Jy kan amper nie ’n fout maak met hierdie ligte truitjie nie en jy kan dit boonop op verskillende maniere dra
CHRISTA SWANEPOEL
BENODIGDHEDE
3 balle ELLE PULLSKEIN DK (100 g) in Sea Shell
4 mm-sirkelnaald
4 mm-hekelnaald 8 knope
MATE
Klein tot medium, maar omdat skouergedeelte verstel kan word, pas dit verskeie groottes
AFKORTINGS
aw – aweregs;
herh – herhaal;
r – regs;
RKV – regte kant voor;
rVa – regs voor en agter in dieselfde st,
st – steek
AANWYSINGS
Skouerstuk
Met 4 mm-naalde ste, stel 20 ste op.
1ste ry (VK): r.
2de ry: aw Herh laaste 2 rye nog 1 keer, dan 1ste ry 1 keer.
6de ry: r5, don, r2tes, r6, r2tes, don, r5.
7de ry: aw.
8ste ry: r.
9de ry: aw.
10de ry: herh 6de ry.
Herh 1ste tot 10de ry tot 460 rye, herh 1ste tot 4de ry en heg af. Brei van hier af die twee voorpante en agterpant apart vir mousgate.
Linkervoorpant
Met RKV en 4 mm-sirkelnaald begin aan lang sy van skouerstuk, tel op en r 32 ste oor eerste 80 ste (16 x 5 riffies).
1ste ry: r.
2de ry: r Dié 2 rye stel rs (reksteek) vas. Gaan voort in rs tot werk van hals af sowat 19 cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry (RK): r tot laaste st, rVa in laaste st.
Vlg ry: r. Herh laaste 2 rye nog 3 keer.
Vlg ry: r. Plaas ste op steekhouer.
Agterpant
Met RKV slaan 75 ste (15 x 5 riffies) oor vir skouer, tel op en r 62 ste (31 x 5 riffies) vir agterpant.
Werk in rs tot hals van begin af sowat 19 cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry: rVA in 1ste st, r tot laaste st, rVa in laaste st.
Vlg ry: r. Herh laaste 2 rye nog 3 keer.
Vlg ry: r. Plaas ste op steekhouer.
Regtervoorpant
Met RKV, slaan 75 ste (15 x 5 riffies) oor vir skouer, tel op en r 32 ste oor laaste 80 ste (16 x 5 riffies)
Gaan voort in rs tot werk van hals af sowat 19 cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry: rVA in 1ste st, r tot einde.
Vlg ry: r. Herh laaste 2 rye nog 3 keer.
Vlg ry: r.
Vlg ry (lasry): r oor regtervoorpant, stel 8 ste op vir deel onder arm, r oor agterpant, stel 8 ste op vir onder arm, r tot einde.
Werk in rs oor al die ste tot deel van onder arm af sowat 16 cm lank is vir kort trui, of lengte verlang, eindig met VK-ry.
Gaan voort met 1×1-rif vir 10 rye, heg in rif af.
Voorste rande
Regtervoorrand
Met RKV en 4 mm-naalde tel op en r 79 ste oor voorste rand.
Werk in 1×1-rif vir 3 rye.
Vlg ry: rif 3, don, r2tes, (r8, don, r2tes) 7 keer, rif tot einde. Werk in rif vir 3 rye. Heg in rif af.
Linkervoorrand
Werk soos linkervoorpant, maar laat knoopsgate weg.
Koorde (maak 2) Met 4 mm-hekelnaald, maak ’n ry ks van ongeveer 125 cm, steek naald in agterste lus van 2de ks van naald af en werk ’n ry gs in agterste lusse van ks tot einde.
OM TE VOLTOOI
1. Werk knope aan.
2. Ryg koorde deur gaatjies in skouerstuk.
3. Lê plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word.
4. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
SOURCES
Elmarie Knapton
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …