Hier is Marokkaanse hekelblok #1 se patroon
Kleurgebruik: Vinnis Colours Nikkim DK (50-g-bolle): Baby Yellow, Kingfisher, Cloud Blue, Green Slate en White
Hekelpen: 3,25 mm
Afkortings en steekverduidelikings:
beg = begin, dies = dieselfde, gp = groep, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal, hlb = halflangbeen, kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, ls = lus, rdte = rondte, sp = spasie, st = steek, vlg = volgende.
Pofsteek:
- Slaan draad oor pen.
- Steek pen in spesifieke steek en trek ’n lus op, die lengte van ’n langbeen.
- Slaan draad oor pen en trek ’n lus op in dieselfde steek, twee keer.
- Slaan draad oor pen en trek deur al die lusse.
- Slaan draad oor pen en trek deur die lus op die pen om die pofsteek te heg.
Spykersteek:
- Steek die pen in spasie wat deur die patroon aangedui word.
- Slaan die draad oor die pen en trek die lang lus na die voorkant toe deur.
- Voltooi die steek soos gewoonlik. Moenie die hekeldraad te styf trek sodat die hekelwerk ineengetrek word nie.
Klik op die diagram om dit groter te maak
Patroon:
Met Baby Yellow, hekel 4 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 1 ks, 8 kb in ring, gs in 1ste kb.
2de rdte: 3 ks, 2 lb-pofst in dies st, 1 ks, *3 lb-pofst in vlg kb, 1 ks; herh van * tot einde, gs bo in beg-pofst. H/af.
3de rdte: met Kingfisher; heg aan in 1 ks-sp, 1 ks, 3 kb in dies sp, 1 kb in vlg pofst, *3 kb in vlg 1 ks-sp, 1 kb in vlg pofst; herh van * tot einde, gs in beg-kb = 32 kb. H/af.
4de rdte: met Cloud Blue; 1 ks, 1 kb in dies st, 3 ks, slaan 1 kb oor, *1 kb in vlg kb, 3 ks, slaan 1 kb oor; herh van * tot einde, gs in beg-kb = 16 sps. H/af.
5de rdte: met Green Slate; vou werk na voor en heg aan in enige kb wat in rdte 4 oorgeslaan is, 3 ks, 1 lb in dies st, 2 lb in elke kb wat oorgeslaan is tot einde, gs bo in beg-3 ks. H/af.
6de rdte: met White; 2 ks, 1 hlb in vlg 2 lb, 2 hlb in vlg lb, *1 hlb in vlg 3 lb, 2 hlb in vlg lb; herh van * tot einde, gs bo in beg-2 ks = 40 hlb. H/af.
7de rdte: met Green Slate; 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg 2 hlb, 2 kb in vlg hlb, (1 kb in vlg 3 hlb, 2 kb in vlg hlb) 3 keer, 1 kb in vlg 7 hlb, 2 kb in vlg hlb, (1 kb in vlg 3 hlb, 2 kb in vlg hlb) 3 keer, 1 kb in vlg 4 hlb, gs in beg-kb = 48 kb.
8ste rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg kb, 4 ks, slaan 2 kb oor, *1 kb in vlg 2 kb, 4 ks, slaan 2 kb oor; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
9de rdte: met Kingfisher; heg aan in 1ste van die 2 kb-gp, 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg kb, (1 kb, 1 hlb, 2 lb, 1 hlb, 1 kb) in 4 ks-sp, *1 kb in vlg 2 kb, (1 kb, 1 hlb, 2 lb, 1 hlb, 1 kb) in 4 ks-sp; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
10de rdte: met White; 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg kb, 3 ks, 1 spykerst oor skulp in 4 ks-sp van rdte 7, 3 ks, *1 kb in vlg 2 kb van 2 kb-gp (slaan kb van skulp oor), 3 ks, 1 spykerst oor skulp in 4 ks-sp van rdte 7, 3 ks; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
11de rdte: met Cloud Blue; 1 ks, 1 kb in dies st, 5 ks, 1 kb in vlg kb, 4 ks, (1 kb in vlg spykerst, 4 ks, 1 kb tussen vlg 2 kb, 4 ks) 2 keer, 1 kb in vlg spykerst, 4 ks, *1 kb in vlg kb, 5 ks, 1 kb in vlg kb, 4 ks, (1 kb in vlg spykerst, 4 ks, 1 kb tussen vlg 2 kb, 4 ks) 2 keer, 1 kb in vlg spykerst, 4 ks; herh van * tot einde, gs in beg-kb.
12de rdte: gs tot in 5 ks-sp, 3 ks, 9 lb in dies sp, slaan vlg 4 ks-sp oor, (4 ks, 1 kb in vlg 4 ks-sp) 4 keer, 4 ks, slaan vlg 4 ks-sp oor, *10 lb in vlg 5 ks-sp, slaan vlg 4 ks-sp oor, (4 ks, 1 kb in vlg 4 ks-sp) 4 keer, 4 ks; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks. H/af.
13de rdte: met Green Slate; 3 ks, 1 lb in vlg 4 lb, 3 ks, 1 lb in vlg 5 lb, (3 lb in vlg 4 ks-sp, 1 lb in vlg kb) 4 keer, 3 lb in vlg 4 ks-sp, *1 lb in vlg 5 lb, 3 ks, 1 lb in vlg 5 lb, (3 lb in vlg 4 ks-sp, 1 lb in vlg kb) 4 keer, 3 lb in vlg 4 ks-sp; herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks. H/af.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.