Hier is drie serpe wat met kort en lang rye gebrei word. Dit lyk interessant en is baie makliker as wat jy dink
Moeilikheidsgraad: **
WAT HET JY NODIG?
1 Sigsagserp
1 bal elk ELLE PURE GOLD in AZZURE en CAVIAR (100 g)
1 bal ELLE KALEIDO in COSMOPOLITAN (100 g)
2 Driehoekserp
2 balle ELLE KALEIDO in COSMOPOLITAN (100 g)
3 Visgraatserp
2 balle ELLE PURE GOLD in SILVERADO (100 g)
4 mm-naalde
AFKORTINGS
aw – aweregs
omslag1 – glip volgende steek op regterkantste naald en neem draad na teenoorgestelde kant van werk, glip dieselfde steek weer terug op linkerkantste naald, draai en brei terug (dit is om te voorkom dat daar gaatjie in werk ontstaan)
r – regs
rVa – regs voor en agter in dieselfde steek (in aw-rye kan jy eers regs en dan aweregs in dieselfde steek)
BREI-INLIGTING
Hoe om omslagsteke terug te werk: tel die lus van die omslagsteek saam met die volgende steek op en regs albei saam.
Brei serpe so lank as wat jy verkies.
Brei dit ook so breed of smal as wat jy verkies: sigsagserp in veelvoude van 3; driehoekserp in getal steke wat deur 2 en 3 gedeel kan word (bv 30, 36, 42); visgraatserp in getal steke wat deur 2 en 3 gedeel kan word (bv 30, 36, 42).
Maak tossels vir serpe indien verkies
AANWYSINGS
1 SIGSAGSERP
Stel 27 steke op en r 2 rye. Gaan soos volg voort:
1ste ry: r.
2de ry: r tot 3 ste voor einde van ry (24 ste), omslag1, draai.
3de ry: r.
4de ry: r tot laaste 3 ste voor gaping (21 ste), omslag1, draai.
5de ry: r. Herh laaste 2 rye (elke keer 3 ste minder) tot laaste 3 ste aan begin van ry.
Vlg ry: r oor al 27 ste en brei omslagsteke soos bo verduidelik. Las 2de kleur en herh patroon van 2de ry af. Las 3de kleur en herh patroon van 2de ry af. Herh patroon met 3 kleure tot verlangde lengte. Eindig met 2 rye regs met laaste kleur. Heg af.
2 DRIEHOEKSERP
1ste driehoek Stel 3 ste op.
1ste ry: rVa, r tot einde. 4 ste. Herh laaste ry tot 44 ste.
2de driehoek Bind stukkie breidraad in 1ste st om regterkant van breiwerk aan te dui.
1ste ry (RK): rVa, r1, ggr, draai.
2de ry: gl1 aweregsgewys, r tot einde.
3de ry (verbindingsry): rVa, r tot 1 st voor gaping, r laaste st en vlg st van vorige driehoek tesame, draai.
4de ry: herh 2de ry. Herh 3de en 4de ry tot laaste 2 ste verbind is.
3de driehoek 1ste ry (VK): rVa, r1, ggr, draai.
2de ry: gl1 aweregsgewys, r tot einde.
3de ry (verbindingsry): rVa, r tot 1 st voor gaping, r laaste st en vlg st van vorige driehoek tesame, draai.
4de ry: herh 2de ry. Herh 3de en 4de ry tot laaste 2 ste verbind is. Herh 2de en 3de driehoek tot verlangde lengte, eindig met VK-driehoek.
Laaste driehoek
Herh patroon tot daar 22 ste op elke naald is, eindig met ry 2 van pat – weer aan beg van 44 ste.
Vlg ry: r2tes, r tot 1 st voor gaping, r laaste st en vlg st van vorige driehoek tesame, draai.
Vlg ry: gl1 aweregsgewys, r tot einde. Herh laaste 2 rye tot daar 2 ste op elke naald is.
Vlg ry: gl1, r2tes, tgso, r1, draai. 2 ste.
Vlg ry: r2tes. Heg af.
3 VISGRAATSERP
Stel 1 st op.
1ste ry: rVa. 2 ste.
2de ry: rVa, aw1. 3 ste.
3de ry: rVa, aw tot einde. 4 ste.
4de ry: rVa, r tot einde. 5 ste.
5de ry: rVa, r tot einde. 6 ste.
6de ry: rVa, aw tot einde. 7 ste. Herh 3de tot 6de ry tot 42 ste op naald. Basisdriehoek is voltooi.
Begin met kort rye soos volg: 1ste ry: rVa, gl1, r1, tgso, draai.
2de ry: aw.
3de ry: rVa, aw1, gl laaste st voor gaping, r vlg st ná gaping, tgso, draai.
4de ry: r.
5de ry: rVa, r tot laaste st voor gaping, gl laaste st voor gaping, r vlg st ná gaping, tgso, draai.
6de ry: aw.
7de ry: rVa, aw tot laaste st voor gaping, gl laaste st voor gaping, r vlg st ná gaping, tgso, draai.
8ste ry: r. Herh 5de tot 8ste ry tot daar 28 ste voor die gaping en 14 ste ná die gaping is. (2/3 en 1/3) Jy is nou weer aan begin van ry.
Vlg ry: rVa, r tot st voor gaping, gl laaste st voor gaping, r vlg st ná gaping, tgso, moenie draai nie maar r13 ste tot einde van ry (derde van ste minus 1), draai. LW. Die volgende deel word herh tot verlangde lengte van serp.
**Gaan voort met rifpatroon van eerste driehoek
1ste ry: rVa, rif 11, gl1, r vlg st van vorige driehoek (saam met rVa is daar weer 14 of 1/3 van totale ste), draai.
2de ry: rif. Gaan so voort tot daar 28 ste voor die gaping is en 14 ste ná die gaping. Jy is nou weer aan begin van ry.
Vlg ry: rVa, rif tot st voor gaping, gl laaste st voor gaping, r vlg st ná gaping, tgso, moenie draai nie maar rif tot einde van ry (derde van ste minus 1), draai. Herh van ** tot verlangde lengte.
Laaste deel Begin soos tevore met rifpatroon, maar net tot jy aan begin van ry is en daar 21 ste op elke naald is.
Gaan soos volg voort: Vlg ry: r2tes, rif tot st voor gaping, r vlg st ná gaping, tgso, draai.
Vlg ry: rif. Herh laaste 2 rye tot laaste 2 ste.
Vlg ry: r2tes. Heg af.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …