Hier is Marokkaanse hekelblok #2 se patroon
Kleurgebruik:
Vinnis Colours Nikkim DK (50 g-bolle): Baby Yellow, Kingfisher, Cloud Blue, Green Slate en White
Hekelpen:
3,25 mm
Afkortings en steekverduidelikings:
beg = begin, dies = dieselfde, driesl = drieslagsteek, dsl = dubbelslagsteek, gp = groep, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal, hlb = halflangbeen, kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, ls = lus, rdte = rondte, sp = spasie, st = steek, vlg = volgende.
Drieslagsteek:
- Slaan die draad drie maal oor die pen.
- Steek die pen in die volgende steek.
- Slaan die draad oor die pen en trek die pen deur die eerste lus sodat daar vyf lusse op die pen is.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur twee lusse.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die volgende twee lusse. Herhaal.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die laaste twee lusse op die pen.
Dubbelslagsteek:
- Slaan die draad twee maal oor die pen.
- Steek die pen in die volgende steek.
- Slaan die draad oor die pen en trek die pen deur die eerste lus sodat daar vier lusse op die pen is.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur twee lusse.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die volgende twee lusse.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die laaste twee lusse op die pen.
Patroon:
Met Baby Yellow, hekel 4 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 1 ks, 8 kb in ring, gs in 1ste kb. H/af.
2de rdte: met Green Slate; 5 ks, (1 lb, 2 ks) in elke kb tot einde, gs in 3de van beg-5 ks. H/af.
3de rdte: met Kingfisher; heg aan in 2 ks-sp, 3 ks, 3 lb in dies sp, 1 ks, *4 lb in vlg 2 ks-sp, 1 ks; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks. H/af.
4de rdte: met Cloud Blue; 1 ks, 1 kb in dies st, 1 lb in vlg 2 lb, 1 kb in vlg lb, 2 kb in vlg 1 ks-sp, *1 kb in vlg lb, 1 lb in vlg 2 lb, 1 kb in vlg lb, 2 kb in vlg 1 ks-sp; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
5de rdte: met Green Slate; 1 ks, 1 kb in dies st en in elke st tot einde, gs in beg-kb = 48 kb.
6de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, (1 kb, 3 ks, 1 kb) in vlg kb, *1 kb in vlg kb, (1 kb, 3 ks, 1 kb) in vlg kb; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
7de rdte: met White; heg aan in 3 ks-sp met 1 kb, 5 ks, slaan vlg 3 ks-sp oor, *1 kb in vlg 3 ks-sp, 5 ks, slaan vlg 3 ks-sp oor; herh van * tot einde, gs in beg-kb.
8ste rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 6 kb in vlg 5 ks-sp, 1 kb in vlg kb, (1 kb, 1 hlb, 1 lb, 1 dsl, 1 driesl, picot, 1 dsl, 1 lb, 1 hlb, 1 kb) in vlg 5 ks-sp, *1 kb in vlg kb, (6 kb in vlg 5 ks-sp, 1 kb in vlg kb) 2 keer, (1 kb, 1 hlb, 1 lb, 1 dsl, 1 driesl, picot, 1 dsl, 1 lb, 1 hlb, 1 kb) in vlg 5 ks-sp; herh van * tot einde, eindig met 1 kb vlg kb, 6 kb in vlg 5 ks-sp, gs in beg-kb. H/af.
9de rdte: met Green Slate; 1 ks, 1 kb in dies sp, 1 kb in elke st en (1 kb, 2 ks, 1 kb) in elke hoek-picot tot einde, gs in beg-kb = 26 kb oor elke sy. H/af.
10de rdte: met Cloud Blue; heg aan in 2 ks-hoeksp, 1 ks, (1 kb, 2 ks, 1 kb) in dies sp, slaan 1 kb oor, 1 kb in vlg kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 lb in vlg 3 kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 kb in vlg 8 kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 lb in vlg 3 kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 kb in vlg 2 kb, *(1 kb, 2 ks, 1 kb) in 2 ks-sp, slaan 1 kb oor, 1 kb in vlg kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 lb in vlg 3 kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 kb in vlg 8 kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 lb in vlg 3 kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 kb in vlg 2 kb; herh van * tot einde, gs in beg-kb = 27 ste oor elke sy. H/af.
11de rdte: met White; heg aan in 2 ks-sp, (6 ks, 1 lb) in dies sp, 1 lb in elke st en (1 lb, 3 ks, 1 lb) in elke 2 ks-hoeksp tot einde, gs bo in 3de van beg-6 ks = 29 lb oor elke sy. H/af.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.