Maak maklike geskenke met goedkoop blikkies en oorskietwol!
Karen Adendorff
BENODIGDHEDE
Vinnis Colours Nikkim (100% katoendraad) (50 g-bolle): 1 bal elk White 598, Kingfisher 591 en
Avocado 530
3,5 mm-hekelpen
3 blikkies: groot – omtrek 32 cm en hoogte 11,5 cm; middelgrootte – omtrek 23 cm en hoogte 11 cm; klein – omtrek 26,5 cm en hoogte 9 cm
Naald om naat mee toe te werk
Afkortings
beg – begin
dies – dieselfde
dr – draai
dsl – dubbelslagsteek
h/af – heg af
herh – herhaal
kb – kortbeen
ks – kettingsteek
lb – langbeen
ls – lus
sdop – slaan draad om pen
st(e) – steek(steke)
tes – tesame
vlg – volgende
Groot blikkie
Met White en 3,5 mm-hekelpen, begin met 56 ks (die patroon is veelvoude van 4 ste).
1ste ry: 1 kb in 2de ks vanaf pen, 1 kb in elke ks (= 55 kb), dr.
2de ry: 1 ks, 1 kb in vlg 2 kb, (12 ks, 1 kb in vlg 4 kb, 12 ks, 1 kb in vlg 5 kb) 5 keer, 12 ks, 1 kb in vlg 4 kb, 12 ks, 1 kb in laaste 3 kb, dr.
3de ry: 1 ks, (vou die 12 ks-lusse na agter), 1 kb in elke kb tot einde, dr.
4de en 5de ry: 1 ks, 1 kb in elke kb, dr. Herh rye 2 – 5 nog 6 keer. Vleg die 12 ks-lusse as volg:
Begin onder: Trek die twee tweedelaaste lusse van onder af onder deur die onderste lusse, kruis die lusse met die regterkantste lus onder die linkerkantste lus, trek die lusse net bokant onderdeur die gekruisde lusse, trek die vlg lusse aan die bokant onderdeur die vorige lusse, kruis weer die lusse, herh op dieselfde wyse tot bo.
30ste ry: 1 ks, 1 kb in vlg 2 kb, (1 kb deur lus en vlg kb tes, 1 kb in vlg 2 kb, 1 kb deur lus en vlg kb tes, 1 kb in vlg 5 kb) 5 keer, 1 kb deur lus en vlg kb tes, 1 kb in vlg 2 kb, 1 kb deur lus en vlg kb tes, 1 kb in vlg 3 kb, dr.
31ste en 32ste ry: 1 ks, 1 kb in elke kb. Los ’n lang genoeg draad vir vaswerk. H/af. Werk naat toe, dop om en trek oor die blik.
Middelslag -blikkie
SP – springmieliesteek: maak 5 lb in die spesifieke st, verwyder die pen uit die lus, steek die pen van voor na agter onderdeur albei lusse van die eerste lb, steek pen weer in die lus waaruit die pen verwyder was en trek die lus deur, sluit die steek met 1 ks.
S – skulp: maak 5 lb in die spesifieke st. Met Avocado en 3,5 mm-hekelpen, begin met 50 ks (die patroon is veelvoude van 6 ste).
1ste ry: 1 kb in 2de ks vanaf pen, 1 kb in elke ks tot einde, dr.
2de ry: 3 ks, * SP in vlg kb, slaan 2 kb oor, S in vlg kb, slaan 2 kb oor *, herh van * tot * tot einde, eindig met: slaan 1 kb na S oor, 1 lb in laaste kb, dr.
3de ry: 3 ks, * 1 kb in middelste lb van S, 2 ks, 1 kb in SP, 2 ks *, herh van * tot * tot einde, eindig met 1 lb bo in dr-ks, dr.
4de ry: 3 ks, * SP in vlg kb, S in vlg kb *, herh van * tot * tot einde, eindig met 1 lb bo in dr-ks.
5de ry: Herh ry 3, dr. Herh rye 4 en 5 nog 4 keer en dan ry 4 nog een keer.
15de ry: 1 ks, * 1 kb in 5 lb van S *, herh van * tot * tot einde, eindig met 1 kb in laaste 2 ste. Los ’n lang genoeg draad vir toewerk. H/af. Werk die naat toe en trek oor die blikkie.
Klein blikkie
DP – dwarspofsteek: (sdop, steek pen van voor na agter, van regs na links, om die lb, sdop en trek ’n lus deur) 3 keer (= 7 lusse op pen), sdop en trek deur 6 lusse, sdop en trek draad deur 2 lusse. Met Kingfisher en 3,5 mm-hekelpen, begin met 47 ks.
1ste ry: 1 kb in 2de ks vanaf pen, 1 kb in elke ks tot einde, dr.
2de ry: 3 ks, slaan 1ste kb oor, *1 lb in vlg kb, DP oor die lb wat so pas gemaak is, slaan 1 kb oor *, herh van * tot * tot einde, eindig met 1 lb in laaste st, dr (= 22 DP. Maak seker dat daar elke keer 22 DP is).
3de ry: 1 ks, 1 kb in elke lb en 1 kb in elke DP tot einde, eindig met 1 kb bo in dr-3 ks, dr. Herh rye 2 en 3 nog 4 keer, los ’n lang genoeg draad om naat toe te werk. H/af. Werk naat toe en trek oor blikkie.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.