Hekel saam met Vrouekeur en Elle Yarns oulike hekelblokkies. Hier is hekelblokkie 12 se patroon
Click here for the English pattern
Klik hier vir hekelblokkie 11 se patroon
Belangrik
- Tensy aanbevole breidraad gebruik word, kan SAPROTEX nie verantwoordelikheid vir die eindproduk aanvaar nie.
- Weens beperkings in die drukproses word die kleurreproduksie so na aan die breidraad as moontlik weergegee.
- Die aanwysings is slegs vir een grootte.
Wat het jy nodig?
- ELLE FAMILY KNIT VINTAGE DK (100 g)
- 4 kleure van jou keuse
- Ons het Sterling Silver 211, French Grey 251, Cameo 228 en Cedar Green 224 gebruik
- 4 mm-hekelnaald
Mate
± 27 cm x 27 cm
Spanning
Dis nie noodsaaklik nie, solank al die vierkante met dieselfde spanning gebrei word, behoort almal min of meer dieselfde grootte te wees.
Afkortings
beg – begin
dies – dieselfde
don – draad om naald
driesl – drieslag
gs – glipsteek
herh – herhaal
hlb – halwe langbeen
ks – kettingsteek
ks-sp – kettingsteekspasie
lb(e) – langbeen (langbene)
rdte – rondte
st(e) – steek (steke)
tes – tesame
viersl – vierslag
vg – visgraatsteek
Spesiale steek
vg (visgraat) – don, steek hekelnaald in aangeduide steek, trek lus deur en trek deur eerste lus op hekelnaald, don en trek deur twee lusse op hekelnaald
Kleurverandering
(#) dui aan wanneer draad geknip en kleur verander moet word.
Verander kleur netjies voor jy die laaste gs hekel en verbind rondtes deur naald in aangeduide steek te steek, gebruik dan nuwe kleur, don en trek nuwe kleur se lus deur
Aanwysings
Met 4 mm-naald em Sterling Silver, beg met verstelbare ring (magic ring)
1ste rdte: 1 ks (nie ‘n st nie), 8 vg in ring, gs in 1 ks.
2de rdte: 2 vg in elke st rondom, (#) gs in 1ste vg = 16 vg.
3de rdte: met French Grey, 2 ks (= 1 hlb), 1 hlb in elke st rondom, (#) gs in 2de ks aan beg = 16 hlb.
4de rdte: met Cameo, 3 ks (= 1 lb), 1 lb in dies plek, 2 lb in elke st rondom, gs in 3de ks aan beg (#) = 32 lb.
5de rdte: met Cedar Green, gs in vlg lb, 3 ks (= 1 lb), 1 lb in dies plek, (1 ks, slaan 1 lb oor, 2 lb in vlg lb) rondom, 1 ks, (#) gs in 3de ks aan beg = 32 lb en 16 1ks-sp.
6de rdte: met Sterling Silver, 3 ks (= 1 lb), 1 lb in vlg lb, 1 lb in 1ks-sp, 1 lb in elk van vlg 2 lb, *5 ks, 1 lb in 1ks-sp, 1 lb in elk van vlg 2 lb, 1 lb in 1ks-sp, 1 lb in elk van vlg 2 lb, herh van * rondom, 5 ks, 1 lb in laaste 1ks-sp, (#) gs in 3de ks aan beg.
7de rdte: met French Grey, 3 ks (= 1 lb), 1 lb in elk van vlg 3 lb, *(1 lb, 6 ks, 1 lb) in 5ks-sp, slaan 1 lb oor, 1 lb in elk van vlg 4 lb, herh van * rondom, eindig met (1 lb, 6 ks, 1 lb) in laaste 5ks-sp, gs in 3de ks aan beg. Heg af.
8ste rdte: Met Cameo, gs in eerste lb wat in 5ks-lus gewerk is, 3 ks (= 1 lb), *(5 lb, 3 ks, 5 lb) in 6ks-sp, 1 lb in vlg lb, slaan 4 lb oor, 1 lb in vlg lb, herh van * rondom, eindig met (5 lb, 3 ks, 5 lb) in laaste 6ks-sp, 1 lb in vlg lb, gs in 3de ks aan beg. Heg af.
9de rdte: Met Cedar Green en werk in voorkant van 8ste rdte, gs in eerste oorgeslaande lb van 7de rdte, 3 ks (= 1 lb), lb3tes in oorgeslaande lb van 7de rdte, *3 ks, slaan 4 lb van 8ste rdte se blaartjie oor, 1 kb in elk van vlg 2 lb, 3 kb in 3ks-sp, 1 kb in elk van vlg 2 lb, 3 ks**, lb4tes in oorgeslaande lb van 7de rdte, herh van * rondom eindig by **, gs in eerste lb-tes.
10de rdte: 3 ks (= 1 lb), 3 lb in dies lb-tes, *4 ks, slaan 3 kb oor, 1 kb in vlg kb, 4 ks**, 4 lb in vlg lb-tes, herh van * rondom, eindig by **, (#) gs in 3de ks aan beg.
11de rdte: met Sterling Silver, 1 ks (nie ‘n st nie), 1 kb in dies plek, 1 kb in elke st rondom, (#) gs in eerste kb = 104 kb.
12de rdte: met French Grey, 1 ks (nie ‘n st nie), 1 kb in dies plek, 1 kb in elk van vlg 14 kb, *8 ks, gs in laaste kb wat gemaak is, 1 kb in elk van vlg 26 kb, herh van * nog twee keer, 8 ks, gs in laaste kb wat gemaak is, 1 kb in elk van vlg 11 kb, gs in eerste kb.
13de rdte: 1 ks (nie ‘n st nie), 1 kb in dies plek, 1 kb in elk van vlg 9 kb, *(2 viersl, 2 driesl, 3 lb, 3 ks, 3 lb, 2 driesl, 2 viersl) in 8ks-lus, slaan 5 kb oor, 1 kb in elk van vlg 16 kb, herh van * nog twee keer, (2 viersl, 2 driesl, 3 lb, 3 ks, 3 lb, 2 driesl, 2 viersl) in 8ks-lus, slaan 5 kb oor, 1 kb in elk van vlg 6 kb, (#) gs in eerste kb.
14de rdte: met Sterling Silver, 1 ks (nie ‘n st nie), 1 kb in dies plek, *1 kb in elke st tot by 3ks-sp in hoek, 3 kb in 3ks-sp, herh van * rondom, eindig met gs in eerste kb = 132 kb.
15de rdte: 5 ks (= 1 lb en 2 ks), (slaan 2 kb oor, 1 lb in vlg kb, 2 ks) 5 keer, slaan 2 kb oor, *3 lb in vlg kb, (2 ks, slaan 2 kb oor, 1 lb in vlg kb) 10 keer, 2 ks, slaan 2 kb oor, herh van * nog twee keer, 3 kb in vlg kb, (2 ks, slaan 2 kb oor, 1 lb in vlg kb) 4 keer, 2 ks, gs in 3de ks aan beg.
16de rdte: 2 ks (= 1 vg), (1 vg in elk van vlg 2 ks, 1 vg in vlg lb) 6 keer, *3 vg in vlg lb, (1 vg in vlg lb, 1 vg in elk van vlg 2 ks) 11 keer, 1 vg in vlg lb, herh van * nog twee keer, 3 vg in vlg lb, (1 vg in vlg lb, 1 vg in elk van vlg 2 ks) 5 keer, gs in 2de ks aan beg = 36 vg oor elke sy tussen hoek-ste. Heg af.
Werk drade weg. Blok die vierkant volgens grootte, bedek met klam lap en laat om droog te word.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.