Hierdie truitjie is perfek vir ‘n seuntjie of dogtertjie
Afkortings
alt – alternatiewe
aw – aweregs
beg – begin
cm – sentimeter
herh – herhaal
ks – koussteek
mm – millimeter
oorbl – oorblywende
pat – patroon
r – regs
R1O – regs in onderste st
R(V)K – regte(verkeerde) kant
st(e) – steek(steke)
tes – tesame
vermin – verminder
vermeer – vermeerder
vlg – volgende
Benodigdhede
SIRDAR SNUGGLY DK of ELLE DK (50 g-balle) in kleur van joukeuse
- Trui: 2(3;3;4;5;6)balle
- Mus: 1(1;1;1;1;1)bal
- Kombers: 3 balle
- Een paar 3,25 mm- en 4 mmbreinaalde
- Steekhouers
Tensy aanbevole breidraad gebruik word, kan Saprotex nie vir die voltooide produk verantwoordelikheid aanvaar nie.
Mate
Trui: Om borsmaat te pas van: 41(46;51;56;61;66)cm
Ware grootte:
Bors: 46(52;55;61; 66; 72)cm
Volle lengte: 24(28;32;38;42; 48)cm
Moulengte: 15(17;20;24;29; 33)cm
Mus: Om gemiddelde kop in die ouderdomsgroep te pas
Kombersie: 46 x 60 cm Aanwysings word vir die kleinste grootte gegee, met die groter groottes tussen hakies. Waar net een syfer gegee word, geld dit vir al die groottes.
Spanning
Spaar tyd, doen ’n spanningstoets. 22 ste en 36 rye = 10 cm oor patroon met 4 mm-naalde Vir die beste resultate is dit belangrik om die regte spanning te hê. As daar te min steke op die toetslappie is, gebruik dunner naalde; as daar te veel steke op is, gebruik dikker naalde.
TRUI
Agterpant
Met 3,25 mm-naalde en duimmetode stel 58(66;70;78;86;94)ste op.
1ste ry: r2, *aw2, r2, herh van * tot einde.
2de ry: *aw2, r2, herh van * tot laaste 2 ste, aw2. Hierdie twee rye sal nou na verwys word as 2×2-rif. Werk nog 5(5;5;7;7;7)rye in 2×2- rif
Vlg ry: aw4(4;2;3;6;4), aw2tes, (aw6[5;6;5;4;4], aw2tes)6(8;8;10; 12;14)keer, aw4(4;2;3;6;4). 51(57;61;67;73;79)ste.
Met 4 mm-naalde gaan soos volg voort:
1ste ry: r.
2de ry: aw.
3de ry: *r1, aw1, herh van * tot laaste st, r1.
4de ry: *aw1, R1O, herh van * tot laaste st, aw1. Van 1ste tot 4de ry stel pat vas. **
Gaan voort in pat soos vasgestel (deurgaans) tot agterpant 24(28; 32;38;42;48)cm lank is, eindig met VK-ry.
Skouervorming Heg 8(9;9;10;10;12)ste in pat aan begin van vlg 2 rye af. 35(39;43;47;53;55)ste. Heg 9(10;10;10;11;12)ste in pat aan begin van vlg 2 rye af. 17(19;23;27;31;31)ste. Heg oorbl 17(19;23;27;31;31)ste in pat af.
Voorpant
Werk soos gegee vir agterpant tot **. Gaan voort in pat soos vasgestel (deurgaans) tot voorpant 15(19; 23;27;31;36)cm lank is, eindig met VK-ry.
Halsvorming
Vlg ry: pat 17(19;19;20;21;24), draai, laat oorbl 34(38;42;47;52;55) ste op steekhouer. Werk slegs oor hierdie 17(19;19;20; 21;24)ste, gaan soos volg voort: Gaan voort sonder om te vorm tot voorpant 24(28;32;38;42;48)cm lank is, eindig met VK-ry.
Skouervorming Vlg ry: heg 8(9;9;10;10;12)ste in pat af, pat tot einde. 9(10;10;10;11;12)ste.
Vlg ry: pat. Heg oorbl 9(10;10;10;11;12)ste af. Met RKV heg draad aan 34(38;42; 47;52;55)ste en gaan soos volg voort:
Vlg ry: heg 17(19;23;27;31;31)ste in pat af, pat tot einde. 17(19;19;20;21;24)ste. Gaan voort sonder om te vorm tot voorpant 24(28;32;38;42;48)cm lank is, eindig met RK-ry.
Skouervorming Vlg ry: heg 8(9;9;10;10;12)ste in pat af, pat tot einde. 9(10;10;10;11;12)ste.
Vlg ry: pat. Heg oorbl 9(10;10;10;11;12)ste af.
Moue (dieselfde)
Met 3,25 mm-naalde en duimmetode stel 38(38;38;38;42;46)ste op en werk 7(7;7;9;9;9)rye in 2×2-rif.
Vlg ry: aw3(3;4;4;6;4), aw2tes, [aw3[3;5;5;5;4], aw2tes) 6(6;4;4; 4;6)keer, aw3(3;4;4;6;4). 31(31;33;33;37;39)ste. Met 4 mm-naalde gaan soos volg voort: Werk in pat soos gegee vir agterpant (deurgaans), vermeer 1 st aan weersk van 5de en elke vlg 8(6;6;6;8;8)de ry tot 35(45;47;51; 55;53)ste, werk vermeerste in pat.
Vir slegs 1ste, 3de, 4de, 5de en 6de groottes Vermeer 1 st aan weersk van elke vlg 10(8;8;10;10)de ry tot 39(49;53;57;61)ste.
Vir al 6 groottes Gaan voort sonder om te vorm tot mou 15(17;20;24;29;33)cm lank is, of lengte verlang, eindig met VK-ry.
Moutopvorming Werk 4(4;6;6;6;6)rye, vermin 1 st aan weersk van vlg en elke vlg alt ry. 35(41;43;47;51;55)ste. Heg 3(3;4;4;3;4)ste in pat aan begin van vlg 6(2;8;4;2;8)rye af. 17(35;11;31;45;23)ste.
Vir slegs 1ste, 2de, 4de, 5de en 6de groottes Heg 4(4;5;4;5)ste in pat aan begin van vlg 2(6;4;8;2)rye af. 9(11;11;13;13)ste.
Vir al 6 groottes Heg oorbl 9(11;11;11;13;13)ste in pat af.
Kraag
Met 3,25 mm-naalde stel 127(127; 135;143;151;151)ste op.
1ste ry: aw1, (r2, aw2)9(9;10;11;12; 12)keer, (r3, aw2)10 keer, r3, (aw2, r2)9(9;10;11;12;12)keer, aw1.
2de ry: r1, (aw2, r2)9(9;10;11;12; 12)keer, aw3, (r2, aw3)10 keer, (r2, aw2)9(9;10;11;12;12)keer, r1.
3de en 4de rye: soos 1ste en 2de rye.
5de ry: soos 1ste ry.
6de ry: r1, (aw2, r2)9(9;10;11;12; 12)keer, aw2tes, aw1, (r2, aw2tes, aw1)10 keer, (r2, aw2)9(9;10;11; 12;12)keer, r1. 116(116;124;132;140;140)ste.
7de ry: aw1, r2, *aw2, r2, herh van * tot laaste st, aw1.
8ste ry: r1, *aw2, r2, herh van * tot laaste 3 ste, aw2, r1.
7de en 8ste ry stel rif vas. Gaan voort in rif soos vasgestel tot kraag 8(9;10;12;14;14)cm lank is, eindig met 8ste ry. Heg lossies in rif af.
Om te voltooi
Werk skouernate toe. Vou moue lengtegewys in helfte, plaas vou op skouernaat en werk mou in posisie vir ongeveer 10(12;13;14;15;16)cm van bokant van skouer. Werk sy- en mounate toe. Plaas regs oor links vir dogtertjie en links oor regs vir seuntjie, werk syrande van kraag in posisie oor afhegste aan voorkant van nek. Werk afhegrande van kraag in posisie rondom nekrand. Lê trui volgens mate uit, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
MUS
Met 3,25 mm-naalde en duimmetode stel 82(86;90;98;102;106)ste op.
1ste ry: aw2, *r2, aw2, herh van * tot einde.
2de ry: *r2, aw2, herh van * tot laaste 2 ste, r2. Hierdie twee rye sal nou na verwys word as 2×2-rif. Werk in 2×2-rif vir 6 cm, eindig met RK-ry.
Vlg ry: aw10(6;8;12;10;12), aw2tes, (aw8[10;10;10;8;8], aw2tes) 6(6;6;6; 8;8)keer, aw10(6;8;12;10;12). 75(79;83;91;93;97)ste. Met 4 mm-naalde gaan soos volg voort:
1ste ry: r.
2de ry: aw.
3de ry: *r1, aw1, herh van * tot laaste st, r1.
4de ry: *aw1, R1O, herh van * tot laaste st, aw1. Van 1ste tot 4de ry stel pat vas. ** Gaan voort in pat soos vasgestel (deurgaans) tot mus 13(14;14;15; 16;16)cm lank is, eindig met 4de ry van pat.
Vorm bokant van mus 1ste ry: r2, (r3tes, r7)7(7;7;8;8;9) keer, r3tes, r0(4;8;6;8;2). 59(63;67;73;75;77)ste. Werk nog 7 rye sonder om te vorm.
9de ry: r2, (r3tes, r5)6(7;7;8;8;9) keer, r3tes, r6(2;6;4;6;0). 45(47;51;55;57;57)ste. Werk nog 7 rye sonder om te vorm.
17de ry: r2, (r3tes, r3)6(7;7;8;8;8) keer, r3tes, r4(0;4;2;4;4). 31(31;35;37;39;39)ste. Werk nog 3 rye sonder om te vorm.
21ste ry: (r3tes, r1)7(7;8;8;9;9) keer, r3tes, r0(0;0;2;0;0). 15(15;17;19;19;19)ste.
22ste ry: (aw2tes)7(7;8;9;9;9)keer, aw1. 8(8;9;10;10;10)ste. Breek draad af, ryg draad deur oorbl 8(8;9;10;10;10)ste, trek styf en werk vas.
Om te voltooi
Werk naat agter toe, maar werk aan ander kant vir omslaan. Lê mus uit, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …