Stap-vir-stap: Brei tjoef-tjaf ‘n serp op jou arm.
Christa Swanepoel
Benodighede
Sowat 200 g ekstradik breidraad
Grootte
Ongeveer 24 cm x 87 cm
Voor jy begin brei
As jy ‘n 200 g-bal koop, rol dit in twee ewe groot balle, of gebruik twee 100 g-balle saam.
Aanwysings
Gebruik breidraad dubbel
Begin só
1 Trek ongeveer vier armlengtes af vir steke opsit. Maak skuifknoop en sit dit op jou regterarm
2 Hou breidraad wat van twee balle af kom met jou pinkie en vierde vinger in jou linkerhand vas en draai dit vandaar aan die buitekant van jou duim om en terug op jou palm.
3 Hou breidraad wat van kort ente af kom om jou linkerhand se wysvinger.
4 Druk jou regterhand van voor af deur die lus op jou duim, vat die breidraad op jou wysvinger vas en trek dit terug deur jou duimlus (moenie die breidraad los wat jy met jou pinkie vasknyp nie).
5 Haak die lus wat jy deurgetrek het oor jou regterhand tot by jou pols en trek die twee stelle breidrade stywer om ‘n steek te vorm.
6 Herhaal van stap 3 af tot jy 10 steke op jou regterarm het.
Om te brei
7 Gebruik van hier af net die breidraad wat van balle af kom. Hou die breidraad van onder af in jou regterpalm vas.
8 Trek 1ste steek op jou regterpols oor jou hand terwyl jy die breidraad in jou regterpalm vashou – dit vorm die nuwe steek.
9 Glip die steek wat jy gemaak het oor op jou linkerpols en trek dit so styf as wat dit vir jou gemaklik is – dis hoe groot jou steke gaan wees.
10 Herhaal van stap 8 af met die res van die 10 steke.
11 Herhaal dieselfde stappe om die steke weer op die regterpols te kry. Herhaal van die een arm na die ander tot die breidraad op is, maar hou ‘n ent om mee af te eindig.
12 Jy sal verbaas wees hoe vinnig jy die serp kan brei.
Klik hier om ‘n stap-vir-stap video te kyk
SOURCES
Elmarie Knapton
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …