Hekel saam met Vrouekeur en Elle Yarns oulike hekelblokkies. Hier is hekelblokkie 7 se patroon
Click here for the English pattern
Klik hier vir hekelblokkie 6 se patroon
Belangrik
- Tensy aanbevole breidraad gebruik word, kan SAPROTEX nie verantwoordelikheid vir die eindproduk aanvaar nie.
- Weens beperkings in die drukproses word die kleurreproduksie so na aan die breidraad as moontlik weergegee.
- Die aanwysings is slegs vir een grootte.
Wat het jy nodig?
- ELLE FAMILY KNIT VINTAGE DK (100 g)
- 4 kleure van jou keuse
- Ons het Porcelain 105, Cantaloupe 229, Sunkist Coral 242 en Marsala 218
- 4 mm-hekelnaald
Mate
± 27 cm x 27 cm
Spanning
Dis nie noodsaaklik nie, solank al die vierkante met dieselfde spanning gebrei word, behoort almal min of meer dieselfde grootte te wees.
Afkortings
alb – agterom-langbeen
beg – begin
don – draad om naald
driesl – drieslagsteek
gs – glipsteek
herh – herhaal
hlb – halwe langbeen
ks – kettingsteek
ks-sp – kettingsteekspasie
lb – langbeen
rdte – rondte
st(e) – steek (steke)
tes – tesame
Spesiale steke
alb – don, steek die hekelnaald van agter om balkie van lb en voltooi lb soos gewoonlik
bobbel – (don, steek hekelnaald in aangeduide steek en trek lus deur) 3 keer = 7 lusse op naald, don en trek deur 6 lusse, don en trek deur laaste 2 lusse.
Kleurverandering
(#) dui aan wanneer draad geknip en kleur verander moet word.
Verander kleur netjies voor jy die laaste gs hekel en verbind rondtes deur naald in aangeduide steek te steek, gebruik dan nuwe kleur, don en trek nuwe kleur se lus deur
Aanwysings
Met 4 mm-hekelnaald en Porcelain, beg met verstelbare ring (magic ring).
1ste rdte: 3 ks (= 1 lb), 11 lb in ring, (#) gs in 3de ks aan beg = 12 lb.
2de rdte: met Cantaloupe, 3 ks (= 1 lb) 1 alb rondom 3 ks van 1ste rdte, (1 lb in vlg lb, 1 alb rondom dies lb) rondom, (#) gs in 3de ks aan beg = 24 lb.
3de rdte: met Sunkist Coral, 3 ks (= lb), 1 lb in vlg lb, 1 alb rondom dies lb, *1 lb in elk van vlg 2 lb, 1 adl rondom laaste lb, herh van * rondom, (#) gs in 3de ks aan beg = 36 lb.
4de rdte: met Marsala, 3 ks (= 1 lb), 1 lb in elk van die vlg 2 lb, 1 adl rondom laaste lb, *1 lb in elk van vlg 3 lb, 1 adl rondom laaste lb, herh van * rondom, (#) gs in 3de ks aan beg = 48 lb.
5de rdte: met Porcelain, 1 ks (nie ‘n st nie), 1 kb in selfde plek as gs, 1 kb in elke st rondom, moenie in 1ste kb gs nie.
6de rdte: met Cantaloupe, (1 kb in elk van vlg 5 kb, 5 ks, slaan 1 kb oor) rondom, gs in kb aan beg = 8 ks-sp.
7de rdte: gs in vlg 2 kb, *12 lb in 5ks-sp, gs in 3de van 5 kb, herh van * rondom, met laaste gs in 1ste lb. Heg af.
8ste rdte: met Porcelain, gs in agterkant van 3de lb regs van gs, *5 ks, gs in agterkant van 3de lb van vlg blaartjie, 4 ks, werk agter blaartjiebobbel in oorgeslaande kb van 5de rdte, 4 ks**, gs in agterkant van 3de laaste lb van dies blaartjie, herh van * rondom einde by **, (#) gs in eerste van 5 ks.
9de rdte: met Sunkist Coral, gs in 5ks-sp, 3 ks (= 1 lb), 10 lb in dies ks-sp, (1 lb in bokant van bobbel, 11 lb in 5ks-sp) rondom, 1 lb in bokant van bobbel, gs in bokant van 3 ks. Heg af.
10de rdte: met Porcelain, gs in 7de lb van enige blaartjie van 7de rdte, *5 ks, (1 lb, 1 ks, 1 lb, 1 ks, 1 lb) in 6de lb van 9de rdte se blaartjie, 5 ks, kb2tes in 6de en 7de lb van blaartjie van 7de rdte, herh van * rondom, eindig met kb2tes in 6de lb en selfde lb as gs aan beg van rdte (#).
11de rdte: met Cantaloupe, gs in eerste ks, 3 ks (= 1 lb). *1 lb in elk van vlg 4 ks, (1 alb rondom vlg lb, 1 lb in ks) twee keer, 1 alb rondom vlg lb, 1 lb in elk van vlg 4 ks**, lb2tes deur eerste been in vlg ks te werk, slaan kb-tes oor en werk 2de been in vlg ks, herh van * rondom en eindig by **, don, steek naald in vlg ks en trek lus deur, don en trek deur 2 lusse op naald, steek naald in bokant van 3 ks, don en trek deur al die lusse op naald (#).
12de rdte: met Porcelain, 1 ks (= 1 kb), 1 kb in elke st rondom, (#) gs in ks aan beg = 112 kb.
13de rdte: met Marsala, 1 ks (= 1 kb), 1 kb in elk van vlg 8 kb, *1 ks, 1 lb in elk van vlg 4 kb, 3 ks, slaan 3 kb oor, 1 lb in elk van vlg 4 kb, 1 ks**, 1 kb in elk van vlg 17 kb, herh van * rondom, eindig by **, 1 kb in elk van vlg 8 kb, (#) gs in ks aan beg.
14de rdte: 1 ks (= 1 kb), 1 kb in elk van vlg 8 kb, *1 kb in 1ks-sp, 2 ks, slaan 3 lb oor, 1 lb in vlg lb, 9 lb in 3ks-sp, 1 lb in vlg lb, 2 ks, 1kb in 1ks-sp**, 1 kb in elk van vlg 17 kb, herh van * rondom, eindig by **, 1 kb in elk van vlg 8 kb, (#) gs in ks in beg.
15de rdte: met Porcelain, 1 ks (= 1 kb), 1 kb in elk van vlg 9 kb, *2 kb in 2ks-sp, 5 ks, werk agter blaartjie-bobbel in middelste kb van 12de rdte wat oorgeslaan is, 5 ks, slaan lb van blaartjie oor, 2 kb in 2ks-sp**, 1 kb in elk van vlg 19 kb, herh van * rondom, eindig by **, 1 kb in elk van vlg 9 kb, gs in ks aan beg.
16de rdte: 1 ks (= 1 kb), 1 kb in elk van vlg 11 kb, *2 ks, werk agter blaartjie [(1 driesl, 1 ks) 6 keer, 1 driesl] in bobbel, 2 ks**, 1 kb in elk van vlg 23 kb, herh van * rondom, eindig by **, 1 kb in elk van vlg 11 kb, gs in ks aan beg.
17de rdte: 1 ks (= 1 kb), 1 kb in elk van vlg 11 kb, *2 kb in 2ks-sp, slaan die ks oor, 1 kb in elk van vlg 3 driesl, 3 kb in vlg driesl, 3 kb in vlg driesl, 1 kb in elk van vlg 3 driesl, 2 kb in 2ks-sp**, 1 kb in elk van vlg 23 kb, herh van * rondom, eindig by **, 1 kb in elk van vlg 11 kb, gs in ks aan beg = 35 kb langs elke sy tussen hoek-st. Heg af.
Maak dit klaar
Werk al die los drade weg. Blok volgens grootte, bedek met klam lap en laat om droog te word.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.