Die verskillende kleure verg ’n bietjie meer tyd, maar die eindresultaat maak daarvoor op
CHRISTA SWANEPOEL
BENODIGDHEDE
ELLE ARAN WOOL (50 g)
5 balle in Graphite
1 bal elk in Slate, Everglade, Sherry,
Beetroot
3,75 mm- en 4,5 mm-naalde
MATE
Pas ongeveer M(G; XG; XXG)
Voltooide grootte ongeveer: 110(118; 126; 134) cm
AFKORTINGS
aw – aweregs ggr – glip, glip, regs (gl vlg 2 ste een op ‘n slag op regterkantste naald asof jy dit sou brei, steek linkerkantste naald in die voorkant van hierdie 2 ste en regs dit tesame) r – regs RKV – regte kant voor vmin – verminder 1×1-rif: 1ste ry: r1, *aw, r1, herh van * tot einde. 2de ry: aw1, *r1, aw1, herh van * tot einde. Herh 1ste en 2de ry.
AANWYSINGS
VOORPANT
Met 3,75 mm-naalde en Graphite, stel 105(113; 121; 129)ste op. Werk in 1×1-rif vir 10 rye. Met 4,5 mm-naalde begin met kleurblokke volgens diagram en gaan voort tot werk sowat 45(46; 47; 48) cm lank is, eindig met VK-ry. Mousgatvorming
Heg soos volg aan weersk af vir mousgate in elke ry: 4 ste 1 keer, 3 ste 1(1; 2; 2) keer, 2 ste 2(3; 3; 4) keer en 1 st 4(4; 3; 3) keer, eindig met VK-ry. 75(79; 83; 87) ste. Vlg ry: pat 37(39; 41; 43), heg middelste st af, pat tot einde. Gaan voort met pat en halsvorming soos volg: Heg 1 st aan nekrand af in elke alt ry altesaam 12(13; 13; 14) keer, dan elke 4de ry 2 keer. 23(24; 26; 27) ste. Gaan voort tot werk sowat 69(71; 73; 75) cm lank is, eindig aan mousgatrand.
Skouervorming
Heg soos volg af in elke alt ry: 6 ste 3 keer, dan 5(6; 8; 9) ste 1 keer. Heg af. Voltooi ander skouer soos eerste een, maar spieëlbeeld daarvan.
AGTERPANT
Werk soos voorpant, maar deurgaans met Graphite en sonder die halsvorming tot agterpant sowat 2 cm korter is as voorpant by skouer, eindig met VK-ry. Vlg ry: pat en heg middelste 29(31; 31; 33) ste af en voltooi twee skouers apart sonder om weer aan halsrand te vmin. Heg skouers af soos voorpant. Werk regterskouernaat toe.
Halsrand
Met RKV en 3,75 mm-naalde, tel op en r sowat 108 tot 128 ste eweredig om hals met 1 st in middelste st voor. Vlg ry: r. Vlg ry: r. Vlg ry: werk in 1×1-rif tot 2 ste voor middelste st voor, r2tes, r middelste st, r2tes, werk verder in 1×1-rif tot einde. Vlg ry: werk in 1×1-ri tot 2 ste voor middelste st, aw2tes, aw middelste st, aw2tes, werk in 1×1-rif tot einde. Herh laaste 2 rye nog 1 keer. Heg in rif af. Werk linkerskouernaat toe.
Mourande
Met RKV en 3,75 mm-naalde tel op en r ongeveer 110 tot 134 ste om mourand. Werk in 1×1-rif vir 5 rye. Heg in rif af.
OM TE VOLTOOI
Werk mourand- en synate toe. Lê werk plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
SOURCES
ELMARIE KNAPTON
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …