Met sy kraag en knope in die sye, is jy teen die koue gepantser
Deur: Christa Swanepoel
Wat het jy nodig?
- 8(10; 12) balle ELLE PURE GOLD Chunky in Ivory
- 5,5 mm-naalde
- 2 knope
Grootte
Omdat dit los sit, pas dit ongeveer 71–97(101–127; 132–157 cm)
Spanning
15 ste en 20 rye = 10 cm
LEES OOK: Brei die maklikste poncho
Afkortings
aw – aweregs
beg – begin
dna – draad na agter
dnv – draad na voor
gl1a – glip een aweregsgewys
herh – herhaal
ms – mossteek: 1ste ry: *r1, aw1, herh van * en eindig met r1. Herh 1ste ry.
oorbl – oorblywende
pat – patroon
r – regs
VKV – verkeerde kant voor
vlg – volgende
vmeer – vermeerder
Patroonsteek
Veelvoud van 4 plus 3
1ste ry: *r3, gl1a, herh van * tot laaste 3 ste, r3.
2de ry: aw3, *dna gl1a, dnv aw3, herh van * tot einde.
3de ry: *r3, gl1a, herh van * tot laaste 3 ste, r3.
4de ry: r.
5de ry: r1, *gl1a, r3, herh van * tot laaste 2 ste, gl1a, r1.
6de ry: aw1, *dna gl1a, dnv aw3, herh van * tot laaste 2 ste, dna gl1a, aw1.
7de ry: r1, *gl1a, r3, herh van * tot laaste 2 ste, gl1a, r1.
8ste ry: r.
Herh 1ste tot 8ste ry.
LEES OOK: Brei sloffies vir die winter
Aanwysings
Agterpant
**Stel 95(111; 127) ste op en werk 6 rye in ms.
Vlg ry: ms6, 1ste ry van pat, eindig met ms6.
Vlg ry: ms6, 2de ry van pat, eindig met ms6.
Gaan só voort met ms-rand en pat tot agterpant 66(68; 70) cm lank is, eindig met VK-ry.
Skouervorming
Heg 6(8; 9) ste aan beg van vlg 8 rye af, dan 7(7; 10) ste aan beg van vlg 2 rye. Laat oorbl 33(33; 35) ste op steekhouer.
Voorpant
Verk soos agterpant tot voorpant sowat 40(42; 44) cm lank is.
Knoopsgatry: ms2, heg 3 ste af, ms1, pat tot ms-rand, ms1, heg 3 ste af, ms2.
Vlg ry: ms2, stel 3 ste op, ms1, pat tot ms-rand, ms1, stel 3 ste op, ms2.
Gaan deurgaans voort met ms-rand en pat tot voorpant sowat 47(48; 49) cm lank is.
Vlg ry: pat 36(44; 52) ste, ms23, pat 36(44; 52).
Gaan voort met pat 36(44; 52) ste, ms 23, pat 36(44; 52) tot voorpant 50(51; 52) cm lank is, eindig met VK-ry.
Halsvorming
Pat 47(55; 63), heg 1 st af, pat 47(55; 63).
Gaan voort oor laaste 47(55; 63) ste tot so lank soos agterpant tot by skouervorming, eindig met RK-ry.
Skouervorming
Heg 6(8; 9) ste aan beg van vlg en vlg alt-rye af 3 keer.
Pat 1 ry en heg 7(7; 10) ste aan beg van vlg ry af. Laat oorbl 16(16; 17) ste op steekhouer.
Met VKV heg draad aan oorbl 47(55; 63) ste en voltooi soos eerste helfte, maar met skouervorming aan ander kant.
Kraag
Met regte kant opmekaar werk skouernate toe. Met VKV, beg links voor en sit al die steke op steekhouers op een naald. 65(65; 69) ste.
Vlg ry: r en vmeer 10 ste eweredig oor ry, maar nie oor ms-rande. 75(75; 79) ste.
Werk in ms vir sowat 16 rye. Heg in ms af.
Om te voltooi
Werk knoop op agterpant se rand teenoor knoopsgat vas. Lê plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …