Hekel hierdie blitsige patroon voor die koue jou betrap
Benodigdhede
Colour Flow (100 g-balle): 2 balle 86383 of kleur van jou keuse 3 mm-hekelpen Naald om los drade mee weg te werk
Grootte
140 cm sonder fraiings, of verlangde lengte
Afkortings en steek verduidelikings
beg = begin, dr = draai, dsl = dubbelslagsteek, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal, kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, sp = spasie, vlg = volgende
Dubbelslagsteek:
1 Slaan die draad twee maal oor die pen.
2 Steek die pen in die volgende steek.
3 Slaan die draad oor die pen en trek die pen deur die eerste lus sodat daar vier lusse op die pen is.
4 Slaan die draad oor die pen en trek dit deur twee lusse.
5 Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die volgende twee lusse.
6 Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die laaste twee lusse op die pen.
Patroon
Die serp bestaan uit 3 rye van die dubbelskulppatroon:
1ste ry: hekel 5 ks, (1 dsl, 3 ks, 1 dsl) in die 5de ks vanaf pen, dr.
2de ry: 3 ks, slaan 1ste dsl oor, 9 lb in 3 ks-sp, slaan 1 dsl oor, (1 dsl, 3 ks, 1 dsl) in sp tussen die dsl en beg-5 ks, dr.
3de ry: 3 ks, slaan 1 ste dsl oor, 9 lb in 3 ks-sp, slaan vlg dsl oor, (1 dsl, 3 ks, 1 dsl) in sp tussen die dsl en vlg lb, dr. Herh 3de ry tot verlangde lengte van die serp. H/af.
Vir 2de dubbelskulpry (aan linkerkant van 1ste dubbelskulpry): Herh 1ste en 2de ry.
3de ry: 2 ks, gs deur 1ste dsl van skulp langsaan, slaan 1 ste dsl oor, 9 lb in 3 kssp, slaan vlg dsl oor, (1 dsl, 3 ks, 1 dsl) in sp tussen die dsl en vlg lb, dr.
4de ry: 3 ks, slaan 1 ste dsl oor, 9 lb in 3 ks-sp, slaan vlg dsl oor, (1 dsl, 3 ks, 1 dsl) in sp tussen die dsl en vlg lb, dr. Herhaal rye 3–4 tot verlangde lengte. H/ af.
Vir 3de dubbelskulpry: Draai serp om en volg patroon vir 2de skulpry. H/af.
Fraiings (hekel 16 per serppunt)
Heg aan met kortbeen en hekel 20 ks, 1 dsl in 5de ks vanaf pen, dr.
Vlg ry: 3 ks, 9 lb in lus. H/af.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.