Kies ’n kleur wat by jou dekor pas en brei vir jou ’n paar knus kussingoortreksels vir jou bank
CHRISTA SWANEPOEL
Wat het jy nodig?
6 balle ELLE FAMILY KNIT CHUNKY in Beige
5,5 mm-naalde
5 knope kabelnaald gekoopte strooikussing
Mate
Die patroon is vir ’n kussing van 50 cm x 50 cm. Om oortreksel vir jou grootte kussing te bepaal, meet die kussing wat jy wil oortrek. Brei ’n toetslappie in die kabelpatroon om te bepaal hoeveel steke jy vir jou kussing moet opstel. Dit werk ongeveer 18 ste oor 10 cm uit.
Afkortings
aw – aweregs;
K6A – gl 3 ste na agter op kn, r3, dan r3 van kn;
K6L – gl 3 st op kn na voor, aw3, aw3 van kn;
r – regs
Patroonsteek
Oor veelvoud van 12 ste
1ste en 3de ry (RK): r.
2de en 4de ry: aw.
5de ry: *K6A, r6, herh van * tot einde.
6de en 8ste ry: aw.
7de en 9de ry: r.
10de ry (VK): *K6L, aw6, herh van * tot einde. Herh 1ste tot 10de ry.
Aanwysings
Met 5,5 mm-naalde stel 84 ste op. 1ste ry: *r2, aw2, herh van * tot einde. 2de ry: *r2, aw2, herh van * tot einde.
Hierdie 2 rye stel 2×2-rif vas.
Werk in 2×2-rif vir sowat 4 cm, eindig met VK-ry.
Met 5,5 mm-naalde begin met 1ste ry van patroonsteek en gaan voort in pat vir 100 cm, eindig met VK-ry.
Gaan voort met 2×2-rif vir 1,5 cm en maak 5 knoopsgate soos volg: rif 13, heg 2 ste af, *rif 12, heg 2 ste af, herh van * nog 4 keer, rif tot einde.
Vlg ry: rif en tel 2 ste op oor afhegste.
Werk in rif tot rif 4 cm lank is.
Heg af.
Om te voltooi
Lê werk plat neer met regte kant bo.
Vou kort kant met knoopsgate sowat 20 cm na voor om.
Vou ander kort kant sodat rifgedeeltes op mekaar lê.
Werk twee sykante toe.
Keer na regte kant om.
Werk knope teenoor knoopsgate aan.
Sit kussing binne en knoop toe.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …