Hekel saam met Vrouekeur en Elle Yarns oulike hekelblokkies. Hier is hekelblokkie 10 se patroon
Click here for the English pattern
Klik hier vir hekelblokkie 9 se patroon
Belangrik
- Tensy aanbevole breidraad gebruik word, kan SAPROTEX nie verantwoordelikheid vir die eindproduk aanvaar nie.
- Weens beperkings in die drukproses word die kleurreproduksie so na aan die breidraad as moontlik weergegee.
- Die aanwysings is slegs vir een grootte.
Wat het jy nodig?
ELLE FAMILY KNIT VINTAGE DK (100 g)
Kleur van jou keuse
Ons het ± 20 g Cedar Green 224 gebruik
4 mm-hekelnaald
Mate
± 27 cm x 27 cm
Spanning
Dis nie noodsaaklik nie, solank al die vierkante met dieselfde spanning gebrei word, behoort almal min of meer dieselfde grootte te wees.
Afkortings
alb – agterom-langbeen
beg – begin
dies – dieselfde
don – draad om naald
driesl – drieslagsteek
gs – glipsteek
herh – herhaal
hlb – halwe langbeen
ks – kettingsteek
ks-sp – kettingsteekspasie
lb(e) – langbeen (langbene)
rdte – rondte
st(e) – steek (steke)
tes – tesame
vg – visgraatsteek
Spesiale steek
vg (visgraat) – don, steek hekelnaald in aangeduide steek, trek lus deur en trek deur eerste lus op hekelnaald, don en trek deur twee lusse op hekelnaald
Aanwysings
Met 4 mm-hekelnaald maak 21 ks.
1ste ry: 1 lb in 9de ks van naald af, (2 ks, slaan 2 ks oor, 1 lb in vlg ks) 4 keer, draai.
2de ry: 5 ks (1 lb en 2 ks), (1 lb in vlg lb, 2 ks) 4 keer, slaan 2 ks oor, 1 lb in vlg ks, draai.
3de tot 5de ry: soos 2de ry, maar moenie draai ná 5de ry nie.
Werk nou in rondtes.
6de rdte: 6 ks (= 1 lb en 3 ks), (3 lb oor stammetjie van lb, 3 lb oor 3 ks) twee keer, 3 lb oor stammetjie van lb, 3 ks, werk 3 lb in elk van vlg 5 sp, 3 ks, (3 lb oor 3 ks, 3 lb oor stammetjie van lb) twee keer, 3 lb oor 3 ks, 3 ks, 3 lb in selfde en vlg 3 sp, 2 lb in laaste sp, gs in bokant van 3 ks = 15 lb langs elke sy en vier 3ks-sp in hoeke.
7de rdte: 2 ks (= 1 vg), *3 vg in 3 ks-sp, 1 vg in elk van vlg 6 lb, 3 ks, slaan 3 lb oor, 1 vg in elk van vlg 6 lb, herh van * twee keer, 3 vg in 3ks-sp, 1 vg in elk van vlg 6 lb, 3 ks, slaan 3 lb oor, 1 vg in elk van vlg 5 lb, gs in 2de ks aan beg.
8ste rdte: 2 ks (= 1 vg), 1 vg in vlg vg, *3 vg in vlg vg, 1 vg in elk van vlg 4 vg, 9 lb in 3ks-sp, slaan 3 vg oor, 1 vg in elk van vlg 4 vg, herh van * twee keer, 3 vg in vlg vg, 1 vg in elk van vlg 4 vg, 9 lb in 3ks-sp, slaan 3 vg oor, 1 vg in elk van vlg 2 vg, gs in 2de ks aan beg.
9de rdte: 3 ks (= 1 lb), 1 lb in vlg vg, *2 ks, slaan 1 vg oor, 3 lb in vlg vg, 2 ks, slaan 1 vg oor, 1 lb in elk van vlg 3 vg, 3 ks, slaan 1 vg en 2 lb oor, 1 kb in elk van vlg 5 lb, 3 ks, slaan 2 lb en 1 vg oor**, 1 lb in elk van vlg 3 vg, herh van * rondom, eindig by **, 1 lb in vlg vg, gs in 3de ks aan beg.
10de rdte: gs in vlg lb en 2ks-sp, 3 ks (= 1 lb), 2 lb in dies ks-sp, *1 ks, slaan 1 lb oor, (1 lb, 4 ks, 1 lb) in vlg lb, 1 ks, 3 lb in 2ks-sp, 2 ks, 3 lb in vlg 3ks-sp, 2 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in elk van vlg 3 kb, 2 ks, 3 lb in 3ks-sp, 2 ks**, 3 lb in vlg 2ks-sp, herh van * rondom, eindig by **, gs in 3de ks aan beg.
11de rdte: gs in vlg lb, 4 ks (= 1 hlb en 2 ks), 1 hlb in selfde lb, *9 lb in 4ks-sp, [(1 hlb, 2 ks, 1 hlb) in middelste lb van vlg lb-groep, (1 hlb, 2 ks, 1 hlb) in 2ks-sp] 4 keer**, (1 hlb, 2 ks, 1 hlb) in middelste lb van vlg lb-groep, herh van * rondom, eindig by **, gs in 2de van 4 ks.
12de rdte: 1 gs in elk van vlg 2 ks, vlg hlb en vlg lb, 4 ks (= 1 lb en 1 ks), (1 lb in vlg lb, 1 ks) 7 keer, 1 lb in vlg lb, *2 ks, slaan vlg 2ks-sp oor, (1 hlb, 2 ks, 1 hlb) in elk van vlg 7 2ks-sp, 2 ks**, (1 lb in vlg lb, 1 ks) 8 keer, 1 lb in vlg lb, herh van * rondom, eindig by **, gs in 3de van 4 ks.
13de rdte: 2 ks (= 1 vg), *(1 vg in 1ks-sp, 1 vg in vlg lb) 3 keer, 1 vg in vlg 1ks-sp, 3 vg in vlg lb, (1 vg in vlg 1ks-sp, 1 vg in vlg lb) 4 keer, 2 vg in elk van vlg 9 2ks-sp**, 1 vg in vlg lb, herh van * rondom, eindig by **, gs in 2de ks aan beg = 36 vg oor elke sy tussen hoekste.
Heg af.
Werk drade weg. Blok vierkant volgens grootte, bedek met klam lap en laat om droog te word.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.