Hekel saam met Vrouekeur en Elle Yarns oulike hekelblokkies. Hier is hekelblokkie 8 se patroon
Click here for the English pattern
Klik hier vir hekelblokkie 7 se patroon
Belangrik
- Tensy aanbevole breidraad gebruik word, kan SAPROTEX nie verantwoordelikheid vir die eindproduk aanvaar nie.
- Weens beperkings in die drukproses word die kleurreproduksie so na aan die breidraad as moontlik weergegee.
- Die aanwysings is slegs vir een grootte.
Wat het jy nodig?
ELLE FAMILY KNIT VINTAGE DK (100 g)
4 kleure van jou keuse
Ons het Porcelain 105, Cantaloupe 229, Sunkist Coral 242 en Marsala 218 gebruik
4 mm-hekelnaald
Mate
± 27 cm x 27 cm
Spanning
Dis nie noodsaaklik nie, solank al die vierkante met dieselfde spanning gebrei word, behoort almal min of meer dieselfde grootte te wees.
Afkortings
alb – agterom-langbeen
beg – begin
dies – dieselfde
don – draad om naald
driesl – drieslagsteek
gs – glipsteek
herh – herhaal
hlb – halwe langbeen
ks – kettingsteek
ks-sp – kettingsteekspasie
lb – langbeen
rdte – rondte
st(e) – steek (steke)
tes – tesame
vhlb – voorom- halwe langbeen
Spesiale steke
alb – don, steek die hekelnaald van agter om balkie van lb en voltooi lb soos gewoonlik
dubbelbobbel – (don, steek hekelnaald in aangeduide steek en trek lus deur) 2 keer, (don, stek hekelnaald in in vlg aangeduide steek en trek lus deur) 2 keer, don en rek deur al die lusse behalwe laaste een, don en trek deur laaste lusse.
Vhlb – don, steek hekelnaald in voorkant van steek se stammetjie en voltooi hlb soos gewoonlik
Springmielie – werk 4 lb in aangeduide plek, haal naald uit en steek naald in eerste lb en lus wat laat val is, don en trek deur al die lusse op die naald
(LET WEL: vir springmielie aan beg van rdte, werk 3 ks, 3 lb in aangeduide plek, haal naald uit en steek in 3de ks en lus wat laat val is, don en trek deur al die lusse op die naald
Kleurverandering
(#) dui aan wanneer draad geknip en kleur verander moet word.
Verander kleur netjies voor jy die laaste gs hekel en verbind rondtes deur naald in aangeduide steek te steek, gebruik dan nuwe kleur, don en trek nuwe kleur se lus deur
Aanwysings
Met 4 mm-hekelnaald en Porcelain, begin met verstelbare ring (magic ring).
1ste rdte: 3 ks, (= 1 lb), 11 lb in ring, (#) gs in 3de ks aan beg = 12 lb.
2de rdte: met Cantaloupe, 3 ks (= 1 lb), 1 alb rondom 3 ks van 1ste rdte, (1 lb in vlg lb, 1 alb rondom dies lb) rondom, (#) gs in 3de ks aan beg = 24 lb.
3de rdte: met Sunkist Coral, 3 ks (= 1 lb), 1 lb in vlg lb, 1 alb rondom dies lb, *1 lb in elk van vlg 2 lb, 1 alb rondom laaste lb, herh van * rondom, (#) gs in 3de ks aan beg = 36 lb. Heg af.
4de rdte: met Marsala, gs in eerste alb, springmielie in dies st, (3 ks, springmielie in vlg alb) rondom, 3 ks, (#) gs in eerste springmielie.
5de rdte: met Porcelain, 6 kb in elke 3ks-sp rondom, gs in eerste en (#) vlg kb = 72 kb.
6de rdte: met Cantaloupe, gs in vlg kb, 3 ks, (= 1 lb), 1 lb in vlg kb, *4 ks, slaan 4 kb oor, 1 lb in elk van vlg 2 kb, herh van * rondom, eindig met 4 ks, (#) gs in 3de ks aan beg.
7de rdte: met Porcelain, 3 ks, *werk oor 4ks-lus, slaan 1 kb oor, 1 lb in elk van vlg 2 kb van 5de rdte**, 4 ks, slaan 2 lb van 6de rdte oor, herh van * rondom en eindig by **, 1 ks, (#) gs in gs van 6de rdte.
8ste rdte: met Cantaloupe, 3 ks (= 1 lb), werk oor die 4ks-lus, 1 lb in dies plek as 3 ks, 2 lb in vlg lb van 6de rdte, (3 ks, 2 lb in elk van vlg 2 lb van 6de rdte) rondom, 3 ks, gs in 3de ks aan beg.
9de rdte: 3 ks (= 1 lb), 1 lb in dies plek as 3 ks, *1 lb in vlg lb, 2 ks, 1 lb in vlg lb, 2 lb in vlg lb**, slaan 3 ks oor, 2 lb in vlg lb, herh van * rondom, eindig by **, gs in bokant van 3 ks. Heg af.
10de rdte: met Sunkist Coral, gs in enige 2ks-sp, 4 ks (= 1 driesl), 7 driesl in dies ks-sp, *slaan 2 lb oor, 1 kb in elk van vlg 2 lb, 8 driesl in vlg 2ks-sp, herh van * rondom, eindig met 1 kb in laaste lb en 1 kb in 3de ks van 9de rdte, (#) gs in 4de ks aan beg.
11de rdte: met Porcelain, 1 ks (nie steek nie), 1 vhlb rondom 4 ks en elk van vlg 7 driesl, (1 ks, 1 vhlb rondom elk van vlg 8 driesl) rondom, eindig met 1 ks, MOENIE met gs verbind nie.
12de rdte: 1 kb in elk van vlg 7 vhlb, *3 lb in 1ks-sp, slaan 1 st oor, 1 lb in elk van vlg 2 ste, 3 ks, slaan 2 ste oor, 1 lb in elk van vlg 2 ste, 3 lb in vlg 1ks-sp, slaan 1 st oor, 1 kb in elk van vlg 7 vhlb, 1 hlb in 1 ks-sp**, 1 kb in elk van vlg 7 vhlb, herh van * rondom, eindig by **, (#) gs in eerste kb.
13de rdte: met Marsala, 1 ks (= 1 kb), 1 kb in elk van vlg 6 kb, *1 alb rondom elk van vlg 3 lb, 11 lb in 3ks-sp, slaan 2 lb oor, 1 alb rondom elk van vlg 3 lb**, 1 kb in elk van vlg 15 ste, herh van * rondom, eindig by **, 1 kb in elk van vlg 8 ste, (#) gs in ks aan beg.
14de rdte: met Porcelain, 1 ks (= 1 kb), 1 kb in elk van vlg 9 ste, *5 ks, werk agter blaartjie, maak dubbelbobbel in die 2 oorgeslaande hlb van 11de rdte, 5 ks, slaan oorbl lb van blaartjie oor**, 1 kb in elk van vlg 21 ste, herh van * rondom, eindig by **, 1 kb in elk van vlg 11 kb, gs in ks aan beg.
15de rdte: 1 ks (= 1 kb), 1 kb in elk van vlg 9 kb, *1 kb in elk van eerste 2 ks van 5ks-ls, 1 ks, (1 driesl, 1 ks) 7 keer in dubbelbobbel, slaan 3 ks van 5ks-ls oor, 1 kb in elk van vlg 2 ks**, 1 kb in elk van vlg 21 kb, herh van * rondom, eindig by **, 1 kb in elk van vlg 11 kb, gs in ks aan beg.
16de rdte: 1 ks (= 1 kb), 1 kb in elk van vlg 11 kb, *1 kb in 1 ks-sp, slaan die ks oor, werk 1 kb in elk van vlg 3 dreisl, 3 kb in vlg driesl, 1 kb in elk van vlg 3 driesl, 1 kb in 1ks-sp,**, 1 kb in elk van vlg 25 kb, herh van * rondom, eindig by **, 1 kb in elk van vlg 13 kb, gs in ks aan beg = 35 kb oor elke sy tussen hoekste. Heg af.
Werk al die los drade weg. Blok volgens grootte, bedek met klam lap en laat om droog te word.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.