Hoeveel steke?
Vir verskillende groottes pantoffels kan jy die hoeveelheid ste wat jy benodig soos volg bepaal. Dit word gewoonlik ook op verpakking aangedui. Brei altyd eers ‘n toetslappie om te sien of jou spanning reg is.
• Vierdraadwol: 26 ste en 36 rye = 10 cm met 3,25 mm-naalde
• DK-wol: 22 ste en 30 rye = 10 cm met 4 mm-naalde
• Chunky-wol: 14 ste en 19 rye = 10 cm met 6,5 mm-naalde
Makliker kan jy nie kry nie. Brei vier vierkante en werk dit aanmekaar. Jy kan dit vir enige voetgrootte aanpas. Meet voet waarvoor jy pantoffel wil brei van hak tot toon. Voeg hierby 2½ cm vir klein kind se pantoffel tot ongeveer 7½ cm vir ‘n volwassene se pantoffel. Bereken nou hoeveel ste jy moet opstel volgens breidraad wat jy gebruik. (Voorbeeld: Voet = 24½ cm. Voeg hierby 7½ cm = 32 cm. As jy DK gebruik stel jy 22 ste op vir elke 10 cm. Vir 32 cm sal jy dus ongeveer 70 ste opstel.) Die makliste sal wees om met die breidraad wat jy het ‘n toetslappie te brei.
Gaan soos volg te werk
1. Stel ste op soos jy bepaal het.
2. Brei in reksteek tot jy ‘n vierkant het.
3. Brei nog drie sulke vierkante (twee vir elke pantoffel).
4. Vou vierkant dubbel om driehoek te vorm en plaas twee-twee opmekaar soos op skets aangedui.
5. Werk 2/3 van skuins sy, onderste voetgedeelte en tot in helfte van agterste gedeelte toe (sien skets). Maak seker jy vang al vier rande met die toewerk.
6. Vou twee los flappe na voor en werk met ‘n paar stekies vas sodat dit nie terugslaan nie.
7. Versier met tossels of ander versierings van jou keuse.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …