Retro–romp wat jy maklik kan hekel en in die kleure van jou keuse optower
Karen Adendorff
Benodigdhede
E LLE PREMIER NATURAL COTTON DK
(50 g-balle)
10 balle swart (017)
1 bal elk Rust (047), Shamrock (007),
Leaf (061)
3,75 mm-hekelpen
Naald vir vaswerk
Mate
Die patroon is vir ’n heupmaat van 95 cm gehekel, maar kan vir enige grootte aangepas word. Volg slegs die instruksies by die metode.
Afkortings
dies – dieselfde
dr – draai
gs – glipsteek
h/af – heg af
herh – herhaal
kb – kortbeen
ks – kettingsteek
lb – langbeen
sp – spasie
tes – tesame
vlg – volgende
Aanwysings
Die romp word in stroke gehekel wat dan
aanmekaargewerk word. Begin by die boonste ry sirkels. Hekel die sirkels aan mekaar totdat dit los om jou heupe pas. Volg dan net die patroon verder. Vir die patroon hier beskryf, is daar 12 sirkels gehekel.
Sirkels
(wissel die kleure in die middel van die motief telkens af)
1ste sirkel: met 3,75 mm-hekelpen en 1ste kleur, hekel 6 ks, gs in 1ste ks omring te vorm.
1ste rdte: 4 ks (= 1 lb + 1 ks), (1 lb, 1 ks) 11 keer, gs met swart in 3de van begin-4 ks. Heg 1ste kleur af. Gaan in swart voort.
2de rdte: 1 ks, (2 kb in 1 ks-sp) 12 keer, gs in 1ste kb.
3de rdte: 6 ks (= 1 lb + 3 ks), (1 lb in vlg 2 kb, 3 ks) 11 keer, 1 lb in laaste kb, gs in 3de van begin-6 ks. H/af. Werk los drade weg.
2de sirkel: hekel die 1ste en 2de rdtes soos vir 1ste sirkel, maar met 2de kleur. Hekel die twee sirkels soos volg aan mekaar in die 3de rdte: 6 ks (= 1 lb + 3 ks), 1 lb in vlg 2 kb, 3 ks, 1 lb in vlg 2 kb, 1 ks, 1 ks deur enige 3 ks-sp van 1ste sirkel, 1 ks, 1 lb in vlg 2 kb van 2de sirkel, 1 ks, 1 ks deur vlg 3 ks-sp van 1ste sirkel, 1 ks, 1 lb in vlg 2 kb van 2de sirkel, 3 ks, (1 lb in vlg 2 kb, 3 ks) 7 keer, 1 lb in laaste kb, gs in 3de van begin-6 ks. H/af. Die sirkels is dus op 2 plekke aanmekaargehekel. Las al die sirkels op dié manier tot by laaste sirkel wat dan weer op dieselfde manier aan die 1ste sirkel vasgehekel word.
Basis van romp
1ste rdte: Begin by enige sirkel in die 1ste 3 ks-sp (ná vashegting): 3 ks in die sp, (1 lb in vlg 2 lb, 2 lb in vlg 3 ks-sp) 2 keer, 1 lb in vlg 2 lb, 1 lb in vlg 3 ks-sp (= 12 lb). Gaan só voort en hekel 12 lb in elke sirkel, eindig met gs bo in begin-3 ks.
2de rdte: 3 ks, 1 lb in elke lb tot einde, gs bo in begin-3 ks.
3de rdte: 3 ks, 1 lb in vlg 11 lb, 2 lb-tes, *1 lb in vlg 10 lb, 2 lb-tes *, herh van * tot * tot by laaste 10 lb, 1 lb in vlg 8 lb, 2 lb-tes, gs bo in begin-3 ks.
4de–9de rdte: 3 ks, 1 lb in elke lb, eindig met gs bo in beg-3 ks. H/af.
Romp vorming
Gaan aan die onderkant van sirkelry as volg voort:
1ste rdte: hekel die ry dies as die 1ste rdte van rompbasis.
2de rdte: 3 ks, 1 lb in elke lb, maar vermeerder 6 lb eweredig oor die rdte.
3de rdte: soos 2de rdte. (Daar is dus 12 ste vermeerder oor die twee rdtes.) H/af. Hekel nou weer ’n strook sirkels aan mekaar, maar met een sirkel meer as in vorige strook sirkels. Hekel die 3 rdtes lb soos vir die onderste gedeelte van die romp (weer 12 lb meer). Steek die sirkelstrook aan die 3de rdte lb van reeds gehekelde deel vas met RK op mekaar en werk vas. Hekel telkens ’n strook sirkels (wat een meer sirkel as die vorige sirkel-rdte het) met 3 rdtes lb (wat 12 lb meer het), en werk hulle aan mekaar. Gaan só voort tot jou romp die verlangde lengte het. Moenie gare afbreek nie, gaan voort met die randjie onderom.
Randjie
3 ks, (2 lb, 3 ks, 3 lb) in dies st, *slaan 2 lb oor, 1 kb in vlg lb, slaan 2 lb oor, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg lb*, herh van * tot * rondom, eindig met gs bo in begin-3 ks. H/af.
Toutjie
Hekel ’n ry ks van ± 1,6 m lank, dr. 1 gs in 2de ks vanaf pen, 1 gs in elke ks tot einde. H/af. Werk los drade weg en ryg die toutjie deur die 2de lb-rdte van die rompbasis.
SOURCES
Elmarie Knapton
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.