Hekel saam met Vrouekeur en Elle Yarns oulike hekelblokkies. Hier is hekelblokkie 5 se patroon
Click here for the English pattern
Klik hier vir hekelblokkie 4 se patroon
Belangrik
- Tensy aanbevole breidraad gebruik word, kan SAPROTEX nie verantwoordelikheid vir die eindproduk aanvaar nie.
- Weens beperkings in die drukproses word die kleurreproduksie so na aan die breidraad as moontlik weergegee.
- Die aanwysings is slegs vir een grootte.
Wat het jy nodig?
ELLE FAMILY KNIT VINTAGE DK (100 g)
Kleur van jou keuse
Ons het 26 g Sunkist Coral 242 gebruik
4 mm-hekelnaald
Mate
± 27 cm x 27 cm
Spanning
Dis nie noodsaaklik nie, solank al die vierkante met dieselfde spanning gebrei word, behoort almal min of meer dieselfde grootte te wees.
Afkortings
alb – agterom-langbeen
beg – begin
don – draad om naald
driesl – drieslagsteek
gs – glipsteek
herh – herhaal
hlb – halwe langbeen
ks – kettingsteek
ks-sp – kettingsteekspasie
lb – langbeen
rdte – rondte
st(e) – steek (steke)
tes – tesame
Spesiale steek
alb – don, steek die hekelnaald agter om balkie van lb en voltooi lb soos gewoonlik
bobbel – (don, steek hekelnaald in aangeduide steek en trek lus deur) 3 keer = 7 lusse op naald, don en trek deur 6 lusse, don en trek deur laaste 2 lusse.
Aanwysings
Met 4 mm-hekelnaald maak verstelbare ring (magic ring).
1ste rdte: 1 ks (tel nie as st nie), 12 kb in ring, gs in 1ste kb.
2de rdte: 6 ks (= 1 lb en 3 ks), *1 lb in vlg kb, 2 lb in vlg kb, 3 ks, 1 lb in vlg kb, 3 ks, herh van * nog 2 keer, 1 lb in vlg kb, 2 lb in vlg kb, 3 ks, gs in 3de ks aan beg.
3de rdte: 1 ks (= 1 kb), *1 kb in elke ks, 1 kb in vlg lb, 3 ks, slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg lb, 1 kb in elke ks**, 1 kb in vlg lb, herh van * rondom en eindig by **, gs in begin-ks.
4de rdte: 6 ks (= 1 lb en 3 ks), *7 lb in 3ks-sp, 3 ks, slaan 4 kb oor, 1 lb in vlg kb, 3 ks, herh van * nog 2 keer, 7 lb in 3ks-sp, 3 ks, gs in 3de ks aan beg.
5de rdte: 1 ks (= 1 kb), 1 kb in elke ks en 1 kb in elke lb rondom, gs in ks aan beg.
6de rdte: 7 ks (= 1 lb en 4 ks), *slaan 3 kb oor, 2 lb in vlg kb, 1 lb in elk van vlg 5 kb, 2 lb in vlg kb, 4 ks**, slaan 3 kb oor, 1 lb in vlg kb, 4 ks, herh van * rondom en eindig by **, gs in 3de ks aan beg.
7de rdte: soos 5de rdte = 72 kb.
8ste rdte: 8 ks (= 1 lb en 5 ks), *slaan 4 kb oor, 2 lb in vlg kb, 1 lb in elk van vlg 7 kb, 2 lb in vlg kb, 5 ks**, slaan 4 kb oor, 1 lb in vlg kb, 5 ks, herh van * rondom en eindig by **, gs in 3de ks aan beg.
9de rdte: soos 5de rdte = 88 kb.
10de rdte: 3 ks (= 1 lb), 1 lb in elk van vlg 5 kb, *3 ks, 1 driesl in elk van vlg 5 kb, 3 ks, slaan 1 kb oor, 1 driesl in elk van vlg 5 kb, 3 ks**, 1 lb in elk van vlg 11 kb, herh van * rondom en eindig by **, 1 lb in elk van vlg 5 kb, gs in 3de ks aan beg.
11de rdte: 3 ks (= 1 lb), (1 alb rondom vlg lb, 1 lb in vlg lb) 2 keer, 1 alb rondom vlg lb, *(7 lb in 3ks-sp, 1 kb in 3de driesl) 2 keer, 7 lb in vlg 3ks-sp**, (1 alb rondom vlg lb, 1 lb in vlg lb) 5 keer, 1 alb rondom vlg lb, herh van * rondom en eindig by **, (1 alb rondom vlg lb, 1 lb in vlg lb) 2 keer, 1 alb rondom laaste lb, gs in 3de ks aan beg.
12de rdte: gs in vlg lb, 3 ks (= 1 lb), (1 alb rondom vlg lb, 1 lb in vlg lb) 2 keer, *3 ks, slaan 3 ks oor, 1 kb in vlg lb, 7 driesl in kb, slaan 3 lb van vlg blaartjie oor, bobbel in vlg lb, 7 driesl in vlg kb, slaan 3 lb van vlg blaartjie oor, 1 kb in vlg lb, 3 ks, (1 lb in vlg lb, 1 alb rondom vlg lb) 5 keer, 1 lb in vlg lb, herh van * rondom eindig by **, (1 lb in vlg lb, 1 alb rondom vlg lb) 2 keer, 1 lb in vlg lb, 1 alb rondom 3 ks, gs in 3de ks aan beg.
13de rdte: gs in vlg lb, 3 ks (= 1 lb), 1 alb rondom vlg lb, 1 lb in vlg lb, 1 alb rondom vlg lb, *1 hlb in elk van vlg 3 ks, 1 hlb in kb, 1 hlb in elk van vlg 4 lb, 1 ks, (1 driesl, 1 ks) 7 keer in bobbel, slaan 3 lb van vlg blaartjie oor, 1 hlb in elk van vlg 4 lb, 1 hlb in kb, 1 hlb in elk van vlg 3 ks**, (1 alb rondom vlg lb, 1 lb in vlg lb) 5 keer, 1 alb rondom vlg lb, herh van * rondom, eindig by **, (1 alb rondom vlg lb, 1 lb in vlg lb) 3 keer, 1 alb rondom 3 ks, gs in 3de ks aan beg.
14de rdte: 1 ks (= 1 kb), 1 kb in elk van vlg 2 ste, kb2tes, 1 kb in elk van vlg 7 ste, *1 kb in 1ks-sp, slaan ks oor, 1 kb in elk van vlg 3 driesl, 3 kb in vlg driesl, 1 kb in elk van vlg 3 driesl, 1 kb in 1ks-sp**, 1 kb in elk van vlg 7 ste, kb2tes, 1 kb in elk van vlg 9 ste, kb2tes, 1 kb in elk van vlg 7 ste, herh van * rondom, eindig by **, 1 kb in elk van vlg 7 ste, kb2tes, 1 kb in elk van vlg 6 ste, gs in ks aan beg = 35 kb oor elke sy tussen hoeksteke. Heg af.
Werk los drade weg, Blok volgens grootte, bedek met klam lap en laat om droog te word.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.