’n Maklike patroon, pas net die grootte en kleure volgens jou smaak aan
Deur: Christa Swanepoel
Wat het jy nodig?
- Gebruik enige oorskietbreidraad wat jy het. Die breidraad op die foto is ELLE FAMILY KNIT DK in White, Violet, Turquoise en Coral
- Daar kom ongeveer tien seshoeke uit een 50 g-bal
- 4-mm naalde
Brei-inligting
Brei stroke seshoeke so lank as wat jy dit verkies en werk dit aanmekaar.
LEES OOK: Hekel dié baie gewilde chevron-kombers
Afkortings
r – regs
rs – reksteek
ste – steke
vmeer – vermeerder
vmin – verminder
Aanwysings
Vir ’n ry wat met ’n volledige seshoek begin
Stel 8 ste op.
*Vlg ry: r.
Werk 10 rye rs en vmeer 1 st aan begin van elke ry. 18 ste.
R 2 rye.
Werk 10 rye, vmin 1 st aan beg van elke ry. 8 ste.
Vlg ry: r.*
Herh van * tot * met volgende kleur soos verkies en gaan voort tot so lank jy kombers wil hê.
Vir ry wat met halwe blokkie begin
Stel 18 ste op.
Vlg ry: r.
Werk 10 rye rs, vmin 1 st aan begin van elke ry. 8 ste.
LEES OOK: Brei ’n blokkieskombers
Vlg ry: r.
Werk van * tot * tot verlangde lengte en eindig met halwe blokkie soos volg:
Vlg ry: r.
Brei 10 rye, vmeer 1 st aan begin van elke ry. 18 ste.
Heg af.
Om te voltooi
Werk stroke aan mekaar.
Bronne: Elmarie Knapton, gebrei deur Marie du Plessis, stilering Karen Adendorff
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …