Benodigdhede
Vinnis Colours Nikkim 100% katoendraad
(50 g-balle): 2 balle White 598, 1 bal elk
Kingfisher 591, Baby Blue 534 en Green
Slate 555
3,5 mm-hekelpen
Wit T-hemp (Medium)
Naald met groot oog om drade weg te werk
Mate
Omtrek = 96 cm
Lengte van hekelstrook = 32 cm
Afkortings
beg – begin; dies – dieselfde; gs – glipsteek; h/af – heg af; herh – herhaal; kb – kortbeen; ks – kettingsteek; lb – langbeen; ls – lus; rdte – rondte; RK – regte kant; sp – spasie; st – steek; tes – tesame; tr – trossie; vlg – volgende
Aanwysings
Sirkel (hekel 9) Wissel die drie kleure telkens af.
In 1ste kleur: Begin met 8 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 19 lb in ring, gs bo in beg- 3 ks. H/af.
2de rdte: Met 2de kleur: 4 ks, (1 lb in vlg lb, 1 ks) 19 keer, gs in 3de van beg-4 ks. H/af.
3de rdte: Met 3de kleur: gs in sp, 3 ks, 2 lb-tr in dies sp, 3 ks, (3 lb-tr in vlg sp, 3 ks) 19 keer, gs bo in 1ste tr. H/af.
4de rdte: Die rdte word net by die 1ste sirkel omgehekel. By die 2de en daaropvolgende sirkels word die rdte aan die vorige sirkel vasgehekel.
Met wit: 1 kb in enige 3 ks-sp, 5 ks, (1 kb in vlg 3 ks-sp, 5 ks) 19 keer, gs in 1ste kb. H/af. Vashekel aan 2de sirkel: Met wit: (1 kb in 3 ks-sp, 2 ks, 1 ks in 5 ks-sp van 1ste sirkel, 2 ks, 1 kb in vlg 3 ks-sp van 2de sirkel) 3 keer, voltooi sirkel soos 4de rdte van sirkel 1. Vashekel van 3de sirkel: Laat sewe 5 kssps van 2de sirkel oop en hekel 3de sirkel aan die vlg drie 5 ks-sps vas. Hekel al die sirkels aanmekaar vas op dies wyse en onthou om die laaste sirkel aan die 1ste sirkel ook vas te hekel. Die tweede ry sirkels word aanmekaar sowel as aan die 1ste ry sirkels vasgehekel. (Sien skets).
Invulmotiewe
Met wit: Begin met 8 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 2 lb-tr in ring, 2 ks, 1 ks in 5 ks-sp van 1ste sirkel, 2 ks, 3 lb-tr in sirkel, 2 ks, 1 ks in 2de sp van 1ste sirkel, 2 ks, 3 lb-tr in sirkel, 2 ks, 1 ks in 5 ks-sp van vlg sirkel, 2 ks, 3 lb-tr in sirkel, gaan so voort totdat die motief aan al 8 sps vasgehekel is.
Strook onderom
Met wit: Begin by 1ste 5 ks-sp van enige sirkel.
1ste rdte: *(1 kb in 5 ks-sp, 5 ks) 6 keer, 1 kb in laaste 5 ks-sp van sirkel, 5 ks, gaan aan in 5 ks-sp van vlg sirkel. Voltooi al 9 sirkels, gs in 1ste kb.
2de rdte: gs in vlg 3 ks (om weer in die middel van die 5 ks-sp te kom), *(5 ks, 1 kb in vlg 5 ks-sp) 5 keer, 5 ks, slaan 5 ks oor, 1 kb in vlg 5 ks-sp *, herh van * rondom, gs in laaste van 3 gs en in vlg 3 ks.
3 rdte: Dies as rdte 2.
4–7 rdte: * 5 ks, 1 kb in vlg 5 ks-sp *, herh van * rondom, tot einde, eindig met gs in laaste van 3 gs.
8ste rdte: gs in vlg 3 ks, * 2 ks, (3 lb-tr, 3 ks, 3 lb-tr) in vlg 5 ks-sp, 2 ks, 1 kb in vlg 5 ks-sp, *, herh van * rondom tot einde, eindig met gs in laaste van 3 gs.
9de rdte: gs tot in 3 ks-sp (= tussen 2 tr), 3 ks, 2 lb-tr in dies sp, 3 ks, 3 lb-tr in dies sp, * 2 ks, 1 kb in vlg kb, 2 ks, (3 lb-tr, 3 ks, 3 lb-tr) in vlg 3 ks-sp, herh van * rondom, eindig met gs in 1ste tr.
10de rdte: Dies as rdte 9.
11de rdte: gs in 3 ks-sp, [2 kb, 3 ks, gs in 1ste ks (= picot), 2 kb] in dies sp, 1 kb in tr, * 2 kb in vlg 2 ks-sp, 1 kb in kb, 2 kb in vlg 2 ks-sp, 1 kb in tr, (2 kb, picot, 2 kb) in vlg 3 ks-sp, 1 kb in tr *, herh van * tot einde, eindig met gs in 1ste kb.
Rand bo-om
Met wit: Begin by 1ste 5 ks-sp van enige sirkel.
1ste rdte: (1 kb in elke 5 ks-sp, 4 ks) 6 keer, 1 kb in laaste 5 ks-sp van die sirkel, 4 ks, gaan so voort in 5 ks-sp van vlg sirkel. Voltooi al 9 sirkels, gs in 1ste kb.
2de rdte: gs in vlg 3 ks, * (4 ks, 1 kb in vlg 5 ks-sp) 5 keer, 4 ks, slaan vlg 4 ks-sp oor, 1 kb in vlg 4 ks-sp *, herh van * rondom, gs in 1ste kb.
3de rdte: 3 ks, 3 lb in 4 ks-sp, 4 lb in vlg sp, 2 lb in vlg sp, 4 lb in vlg 2 ks-sp, 2 lb in vlg sp, * 4 lb in vlg 2 sps, 2 lb in vlg sp, 4 lb in vlg 2 sps, 2 lb in vlg sp *, herh van * rondom, eindig met gs bo in 3 ks.
4de rdte: 3 ks, 1 lb in elke lb rondom, eindig met gs bo in 3 ks. H/af.
Afwerking
Werk al die los drade weg. Verdeel en merk T-hemp onder asook die hekelwerk in 4 dele. Plaas die hekelwerk op die T-hemp op die gemerkte dele en ryg vas. Stik rondom met masjien vas.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.