Die trui word van mou tot mou sywaarts gebrei en die rand agterna aangebrei
Click here for the English pattern
Deur CHRISTA SWANEPOEL
Die trui gebruik presies een Big Ball. Moenie die trui langer maak as aangedui nie anders gaan jy nie uitkom nie
Wat het jy nodig?
- 1 bal ELLE BIG BALL in Foggy Woods (500 g)
- 5,5 mm-sirkelnaald
Mate
Pas van klein tot medium
LEES OOK: Brei ’n maklike onderbaadjie
Afkortings
- aw – aweregs
- don – draad om naald
- herh – herhaal
- ms – mossteek 1ste ry: *r1, aw1, herh van * tot einde. 2de ry: aw regssteke en r aweregssteke soos dit voorkom
- pat – patroon
- r – regs
- r2tes – regs 2 tesame
- RKV – regte kant voor
Patroonsteek
Oor veelvoud van 3 plus 2 randsteke
1ste ry: r1, *r1, don, r2tes, herh van * tot einde, r1.
2de ry: r1, *r1, don, r2tes (deurgaans altyd die don-st en r-st van vorige ry), herh van * tot einde, r1. Herh slegs 2de ry.
Aanwysings
Stel 56(62) ste losweg op. Werk 8 rye in ms. Begin met pat en gaan voort tot mou sowat 17(20) cm lank is, eindig met RK-ry en stel 60 ste losweg op. 116(122) ste
Vlg ry: werk 7 ste in ms, pat (sonder randsteek) oor 51 van vlg 53 ste, r1, don, r2tes (53ste steek en randsteek van agterpant), pat tot einde van ry en stel 60 ste op. 176(182) ste. Werk 7 ste in ms, pat tot laaste 7 ste, ms 7 ste. Behou 7 ms-ste weersk, gaan voort met pat tot werk van aanhegste vir voor- en agterpant sowat 16(20) cm lank is, eindig met RK-ry.
Vlg ry: heg 88(91) ste af van linkervoorpant, pat tot einde. Gaan voort in pat oor oorbl 88(91) ste tot agterpant van afhegting van linkervoorpant sowat 16(21) cm lank is vir nek agter, eindig met RK-ry, stel 88(91) ste op vir regtervoorpant. 176(182) ste. Gaan voort in pat met rs-rande tot werk van aanhegting vir voorpant af 16(20) cm lank is, eindig met RK-ry.
Vlg ry: heg 60 ste af, pat tot einde.
Vlg ry: heg 60 st af, pat tot einde. Gaan voort in pat oor hierdie 56(62) ste tot mou so lank is soos ander mou tot by msrand, eindig met 8 rye ms. Heg af.
LEES OOK: Brei sloffies vir die winter
Rand
Met RKV beg regs onder, tel op en r 300 ste rondom rand (dit werk uit 2 ste in opening van een ry en 1 st in vlg ry). Werk in ms vir ongeveer 16 rye of tot breidraad op is. Heg af. ANDER OPSIE VIR RAND Stel 9 ste op en werk in ms tot rand oor regtervoorpant, om hals en oor linkervoorpant pas as dit effens gestrek word. Heg af en werk om rand vas.
Om te voltooi
Lê plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …