Draai dit twee keer om jou nek of dra dit as halternek net so of onder ’n baadjie
Deur: Christa Swanepoel
LEES OOK: Brei die maklikste poncho
Wat het jy nodig?
- Ongeveer 4–5 balle ELLE FAMILY KNIT DK (50 g) in Bronco
- 4 mm-sirkelnaald
Brei-inligting
- Die onderbaadjie kan vir enige grootte gebrei word.
- Dit word in een stuk gebrei en op een plek aanmekaargewerk. Werk die hoeveelheid steke uit volgens die breiraad wat jy gebruik en die grootte van die persoon vir wie jy dit brei.
Afkortings
aw – aweregs
aw2tes – aweregs 2 ste tesame
don – draad om naald
gl1 – glip een steek
m1 – maak 1
patsteek – patroonsteek
r – regs
r2tes – regs 2 ste tesame
tgso – trek glipsteek oor
vmin – verminder
Bepaal steke só
Meet losweg om jou middel.
M (middel) = … cm
Meet van die buitekant van jou een skouer tot die volgende en trek sowat 2 cm af.
S (skouer) = … cm
Meet van jou middel af onder jou bors tot in die middel van jou nek agter een vermenigvuldig met 2.
H (halternek) = … cm
Afhangende van watter breidraad jy gebruik bereken jy die hoeveelheid steke soos volg:
DK-breidraad = vermenigvuldig met 2,2
Chunky = vermenigvuldig met 1,5
Rond af tot ewegetal.
LEES OOK: Hekel ‘n blomserp
Voorbeeld
M = 75 cm x 2,2 = 165 ste (afgerond tot ewegetal = 166 ste)
S = 45 cm x 2,2 = 99 ste (afgerond tot ewegetal = 100 ste)
H = 100 cm x 2,2 = 220 ste
Stel 486 ste (166 + 100 + 220) op.
Wenke
Patroonsteek word tot paar (ewegetal) steke voor hoeke gebrei en dan met r-ste vervang om die vermindering in die hoeke makliker te maak. Besluit self hoe ver van die hoek af jy met patroonsteek wil ophou, maar nie minder as 6 ste nie.
Jy kan die hele patroon in reksteek of in patroon van jou keuse brei.
Patroonsteek
Veelvoud van 2
1ste tot 6de ry: r
7de en 9de ry: *don om st te maak (m1), r2tes, herh van * tot einde.
8ste en 10de ry: *m1, aw2tes.
Herh 1ste tot 8ste ry.
Aanwysings
Met 4 mm-sirkelaald stel M + S + H ste op. Merk eerste en laaste st van S.
1ste ry: 1ste ry van patsteek tot st voor gemerkte st (hoek), gl1, r2tes, tgso (2 ste vmin), r tot st voor vlg gemerkte st (hoek), gl1, r2tes, tgso (2 ste vmin), r tot einde.
2de ry: 2de ry van patsteek tot einde.
3de ry: soos 1ste ry.
4de ry: soos 2de ry.
5de ry: soos 1ste ry.
6de ry: soos 2de ry.
7de ry: r2, 7de ry van patsteek tot paar ste voor hoek, r tot 1 st voor gemerkte st, gl1, r2tes, tgso, r paar ste, begin met patsteek en werk in pat tot paar ste voor hoek, r tot 1 st voor gemerkte st, gl1, r2tes, tgso, r paar ste, pat tot einde, r2.
8ste ry: r2, 8ste ry van patsteek, maar r oor r-ste in hoeke en eindig met r2.
9de ry: soos 7de ry.
10de ry: soos 8ste ry.
Herh 1ste tot 10de ry tot daar ongeveer 14 ste tussen gemerkte ste oor is.
Herh 1ste tot 6de ry.
Heg soos volg af: heg af tot 1 ste voor hoek-st, heg 1 st af, r2tes, trek laaste st oor, heg af tot 1 st voor vlg hoek st, heg 1 st af, r2tes, trek laaste st oor, heg af tot einde.
Om te voltooi
Werk vas soos op skets.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …