Hekel saam met Vrouekeur en Elle Yarns oulike hekelblokkies. Hier is hekelblokkie 11 se patroon
Click here for the English pattern
Klik hier vir hekelblokkie 10 se patroon
Belangrik
- Tensy aanbevole breidraad gebruik word, kan SAPROTEX nie verantwoordelikheid vir die eindproduk aanvaar nie.
- Weens beperkings in die drukproses word die kleurreproduksie so na aan die breidraad as moontlik weergegee.
- Die aanwysings is slegs vir een grootte.
Wat het jy nodig?
- ELLE FAMILY KNIT VINTAGE DK (100 g)
- 4 kleure van jou keuse
- Ons het Sterling Silver 211, French Grey 251, Cameo 228 en Cedar Green 224 gebruik
- 4 mm-hekelnaald
Mate
± 27 cm x 27 cm
Spanning
Dis nie noodsaaklik nie, solank al die vierkante met dieselfde spanning gebrei word, behoort almal min of meer dieselfde grootte te wees.
Afkortings
beg – begin
dies – dieselfde
don – draad om naald
driesl – drieslag
gs – glipsteek
herh – herhaal
hlb – halwe langbeen
ks – kettingsteek
ks-sp – kettingsteekspasie
lb(e) – langbeen (langbene)
rdte – rondte
st(e) – steek (steke)
tes – tesame
viersl – vierslag
vg – visgraatsteek
Spesiale steek
vg (visgraat) – don, steek hekelnaald in aangeduide steek, trek lus deur en trek deur eerste lus op hekelnaald, don en trek deur twee lusse op hekelnaald
Kleurverandering
(#) dui aan wanneer draad geknip en kleur verander moet word.
Verander kleur netjies voor jy die laaste gs hekel en verbind rondtes deur naald in aangeduide steek te steek, gebruik dan nuwe kleur, don en trek nuwe kleur se lus deur
Aanwysings
Met 4 mm-naald en Sterling Silver, maak 12 ks.
1ste ry: 1 lb in 6de st van naald af, 2 ks, slaan 2 ks oor, 1 lb in vlg ks, 2 ks, slaan 2 ks oor, (1 lb, 2 ks, 1 lb) in laaste ks, draai.
2de ry: 5 ks (= 1 lb en 2 ks), 1 lb in eerste lb, (2 ks, 1 lb in vlg lb) 3 keer, 2 ks, (1 lb, 2 ks, 1 lb) in 3de van 5 ks, draai.
3de ry: 5 ks (= 1 lb en 2 ks), slaan eerste lb oor, (1 lb in vlg lb, 2 ks) 5 keer, 1 lb in 3de van 5 ks, draai.
4de ry: soos 3de ry.
5de ry: 3 ks (= 1 lb), (1 lb in vlg lb, 2 ks) 4 keer, lb2tes deur in vlg lb en 3de van 5 ks te werk, draai.
6de ry: 3 ks (= 1 lb), (1 lb in vlg lb, 2 ks) twee keer, lb2tes deur in vlg en vlg lb te werk, draai (#).
Werk nou in rdtes.
7de rdte: met French Grey, 3 kb in eerste 2ks-sp, *1 ks, 3 kb in vlg ks-sp, herh van * rondom, werk dus oor die ks of lb-stammetjies wat ‘n sp skep, eindig met 1 ks, gs in eerste kb = 48 kb, gs in vlg 2 kb, (#), gs in 1ks-sp.
8ste rdte: met Cameo, 3 ks (= 1 lb), (1 lb, 1 ks, 2 lb) in dies ks-sp, (2 lb, 1 ks, 2 lb) in elke 1ks-sp rondom, gs in 3de ks aan beg en vlg lb.
9de rdte: gs in 1ks-sp, 3 ks (= 1 lb), 3 lb in dies 1ks-sp, 4 lb in elke 1ks-sp rondom, (#) gs in 3de ks aan beg.
10de rdte: met Cedar Green, 1 kb in dies plek as gs, 1 kb in elk van vlg 3 lb, *1 kb in sp tussen lb van 8ste rdte, 1 kb in elk van vlg 4 lb, herh van * rondom, eindig met 1 kb in laaste sp tussen lb en 3 ks aan beg van 8ste rde, (#) gs in eerste kb.
11de rdte: met French Grey, 2 ks (= 1 vg), 1 vg in vlg kb, *1 ks, 1 vg in elk van vlg 2 kb, 1 ks**, slaan 1 kb oor (= lang kb), 1 vg in elk van vlg 2 kb, herh van * rondom, eindig by **, gs in 2de ks aan beg en vlg vg (#).
12de rdte: met Cedar Green, gs in 1 ks-sp, 3 ks (= 1 lb), 3 lb in dies ks-sp, *3 ks, slaan 2 vg, vlg 1 ks en vlg 2 vg oor, (1 kb, 1 ks, 1 kb) in vlg 1ks-sp, 3 ks**, slaan 2 vg, vlg 1 ks en vlg 2 vg oor, 4 lb in vlg 1ks-sp, herh van * rondom, eindig by **, gs in 3de ks aan beg. Heg af.
13de rdte: met Cameo, gs in enige 1ks-sp tussen kb van 12de rdte, 3 ks (= 1 lb), 3 lb in selfde 1ks-sp, *3 ks, werk agter 3 ks van 12de rdte, 1 kb in 11de rdte se vg aan regterkant van 1ste lb, 3 ks agter, 1 kb in vg na laaste lb, 3 ks**, 4 lb in 1ks-sp tussen kb, herh van * rondom, eindig by **, (#) gs in bokant van 3 ks.
14de rdte: met Sterling Silver, 1 kb in dies plek as gs, 1 kb in elk van vgl 3 lb, *1 kb in 13de rdte se 3ks-sp, 1 kb in 12de rdte se 3ks-sp, 1 kb in elk van vlg 4 lb, 1 kb in 12de rdte se 3ks-sp, 1 kb in 13de rdte se 3ks-sp, 1 kb in elk van vlg 4 lb, 1 kb in 12de rdte se 3ks-sp, 1 ks, 1 kb in 13de rdte se 3ks-sp**, 1 kb in elk van vgl 4 lb, herh van * rondom, eindig by **, (#) gs in eerste kb = 96 kb en 8 1ks-sp.
15de rdte: met French Grey, 1 ks (nie ‘n st nie), 1 kb in dies plek, 1 kb in elk van vlg 16 kb, *1 kb in 1 ks, 1 kb in elk van vlg 3 kb, 8 ks, gs in laaste kb wat gemaak is, 1 kb in elk van vlg 3 kb, 1 kb in 1 ks**, 1 kb in elk van vlg 18 kb, herh van * rondom, eindig by **, 1 kb in laaste kb, gs in eerste kb.
16de rdte: 1 ks (= nie ‘n st nie), 1 kb in dies plek, 1 kb in elk van vlg 15 kb, *(2 viersl, 2 driesl, 3 lb, 3 ks, 3 lb, 2 driesl, 2 viersl) in 8ks-lus, slaan 5 kb oor, 1 kb in elk van vlg 16 kb, herh van * nog twee keer, *(2 viersl, 2 driesl, 3 lb, 3 ks, 3 lb, 2 driesl, 2 viersl) in 8ks-lus, (#) gs in eerste kb.
17de rdte: met Sterling Silver, 1 ks (nie ‘n st nie), 1 kb in dies plek, *1 kb in elke st tot by hoek se 3ks-sp, 3 kb in 3ks-sp, herh van * rondom, eindig met gs in eerste kb = 132 kb.
18de rdte: 5 ks (= 1 lb en 2 ks), (slaan 2 kb oor, 1 lb in vlg kb, 2 ks) 7 keer, *slaan 2 kb oor, 3 lb in vlg kb, (2 ks, slaan 2 kb oor, 1 lb in vlg kb) 10 keer, 2 ks, herh van * nog 2 keer, slaan 2 kb oor, 3 lb in vlg kb, (2 ks, slaan 2 kb oor, 1 lb in vlg kb) twee keer, 2 ks, gs in 3de ks aan beg.
19de rdte: 2 ks (= 1 vg), (1 vg in elk vn vlg 2 ks, 1 vg in lb) 8 keer, *3 vg in vlg lb, (1 vg in vlg lb, 1 vg in elk van vlg 2 ks) 11 keer, 1 vg in vlg lb, herh van * nog twee keer, 3 vg in vlg lb, (1 vg in vlg lb, 1 vg in elk van vlg 2 ks) 3 keer, gs in 2de ks aan beg = 36 vg langs elke sy tussen hoekste. Heg af.
Werk drade weg, blok vierkant volgens grootte, bedek met ‘n klam lap en laat om droog te word.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.