Met jou oorskietwol kan jy vir jou die mooiste kussingoortreksels optower
Deur CHRISTA SWANEPOEL Foto Elmarie Knapton
Moeilikheidsgraad : *
Wat het jy nodig?
- Enige Chunky-breidraad van jou keuse.
- Vir die projek is 1 bal elk ELLE CHUNKY in Lily, Soft Lilac, Blossom, Amethyst, Phlox en Glamour gebruik en een ekstra bal in kleur van jou keuse vir die agterkant
- 5 ,5 mm- Tunisiese hekelnaald of gewone hekelnaald
- 5 ,5 mm-breinaalde vir kussing se agterkant
- Gekoopte kussing van sowat 40 cm x 40 cm
Afkortings
ks – kettingsteek; ls(e) – lus (lusse); rs – reksteek; sdop – slaan draad om pen
Aanwysings
TUNISIESE HEKELWERK Maak 5 ks soos wat jy met gewone hekelnaald sou doen.
1ste ry: steek hekelnaald in agterste ls van 2de ks, sdop en trek ls deur ketting (2 lse op naald). Steek naald in agterste ls van 3de ks, sdop en trek deur (3 lse). Herh tot aan einde van ry. 5 lse.
2de ry: moenie draai nie, sdop en trek deur 1ste ls op naald, sdop en trek deur vlg 2 lse op naald, hekel van links na regs en trek draad elke keer deur twee lse totdat jy net 1 ls op naald het.
3de ry: slaan 1ste vertikale balkie onder naald oor, steek naald van regs na links onder 2de vertikale balkie, sdop en trek deur om ls op naald te maak (2 lse). Steek naald van regs na links deur 2de balkie, sdop en trek deur (3 lse op naald). Herh tot einde. 5 lse. Moenie draai nie. Herh 2de en 3de ry.
KUSSINGVOORKANT Hekel of brei jou stroke soos bo beskryf in keure soos volg: Lily – 4 cm Soft Lilac – 4 cm, 16 cm, 24 cm, 36 cm Blossom – 8 cm, 16 cm, 28 cm, 36 cm Amathyst – 8 cm, 20 cm, 28 cm, 40 cm Phlox – 12 cm, 20 cm, 32 cm, 40 cm Glamour – 12 cm, 24 cm, 32 cm, 40 cm
KUSSINGAGTERKANT Stel 60 ste op en werk in rs tot werk 40 cm lank is. Heg af.
Om te voltooi
Werk stroke aanmekaar soos op foto. Met regte kante opmekaar werk voor- en agterkant oor drie sye aanmekaar. Keer om na regte kant, sit kussing in en werk vierde sy netjies toe.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …