’n Eenvoudige patroon vir ’n dogtertrui wat jy op allerhande maniere kan opkikker
Moeilikheidsgraad: **
WAT HET JY NODIG?
Family Knit Vintage DK (100 g) 2 balle Hyacinth 2 balle Pink Cadillac 1 bal Sunkist Coral Klein bietjie wit vir blommetjies Wolnaald 3,25 mm- en 4 mm-naalde
AFKORTINGS
aw – aweregs; beg – begin; oorbl – oorblywende; r – regs; vlg – volgende
BREI-INLIGTING
Blommetjies word agterna ingewerk met duplikaatsteke, maar jy kan dit ook inbrei as jy dit so verkies. Jy kan die blommetjies weglaat of ander motiewe inwerk. Kies een op internet of teken jou eie op grafiekpapier.
Dis ’n maklike basiese patroon, brei dit in een kleur of kies kleure waarvan jy hou.
Altesaam 3 x 100 g-balle.
GROOTTE
Pas 7–8(9–10; 11–12) jaar
AANWYSINGS
Agterpant
Met Sunkist Coral en 3,25 mm-naalde stel 86(90; 98) ste op en brei 2×2-rif vir 11 rye.
12de ry: rif en vmin 5(5; 7) ste eweredig oor ry. 81(85; 91) ste. Met Hyacinth en 4 mm-naalde gaan voort in ks tot agterpant sowat 46(51; 52) cm lank is, eindig met VK-ry.
Skouervorming Heg 11(12; 13) ste aan beg van vlg 2 rye af. 59(61; 65) ste. Heg 11(12; 14) ste aan beg van vlg 2 rye af. Laat oorbl 37 ste op steekhouer.
Voorpant
Werk soos gegee vir agterpant tot voorpant sowat 39(44; 45) cm lank is, eindig met VK-ry.
Halsvorming Vlg ry: r29(31; 34), draai, laat oorbl 52(54; 57) ste op steekhouer.
Vlg ry: aw. Werk 2 rye, vmin 1 st aan halsrand in elke ry. 27(29; 32) ste. Werk 10 rye, vmin 1 st aan halsrand in vlg en elke vlg alt ry tot 22(24; 27) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot 46(51; 52) cm, eindig met VK-ry.
Skouervorming
Heg 11(12; 13) ste af, r tot einde. 11(12; 14) ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: heg 11(12; 14) ste af. Met RKV, heg draad aan oorbl ste en r tot einde. Voltooi soos eerste helfte, maar spieëlbeeld daarvan.
Moue
Met Sunkist Coral en 3,25 mm-naalde stel 46(46; 50) ste op en brei 2×2-rif vir 10 rye. Met Pink Cadillac en 4 mm-naalde gaan voort in ks en vmeer 1 st aan weersk van 5de en elke vlg 6de ry tot 54(58; 60) ste. Gaan voort in ks en vmeer elke 8ste ry tot 68(72; 76) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot mou 37(41; 42) cm lank is, of lengte verlang, eindig met VK-ry.
Moutopvorming
Heg 13(14; 15) ste aan beg van vlg 2 rye af. 42(44; 46) ste. Heg 14(14; 15) ste aan beg van vlg 2 rye af. Heg oorbl 14(16; 16) ste af.
Nekband
Werk regterskouernaat toe. Met RKV, Sunkist Coral en 3,25 mm-naalde tel op en r 20 ste eweredig langs linkerkant van nek, 23 ste oor op steekhouer aan voorkant van nek, 20 ste eweredig langs regterkant van nek en 37 ste oor op steekhouer aan agterkant van nek en vmeer 3 ste eweredig oor ry. 102 ste. Werk in 2×2-rif vir 5 rye. Heg in rif af.
OM TE VOLTOOI
Werk skouer- en nekbandnaat toe. Vou moue lengtegewys in die helfte, plaas vou op skouernaat en werk in posisie vir ongeveer 18(19; 20) cm van skouernaat af. Werk sy- en mounate toe. Lê werk plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word.
Motief
Werk blommetjies regs op voorpant van trui met duplikaatsteke volgens diagram.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …