Maak eers vir jouself dik breidraad met die interessante tolletjiebreimasjien en brei dan vir jou ’n mat daarmee.
Christa Swanepoel
Wat het jy nodig?
• Tolletjiebreimasjien (French Knitting Mill)
• Soveel tolletjiebreistringe as wat nodig is vir projek. Vir die mat van 130 cm x 60 cm is van ongeveer 1 500 g se 4-draad-breidraad gebruik gemaak
• 10 mm-naalde

Wenke
• Dis ’n heerlike projek om al jou oorskietbreidraad op te gebruik.
• Brei stroke of blokke en werk dit aan mekaar vir groter projekte soos ’n kombers of groter mat.
• Brei mandjies of groot sakke daarmee.
• Maak die stringe net in een kleur of skakerings van ’n kleur.
• Die lekkerte van so ’n mat is dat jy dit in die wasmasjien kan gooi.

Brei-inligting
• Die tolletjiebreimasjientjie gebruik net gladde 4-draad-breidraad.
• Volledige aanwysings is in die verpakking en maklik om te volg. Daar is ook YouTube-video’s wat jy kan volg.
• Wanneer jy breidraad las, maak stewige klein knopie en werk stadiger tot dit deurgebrei is.
• Rol voltooide tolletjiebreistringe in groot balle voor jy begin brei. Knoop stringe soos jy gewone breidraad sou las.

Mat
Met 10 mm-naalde, stel 50 ste op en werk in reksteek (elke ry regs) vir ongeveer 120 rye. Heg af.
Meer inligting
• Vra by jou handwerkwinkel vir die tolletjiebreimasjientjie, koop een by Wool Knitters Paradise, Frederika Street 606, Gezina, Pretoria, by 012 335 7743 of bestel een by Vaalcraft in Vanderbijlpark
• Tel/Faks 016 933 1846 of 072 438 6988
• E-pos [email protected]/[email protected] (dit kos sowat R200-R250)

SOURCES
Elmarie Knapton Stilering Karen Adendorff