Hekel kantdoilies aanmekaar vir ’n nuttige doilie-drasak
Deur KAREN ADENDORFF Foto ELMARIE KNAPTON
Moeilikheidsgraad ***
Benodigdhede
- 4 balle Moya 100% organiese katoen (50 g-balle) in Sand
- 3,5 mm-hekelpen
- Naald met groot oog om drade weg te werk
- 1 m bypassende sagte, plooibare katoenmateriaal vir voering
- Bamboessirkelhandvatsels met 13 cm-deursnee
- Algemene naaldwerkbenodigdhede
- LEES OOK: Hekel dié baie gewilde chevron-kombers
Grootte
Gehekelde gedeelte: 37 cm x 57 cm
Afkortings
beg – begin; dies – dieselfde; dsl – dubbelslagsteek; gs – glipsteek; h/af – heg af; herh – herhaal; kb – kortbeen; ks – kettingsteek; lb – langbeen; ls – lus; rdte – rondte; sp – spasie; st – steek; tes – tesame; vlg – volgende
Aanwysings
Doilie (hekel 12)
Met 3,5 mm-hekelpen en Sand, hekel 5 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 15 lb in ring, gs in bokant van 3 ks.
2de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, *6 ks, gs in 3de ks vanaf pen, 7 ks, gs in 4de ks vanaf pen, 6 ks, gs in 3de ks vanaf pen, 3 ks, (1 kb in vlg lb) 2 keer; herh van * tot einde, eindig met gs in beg-kb = 8 kettingblare. H/af.
3de rdte: Heg aan in 4 ks-ls (= punt van die blaar), [4 ks, (1 lb, 1 ks) 6 keer, 1 lb] in 4 ks-ls, 1 ks, *[(1 lb, 1 ks) 7 keer, 1 lb] in vlg 4 ks-ls, 1 ks; herh van * tot einde, gs in 3de van 4 ks.
4de rdte: 1 kb in vlg (sp, 1 lb en 1 ks-sp), (3 ks, 1 kb in vlg 1 ks-sp) 4 keer, 1 kb in vlg lb, (1 kb in vlg 1 ks-sp) 3 keer, *1 kb in vlg lb, 1 kb in vlg 1 ks-sp, (3 ks, 1 kb in vlg 1 ks-sp) 4 keer, 1 kb in vlg lb, (1 kb in vlg 1 ks-sp) 2 keer; herh van * tot einde, gs in beg-kb.
5de rdte: gs tot in kb net voor 3 ks-sp, 6 ks, (1 lb in vlg kb, 3 ks) 3 keer, *(1 lb in vlg kb, slaan 5 kb oor, 1 lb in vlg kb) tes (die 2 lb word dus tesaam gehekel), 3 ks, (1 lb in vlg kb, 3 ks) 3 keer, herh van * tot einde, eindig met 1 lb in vlg kb, gs in 3de van beg-6 ks.
LEES OOK: HEKEL: ‘n Blomhandsak
6de rdte: 1 kb in dies st, *4 ks, [(1 lb, 1 ks, 1 lb) in vlg lb, 3 ks] 2 keer, (1 lb, 1 ks, 1 lb) in vlg lb, 4 ks, 1 kb in vlg 2 lb-tes; herh van * tot einde, gs in beg-kb.
7de rdte: gs in 4 ks-ls tot in 1ste 1 ks-sp, *1 kb in 1 ks-sp, 3 ks, (1 kb, 3 ks, 1 kb) in vlg 3 ks-sp, 3 ks, 1 kb in vlg 1 ks-sp, 3 ks, (1 kb, 3 ks, 1 kb) in vlg 3 ks-sp, 3 ks, 1 kb in vlg 1 kssp, 6 ks; herh van * tot einde, gs in beg-kb.
8ste rdte: voltooi vir 1ste doilie en daarna word doilies in hierdie rdte aanmekaargehekel: *1 kb in 1ste 3 ks-sl, 3 ks, slaan 2 van die 3 ks-lse oor, 1 kb in vlg 3 ks-ls, 6 ks, 1 kb in 6 ks-ls, 6 ks; herh van * tot einde, gs in beg-kb = 24 lse. H/af.
8ste rdte: (aanmekaar vasgehekel by 2de doilie): 1 kb in 1ste 3 ks-ls, 1 ks, 1 ks deur 3 ks-ls van 1ste doilie, 1 ks, slaan 2 van die 3 ks-lse oor, 1 kb in vlg 3 ks-ls van 2de doilie, (3 ks, 1 ks deur 6 ks-ls van 1ste doilie, 3 ks, 1 kb in 6 ks-ls van 2de doilie) 2 keer, voltooi rdte verder soos by 1ste doilie. Die doilies word net aan 3 lse vasgehekel. Wanneer die tweede ry doilies op twee plekke aanmekaar gehekel word, word 3 lse tussenin oorgeslaan.
Vulsterre
Hekel 5 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 15 lb in ring, gs in bokant van 3 ks.
2de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, *10 ks, gs in kb (in 3 ks-ls) van doilie, 10 ks, 1 kb in vlg lb, 5 ks, gs in die kb tussen 6 ks-lse van doilie, 1 kb in vlg lb, herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
Halwe vulsterre
Hekel 4 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste ry: 3 ks, 9 lb in ring, gs in bokant van 3 ks, dr.
2de ry: 1 ks, 1 kb in dies st, *10 ks, gs in kb in 3 ks-ls van doilie, 10 ks, 1 kb in vlg lb, 5 ks, gs in kb tussen 6 ks-lse van doilie, 1 kb in vlg lb, herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
Afwerking
- Knip voeringmateriaal soos volg: 2 dele van 76 cm x 57 cm; 2 dele van 24 cm x 21 cm. Hekelwerk-spanning is nie dieselfde by elke persoon nie, daarom moet jy jou sak meet en die voering daarvolgens sny.
- Vou die groter stukke oorlangs en stik die synate toe. Pars die nate.
- Dop een sak om en plaas dit in die ander sak, regte kante inmekaar.
- Stik rondom, maar laat opening van ± 7 cm. Dop die hele sak om deur die opening. Druk die een sak in die ander sak sodat die sak dubbeld is. Pars die nate.
- Plaas die voeringsak in die gehekelde sak en steek dit vas sodat die voering 1 cm bokant die hekelwerk uitsteek. Werk vas.
- Stik twee rye rygsteke op die voeringdeel, voor en agter, en ryg in.
- Vou die kleiner stukke voering oorlangs en stik die synate toe. Dop om en pars.
- Plaas die strokie op die regte kant van die sak, 2 cm van die kante af, oor die ingerygde deel. Steek vas en stik vas.
- Plaas die handvatsel in die strook, vou die strook oor die handvatsel en werk aan die binnekant vas.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.