Dis tyd om die breipenne en wol uit te haal en dié mooi blokkieskombers te brei.
Vertaal deur: Christa Swanepoel
——————————————————————————-
Ekstra inligting
Die kombers bestaan uit 35 blokkies. Van blokkies 1 – 8 moet jy 4 elk brei en van blokkie 9 moet jy 3 brei.
Indien jy jou kombers presies in die kleure wil brei soos in die foto, hier is die wol kleure en hoveelhede uiteen gesit.
Onthou, 2 balle wol is genoeg vir 4 blokkies.
ELLE PURE GOLD DK (100 g)
[Blok 1-8: Brei 4 blokkies van elk]
Blokkie 1: Mist 203 (2 balle)
Blokkie 2: Mist 203 (2 balle)
Blokkie 3: Moon Stone 042 (2 balle)
Blokkie 4: Silver 056 (2 balle)
Blokkie 5: Hazelnut 198 (2 balle)
Blokkie 6: Parakeet 076 (2 balle)
Blokkie 7: Vanilla 105 (2 balle)
Blokkie 8: 1 x Vanilla 105, 1 x Moonstone 042, Hazelnut 198, Silver 056 (4 balle altesaam)
[Blok 9: Brei 3 blokkies]
Blokkie 9: Parakeet 076 (2 balle)
Totale balle wol:
Mist 203: 4 balle
Moon stone 042: 3 balle
Silver 056: 3 balle
Hazelnut 198: 3 balle
Parakeet 076: 4 balle
Vanilla 105: 3 balle
DWS jy moet 20 balle wol in total hê
—————————————————————————
Jy het ‘n basiese kennis van brei nodig om die kombers te voltooi. As dit vir jou makliker is om in Engels te brei, besoek Elle se webwerf of klik hier om ‘n PDF-van die Engelse patroon af te laai
BLOKKIE #4 BREI SAAM
BELANGRIKE INLIGTING:
Tensy jy die genoemde wol gebruik, kan SAPROTEX nie vir die voltooide projek verantwoordelik gehou word nie.
Die drukproses beïnvloed die kleurweergawe, maar die kleur van die wol word so ná as moontlik aan die oorspronklike gehou.
Die aanwysings is vir net een grootte.
BENODIGDHEDE
ELLE PURE GOLD DK (100 g)
2 balle in kleur van jou keuse: Ons het Silver 056 gebruik
Een paar 4 mm-breinaalde
AFMETINGS
± 25 cm x 25 cm per blokkie
SPANNING
Dis nie belangrik nie. Solank al die blokkies volgens dieselfde spanning gebrei word, behoort hulle dieselfde grootte te wees.
AFKORTINGS
aw – aweregs
dnv – draad na voor
don – draad oor naald
drn – draad rondom naald
gl – glip
herh – herhaal
pat – patroon
r – regs
r2tes – regs 2 tesame
RKV – regte kant voor
st(e) – steek/steke
tes – tesame
tgso – trek glipsteek oor
VERKLARING VAN STEKE
Draad na voor (dnv), draad oor naald (don), en draad rondom naald (drn) dien almal dieselfde doel – om ‘n steek te maak om die steek/steke wat verlore gaan as jy r2tes of ‘n tgso werk, te vervang. Hulle word net effens verskillend gebrei, afhangend van waar hulle in die patroon voorkom en watter steek daarop volg:
Draad na voor (dnv) = word voor of ná enige regssteke gebruik deur die draad na die voorkant van die breiwerk te bring.
Draad oor naald (don) = word na ‘n aweregssteek voor die volgende regssteek gebruik. Aangesien die draad reeds voor die breiwerk is, neem jy die draad na die agterkant van die werk, dan draai jy dit weer oor die naald. Jy het dus nou ´n lus oor die naald en die draad is agter die werk.
*Nota*: In die volgende rye moet jy dan in die agterste lus van die don werk om die gaatjie te maak.
Draad rondom naald (drn) = word voor ‘n aweregssteek gebruik. Aangesien die draad aan die agterkant van die breiwerk is oor jy ‘n regssteek gewerk het, draai jy die draad weer om die naald. Dus het jy ‘n lus om die naald en die draad is weer aan die voorkant van die breiwerk.
AANWYSINGS
Met 4 mm-naalde stel 49 ste op.
1ste tot 4de ry: aw1, (r1, aw1) tot einde.
5de ry: aw1, r1, aw1, r4, r2tes, *dnv, r4, r2tes, dnv, r1, aw1, r1, dnv, gl1, r1, tgso, r3, r2tes, herh van * nog een keer, dnv, r5, aw1, r1, aw1.
6de ry: (aw1, r1, aw13, r1) 3 maal, aw1..
7de ry: aw1, r1, aw1, r3, r2tes, dnv, *r4, r2tes, drn, (aw1, r1) 2 keer, aw1, don, gl1, r1, tgso, r1, r2tes, dnv, herh van * nog een keer, r4, r2tes, drn, aw1, r1, aw1.
8ste ry: aw1, r1, aw11, (r1, aw1) 3 keer, r1, aw9, (r1, aw1) 3 keer, r1, aw11, r1, aw1.
9de ry: aw1, r1, aw1, r2, r2tes, dnv, *r4, r2tes, dnv, (r1, aw1) 3 keer, r1, dnv, gl1, r2tes, tgso, dnv, herh van * nog een keer, r4, r2tes, dnv, (r1, aw1) 2 keer.
10de ry: soos 8ste ry.
11de ry: (aw1, r1) 2 keer, r2tes, dnv, *r4, r2tes, drn, (aw1, r1) 4 keer, gl1, r1, tgso, dnv, herh van * nog een keer, r4, r2tes, dnv, r2, aw1, r1, aw1.
12de ry: soos 8ste ry.
13de ry: aw1, r1, aw1, r2tes, dnv, *r4, r2tes, dnv, r1, dnv, gl1, r1 tgso, (aw1, r1) 2 keer, aw1, r2tes, dnv, herh van * nog een keer, r4, r2tes, dnv, r3, aw1, r1, aw1.
14de ry: soos 6de ry.
15de ry: aw1, r1, aw1, r5, *r2tes, dnv, r3, dnv, gl1, r1, tgso, r1, aw1, r1, r2tes, dnv, r4, herh van * nog een keer, r2tes, dnv, r4, aw1, r1, aw1.
16de ry: soos 6de ry.
17de ry: aw1, r1, aw1, r4, r2tes, *dnv, r5, dnv, gl1, r1, tgso, aw1, r2tes, dnv, r4, r2tes, herh van * nog een keer, dnv, r5, aw1, r1, aw1.
18de ry: aw1, r1, aw tot laaste 2 ste, r1, aw1.
19de ry: aw1, r1, aw1, r3, r2tes, drn, *aw1, don, gl1, r1, tgso, r4, dnv, gl1, r2tes, tgso, dnv, r4, r2tes, drn, herh van * nog een keer, aw1, don, gl1, r1, tgso, r3, aw1, r1, aw1.
20ste ry: aw1, r1, aw5, (r1, aw1, r1, aw13) 2 keer, r1, aw1, r1, aw5, r1, aw1.
21ste ry: aw1, r1, aw1, r2, r2tes, dnv, r1, *aw1, r1, dnv, gl1, r1, tgso, r4, dnv, gl1, r1, tgso, r3, r2tes, dnv, r1, herh van * nog een keer, aw1, r1, dnv, gl1, r1, tgso, r2, aw1, r1, aw1.
22ste ry: soos 20ste ry.
23ste ry: (aw1, r1) 2 keer, r2tes, drn, *(aw1, r1) 2 keer, aw1, don, gl1, r1, tgso, r4, dnv, gl1, r1, tgso, r1, r2tes, drn, herh van * nog een keer, (aw1, r1) 2 keer, aw1, don, gl1, r1, tgso, (r1, aw1) 2 keer.
24ste ry: aw1, r1, aw3, *(r1, aw1) 3 keer, r1, aw9, herh van * nog een keer, (r1, aw1) 3 keer, r1, aw3, r1, aw1.
25ste ry: aw1, r1, aw1, gl1, r1, tgso, dnv, *(r1, aw1) 3 keer, r1, dnv, gl1, r1 tgso, r4, dnv, gl1 r2tes, tgso, dnv, herh van * nog een keer, (r1, aw1) 3 keer, r1, dnv, gl1, r1 tgso, aw1, r1, aw1.
26ste ry: soos 24ste ry.
27ste ry: (aw1, r1) 6 keer, aw1, don, gl1, r1, tgso, r4, dnv, gl1, r1, tgso, (r1, aw1) 4 keer, don, gl1, r1, tgso, r4, dnv, gl1, r1, tgso, (r1, aw1) tot einde.
28ste ry: soos 24ste ry.
29ste ry: (aw1, r1) 2 keer, *dnv, gl1, r1, tgso, (aw1, r1) 2 keer, aw1, r2tes, dnv, r1, dnv, gl1, r1, tgso, r4, herh van * nog een keer, dnv, gl1, r1, tgso, (aw1, r1) 2 keer, aw1, r2tes, dnv, (r1, aw1) 2 keer.
30ste ry: soos 20ste ry.
31ste ry: aw1, r1, aw1, r2, dnv, gl1, r1, tgso, r1, *aw1, r1, r2tes, dnv, r3, dnv, gl1, r1, tgso, r4, dnv, gl1, r1, tgso, r1, herh van * nog een keer, aw1, r1, r2tes, dnv, r2, aw1, r1, aw1.
32ste ry: soos 20ste ry.
33ste ry: aw1, r1, aw1, r3, dnv, gl1, r1, tgso, *aw1, r2tes, dnv, r5, dnv, gl1, r1, tgso, r4, dnv, gl1, r1, tgso, herh van * nog een keer, aw1, r2tes, dnv, r3, aw1, r1, aw1.
34ste ry: soos 18de ry.
35ste ry: aw1, r1, aw1, *r4, dnv, gl1, r2tes, tgso, dnv, r4, r2tes, drn, aw1, don, gl1, r1, tgso, herh van * nog een keer, r4, dnv, gl1, r2tes, tgso, dnv, r4, aw1, r1, aw1.
36ste ry: soos 6de ry.
37ste tot 68ste ry: herh 5de tot 36ste ry.
69ste tot 72ste ry: herh 5de tot 8ste ry.
73ste ry: aw1, (r1, aw1) tot einde.
Herh laaste nog twee keer. Heg in pat af.
Maak vierkant nat en druk oortollige water uit. Lê plat neer, strek effens tot aangeduide grootte en steek romdom vas in die grootte indoen nodig. Laat om droog te word.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …