ry: r1, aw1, r1, aw9, aw agter in 2de lus, aw10, aw agter in 2de lus, aw8, r1, ruil kleur, (aw10, aw agter in 2de lus) 2 keer, aw9, r1, aw1.
19de ry: aw1, r1, aw1, *gl1, r1, tgso, dnv, r2tes, r3, gl1, r1, tgso, dnv, gl1, r1, tgso, r7, r2tes, dnv, r2tes, r3, gl1, r1, tgso, dnv, r2tes*, aw1, ruil kleur, r1, herh van * tot *, r1, aw1, r1. 58 ste.
20ste ry: r1, aw1, r1, aw25, r1, ruil kleur, aw tot laaste 2 ste, r1, aw1.
21ste ry: (aw1, r1) 2 keer, *dnv, r2tes, r2, gl1, r1, tgso, dnv, r1, dnv, gl1, r1, tgso, r5, r2tes, dnv, r1, dnv, r2tes, r2, gl1, r1, tgso, dnv*, r1, aw1, ruil kleur, r2, herh van * tot *, r2, aw1, r1.
22ste ry: soos 20ste ry.
23ste ry: (aw1, r1,) 2 keer, *dnv, r2tes, r1, gl1, r1, tgso, dnv, r3, dnv, gl1, r1, tgso, r3, r2tes, dnv, r3, dnv, r2tes, r1, gl1, r1, tgso, dnv,* r1, aw1, ruil kleur, r2, herh van * tot *, r2, aw1, r1.
24ste ry: soos 20ste ry.
25ste ry: (aw1, r1) 2 keer, *dnv, r2tes, gl1, r1, tgso, dnv, r2tes, r1, gl1, r1, tgso, dnv, gl1, r1, tgso, r1, r2tes, dnv, r2tes, r1, gl1, r1, tgso, dnv, r2tes, gl1, r1, tgso, dnv*, r1, aw1, ruil kleur, r2, herh van * tot *, r2, aw1, r1. 50 ste.
26ste ry: soos 4de ry.
27ste ry: (aw1, r1) 2 keer, (dnv, gl1, r2tes, tgso, dnv, r1) 5 keer, aw1, ruil kleur, r2, (dnv, gl1, r2tes, tgso, dnv, r1) 5 keer, r1, aw1, r1.
28ste ry: soos 4de ry.
29ste ry: soos 3de ry.
30ste ry: soos 4de ry.
31ste ry: soos 3de ry.
32ste ry: (r1, aw1) tot einde.
Heg kleure af.
33ste ry: heg C, (aw1, r1) 12 keer, aw1, heg D, (r1, aw1) tot laaste st, r1.
Werk 25 ste in elke kleur soos vasgestel en vou breidraad oor mekaar by ruiling, gaan soos volg voort:
34ste tot 64ste ry: herh 2de tot 32ste ry.
Heg af in pat soos vir 1ste ry en in kleure soos vasgestel.
Maak vierkant nat en druk oortollige water uit. Lê plat neer, strek tot regte grootte en steek vas. Laat om droog te word.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …