Hekel vrolike vatlappies vir jou kombuis. Hier is sewe patrone
Deur KAREN ADENDORFF Foto’s ELMARIE KNAPTON
BENODIGDHEDE
- Vinnis Nikkim-katoendraad DK (50 gballe): 1 bal elk Kingfisher, Baby Blue, Baby Yellow, Pink, Ballet Pink, Violet, Avocado, Green Slate, Blue Red, Burnt Orange en Raspberry
- 3,5 mm-hekelpen
- naald vir gare wegwerk
- 50:50-suikerwateroplossing
AFKORTINGS
beg – begin; dies – dieselfde; dr – draai; gp – groep; gs – glipsteek; h/af – heg af; herh – herhaal; kb – kortbeen; ks – kettingsteek; lb – langbeen; ls – lus; rdte – rondte; pofst – pofsteek gevorm deur 3 lb-lusse wat opgetrek word en met glipsteek gesluit word; sp – spasie; st – steek; vlb – vooromlangbeen: steek pen van voor na agter om stam van langbeen na voor weer uit en voltooi langbeen; vlg – volgende
LEES OOK: Hekel: Unieke plekmatjies
AANWYSINGS
Rifstreep-blom
WENK: moenie drade telkens knip nie, maar dra die drade saam. Met 3,5 mm-pen en Baby Blue, hekel 4 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 11 lb in ring, gs in bokant van 3 ks = 12 lb.
2de rdte: met Kingfisher: 3 ks, 2 lb in dies st, 1 vlb in vlg lb, (3 lb in vlg st, 1 vlb in vlg lb) 5 keer, gs in bokant van 3 ks.
3de rdte: met Baby Blue: 3 ks, 1 lb in dies st, 1 vlb in vlg lb, *2 lb in vlg lb, 1 vlb in vlg lb, herh van * tot einde, gs in bokant van 3 ks.
4de rdte: met Kingfisher: 3 ks, 1 lb in dies st, 1 lb in vlg lb, 1 vlb in vlg vlb, *2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg lb,1 vlb in vlg vlb, herh van * tot einde, gs in bokant van 3 ks.
5de rdte: met Baby Blue: 3 ks, 1 lb in dies st, 1 lb in vlg 2 lb, 1 vlb in vlg vlb, *2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg 2 lb, 1 vlb in vlg vlb, herh van * tot einde, gs in bokant van 3 ks.
6de rdte: met Kingfisher: 3 ks, 1 lb in dies st, 1 lb in vlg 3 lb, 1 vlb in vlg vlb, *2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg 3 lb, 1 vlb in vlg vlb, herh van * tot einde, gs in bokant van 3 ks.
7de rdte: met Baby Blue: 3 ks, 1 lb in dies st, 1 lb in vlg 4 lb, 1 vlb in vlg vlb, *2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg 4 lb, 1 vlb in vlg vlb, herh van * tot einde, gs in bokant van 3 ks.
8ste rdte: met Kingfisher: 3 ks, 1 lb in dies st, 1 lb in vlg 5 lb, 1 vlb in vlg vlb, *2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg 5 lb, 1 vlb in vlg vlb, herh van * tot einde, gs in bokant van 3 ks.
9de rdte: met Baby Blue: 3 ks, 1 lb in dies st, 1 lb in vlg 6 lb, 1 vlb in vlg vlb, *2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg 6 lb, 1 vlb in vlg vlb, herh van * tot einde, gs in bokant van 3 ks.
10de rdte: met Kingfisher: 3 ks, 1 lb in dies st, 1 lb in vlg 7 lb, 1 vlb in vlg vlb, *2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg 7 lb, 1 vlb in vlg vlb, herh van * tot einde, gs in bokant van 3 ks, 12 ks, gs in dies st. H/af.
Seshoek-blom (hekel 7)
Kleurvolgorde:
Middelste seshoek (hekel 1):
1ste rdte: Baby Yellow;
2de rdte: Pink;
3de rdte: Kingfisher;
4de rdte: Ballet Pink;
5de rdte: Kingfisher.
Ander seshoeke (hekel 6):
1ste rdte: Kingfisher;
2de rdte: Baby Yellow;
3de rdte: Pink;
4de rdte: Ballet Pink;
5de rdte: Pink. Met 3,5 mm-pen, hekel 4 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 11 lb in ring, gs in bokant van 3 ks = 12 lb.
2de rdte: 3 ks, 3 lb in vlg lb, *1 lb in vlg lb, 3 lb in vlg lb, herh van * tot einde, gs in bokant van 3 ks.
3de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 1 ks, slaan 1 lb oor, (1 kb, 2 ks, 1 kb) in vlg lb, *1 ks, slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg lb, 1 ks, slaan 1 lb oor, (1 kb, 2 ks, 1 kb) in vlg lb, herh van * tot einde, eindig met: slaan 1 lb oor, 1 ks, gs in beg-kb.
4de rdte: 3 ks, 1 lb in 1 ks-sp, 1 lb in vlg kb, (3 lb in vlg 2 ks-sp, 1 lb in vlg kb, 1 lb in vlg 1 ks-sp, 1 lb in vlg kb, 1 lb in vlg 1 ks-sp, 1 lb in vlg kb) 5 keer, 3 lb in vlg 2 ks-sp, 1 lb in vlg kb, 1 lb in vlg 1 ks-sp, gs in bokant van 3 ks.
5de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 1 ks, slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg lb, *1 ks, slaan 1 lb oor, (1 kb, 2 ks, 1 kb) in vlg lb, (1 ks, slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg lb) 3 keer, herh van * tot einde, eindig met 1 ks, slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg lb, 1 ks, slaan 1 lb oor, gs in beg-kb. H/af. Werk die drade van die seshoeke weg en werk die seshoeke volgens die foto aanmekaar. Met 3,5 mm-pen en Pink, heg tussen enige 2 seshoeke en hekel 12 ks, gs in dies st. H/af.
Pofsteeksirkel
Met 3,5 mm-pen en room, hekel 4 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 15 lb in ring, gs in bokant van 3 ks = 16 lb.
2de rdte: met Baby Blue, 3 ks, 1 pofst in vlg lb, *2 lb in vlg lb, 1 pofst in vlg lb, herh van * tot einde, eindig met 1 lb in dies st as beg-3 ks, gs in bokant van 3 ks.
3de rdte: 3 ks, (1 pofst, 2 ks, 1 pofst) in vlg pofst, *1 lb in vlg 2 lb, (1 pofst, 2 ks, 1 pofst) in vlg pofst, herh van * tot einde, eindig met 1 lb in laaste lb, gs in bokant van 3 ks.
4de rdte: 3 ks, (1 pofst, 3 ks, 1 pofst) in 2 ks-sp, *2 lb in vlg 2 lb, (1 pofst, 3 ks, 1 pofst) in 3 ks-sp, herh van * tot einde, eindig met 2 lb in vlg lb, 1 lb in dies st as 3 ks, gs in bokant van 3 ks.
5de rdte: met Kingfisher: 3 ks, (1 pofst, 3 ks, 1 pofst) in 3 ks-sp, *1 lb in vlg lb, 2 lb in vlg 2 lb, 1 lb in vlg lb, (1 pofst, 3 ks, 1 pofst) in 3 ks-sp, herh van * tot einde, eindig met 1 lb in vlg lb, 2 lb in vlg 2 lb, gs in bokant van 3 ks.
6de rdte: 3 ks, (1 pofst, 3 ks, 1 pofst) in 3 ks-sp, *1 lb in vlg 2 lb, 2 lb in vlg 2 lb, 1 lb in vlg 2 lb, (1 pofst, 3 ks, 1 pofst) in 3 ks-sp, herh van * tot einde, eindig met 1 lb in vlg 2 lb, 2 lb in vlg 2 lb, 1 lb in vlg 1 lb, gs in bokant van 3 ks.
7de rdte: 3 ks, (1 pofst, 3 ks, 1 pofst) in 3 ks-sp, *1 lb in vlg 4 lb, 1 pofst in vlg lb, 1 lb in vlg lb, 2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg lb, (1 pofst, 3 ks, 1 pofst) in 3 ks-sp, herh van * tot einde, eindig met 1 lb in vlg 4 lb, 1 pofst in vlg lb, 1 lb in vlg lb, 2 lb in vlg lb, gs in bokant van 3 ks.
8ste rdte: met Green Slate: 3 ks, (1 pofst, 3 ks, 1 pofst) in 3 ks-sp, *1 lb in vlg 4 lb, (1 pofst, 2 ks, 1 pofst) in pofst, 1 lb in vlg 4 lb, (1 pofst, 3 ks, 1 pofst) in 3 ks-sp, herh van * tot einde, eindig met 1 lb in vlg 4 lb, (1 pofst, 2 ks, 1 pofst) in pofst, 1 lb in vlg 3 lb, gs in bokant van 3 ks.
9de rdte: 3 ks, (1 pofst, 3 ks, 1 pofst) in 3 ks-sp, *1 lb in vlg 3 lb, 2 lb in vlg lb, (1 pofst, 3 ks, 1 pofst) in 2 ks-sp, 1 lb in vlg 3 lb, 2 lb in vlg lb, (1 pofst, 3 ks, 1 pofst) in 3 ks-sp, herh van * tot einde, eindig met 1 lb in vlg 3 lb, 2 lb in vlg lb, (1 pofst, 3 ks, 1 pofst) in 2 ks-sp, 1 lb in vlg 2 lb, 2 lb in vlg lb, gs in bokant van 3 ks, 12 ks, gs in dies st. H/af.
Veelkleurige sirkel
Met 3,5 mm-pen en Avocado, hekel 8 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 20 lb in ring, gs in bokant van 3 ks = 21 lb.
2de rdte: met Baby Yellow: 1 ks, 1 kb in dies st, *3 ks, slaan 2 lb oor, 1 kb in vlg lb, herh van * tot einde, gs in beg-kb.
3de rdte: met Violet heg in 3 ks-ls, (3 ks, 3 lb) in 3 ks-ls, 1 ks, *4 lb in 3 ks-sl, 1 ks, herh van * tot einde, gs in bokant van 3 ks.
4de rdte: met Blue Red, 1 ks, 1 kb in vlg 3 lb, 2 kb in 1 ks-sp, *1 kb in vlg 4 lb, 2 kb in 1 ks-sp, herh van * tot einde, gs
5de rdte: met Pink: 1 ks, 1 kb in vlg 3 kb, 3 kb-spykerste oor vlg 2 kb in spasie, *1 kb in vlg 4 kb, 3 kb-spykerste oor vlg 2 kb in spasie, herh van * tot einde, gs in beg-ks = 49 ste.
6de rdte: 1 ks, 1 kb in vlg 4 kb, 2 kb in vlg kb, 1 kb in vlg kb, *1 kb in vlg 5 kb, 2 kb in vlg kb, 1 kb in vlg kb, herh van * tot einde, gs in beg-ks = 56 kb.
7de rdte: met Baby Blue: 3 ks, 2 lb-pofst in dies st, 1 ks, slaan 1 kb oor, *1 pofst in vlg kb, 1 ks, slaan 1 kb oor, herh van * tot einde, gs in bokant van 3 ks.
8ste rdte: met Baby Yellow: 1 ks, 2 kb in 1 kssp, *1 kb in pofst, 2 kb in 1 ks-sp, herh van * tot einde, gs in beg-ks = 48 kb.
9de rdte: met Violet: 3 ks, 1 lb in vlg en elke kb tot einde, gs in bokant van 3 ks.
10de rdte: met Avocado: 1 ks, 1 kb in vlg 2 lb, 1 kb-spykerst in Baby Yellow kb-ry ondertoe, *1 kb in vlg 3 lb, 1 spykerst in vlg lb, herh van * tot einde, gs in beg-ks.
11de rdte: met Pink: 1 ks, 1 kb in dies st, 4 ks, 1 kb in spykerst, *4 ks, 1 kb in vlg spykerst, herh van * tot einde, gs in beg-kb.
12de rdte: gs tot in die 4 ks-sp, 3 ks, 4 lb in 4 ks-sp, 5 lb in elke 4 ks-sp tot einde, gs in bokant van 3 ks.
13de rdte: met Blue Red: 3 ks, 1 lb in vlg 4 lb, 1 ks, *1 lb in vlg 5 lb, 1 ks, herh van * tot einde, gs in bokant van 3 ks.
14de rdte: 1 ks, 1 kb in vlg 4 lb, 3 ks, gs in kssp, *1 kb in vlg 5 lb, 3 ks, gs in ks-sp, herh van * tot einde, gs in beg-ks, 12 ks, gs in dies st. H/af.
Hoek-oumablok
Met 3,5 mm-pen en Baby Yellow, hekel 6 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 2 lb in ring, 3 ks, (3 lb, 3 ks) 3 keer in ring, gs in bokant van 3 ks.
2de rdte: met Baby Blue heg in enige 3 ks-sp, (3 ks, 2 lb, 3 ks, 3 lb) in 3 ks-sp (= hoek), [1 ks, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg 3 kssp] 3 keer, 1 ks, gs in bokant van 3 ks.
3de rdte: met Avocado heg in enige 3 ks-hoek, (3 ks, 2 lb, 3 ks, 3 lb) in 3 kssp, *[1 ks, 3 lb in 1 ks-sp, 1 ks, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg 3 ks-sp] 3 keer, 1 ks, 3 lb in vlg 1 ks-sp, 1 ks, gs in bokant van 3 ks.
4de rdte: met Violet in enige 3 ks-hoek, (3 ks, 2 lb, 3 ks, 3 lb) in 3 ks-sp, *[(1 ks, 3 lb in 1 ks-sp) 2 keer, 1 ks, (3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg 3 ks-sp] 3 keer, (1 ks, 3 lb in 1 ks-sp) 2 keer, herh van * tot einde, eindig met 1 ks, gs in bokant van 3 ks.
5de rdte: 1 ks, 1 kb in elke lb en 1 ks-sp en (2 kb, 1 ks, 2 kb) in elke 3 ks-sp, gs in beg-kb. Die volgende rye word net oor twee sye gehekel.
1ste ry (RK): met Baby Blue heg in enige 1 ks-hoeksp, werk in die agterlus van elke st: 1 ks, 1 kb in elke st aan een sy van vierkant, 3 kb in 1 ks-hoeksp, 1 kb in elke st van ander sy van vierkant, 1 kb in 1 ks-sp van hoek, dr.
2de ry: hekel in beide lusse van ste: 1 ks, 1 kb in elke kb van vorige ry met 3 kb in middelste st van hoek-gp, dr.
3de ry: werk in die agterlus van elke st: 1 ks, 1 kb in elke kb van die vorige ry met 3 kb in middelste st van hoek-gp, dr.
4de ry: soos ry 2. Herhaal 3 en 4 twee keer in vlg kleure: Avocado, Violet, Baby Blue en Avocado. H/af. Werk los drade weg. Draai die vierkant sodat die vatlappie ’n diamantvorm het en die oumablok aan bokant lê.
Lussie: met 3,5 mm-pen en Violet, heg aan bopunt van oumablok, hekel 12 ks, gs in dies st. H/af.
Streepseshoek
Met 3,5 mm-pen en Burnt Orange, hekel 4 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 11 lb in ring, gs in bokant van 3 ks = 12 lb.
2de rdte: *3 ks, (3 lb, 3 ks, gs) in dies st, 1 ks, slaan vlg lb oor, gs in vlg st, herh van * tot einde = 6 blaartjies.
3de rdte: met Ballet Pink: heg in enige 1 ks-sp, 6 ks, 1 lb in dies sp, 3 ks, *(1 lb, 2 ks, 1 lb in vlg 1 ks-sp, 3 ks, herh van * tot einde, gs in 4de van 6 ks.
4de rdte: *3 ks, (2 lb , 2 ks, 2 lb) in 2 ks-sp, *1 lb in vlg lb, 3 lb in 3 ks-sp, 1 lb in vlg lb, (2 lb, 2 ks, 2 lb) in vlg 2 ks-sp, herh van * tot einde, eindig met 1 lb in vlg lb, 3 lb in 3 ks-sp, gs in bokant van 3 ks.
5de rdte: met Avocado: 3 ks, 1 lb in elke lb van elke sy met (2 lb, 2 ks, 2 lb) in elke 2 ks-hoeksp, gs in bokant van 3 ks.
6de rdte: met Burnt Orange: 1 ks, 1 kb in elke lb in elke sy met (1 kb, 1 ks, 1 kb) in elke 2 ks-sp, gs in beg-ks.
7de rdte: met Ballet Pink: hekel steke telkens in agterste lus: 3 ks, 1 lb in elke kb van elke sy met (1 lb, 1 ks, 1 lb) in elke 1 ks-sp, gs in bokant van 3 ks.
8ste rdte: met Avocado: 3 ks, 1 lb in elke lb van elke sy met (1 lb, 1 ks, 1 lb) in elke 1 ks-sp, gs in bokant van 3 ks.
9de rdte: met Burnt Orange soos 8ste rdte.
10de rdte: met Ballet Pink: 1 ks, 1 kb in elke lb in elke sy met (1 kb, 2 ks, 1 kb) in elke 1 ks-sp, gs in beg-ks, 12 ks, gs in dies st. H/af.
Ouma-seshoek
Met 3,5 mm-pen en Raspberry, hekel 6 ks, gs in 1ste st om ring te vorm.
1ste rdte: 1 ks, 17 kb in ring, gs in bokant van 3 ks = 18 kb.
2de rdte: met Pink: 4 ks, slaan 2 ks oor, 1 kb in die vlg kb, *3 ks, slaan 2 kb oor, 1 kb in die vlg kb, herh van * tot einde, eindig met gs in 1ste van 4 ks.
3de rdte: met Ballet Pink: (1 kb, 3 ks, 5 lb, 3 ks, 1 kb) in elke 3 ks-sp, gs in beg-kb.
4de rdte: heg agter 3de rdte tussen 2 blomblare met Blue Red: 6 ks, 1 kb tussen blomblare van vorige rdte, *5 ks, 1 kb tussen blomblare, herh van * tot einde, gs in 1ste van 6 ks.
5de rdte: 1 kb in dies sp, (3 ks, 7 lb, 3 ks) in 5 ks-sp, 1 kb in vlg kb, *1 kb in dies kb, (3 ks, 7 lb, 3 ks) in 5 ks-sp, 1 kb in vlg kb, herh van * tot einde.
6de rdte: heg agter 5de rdte tussen 2 blomblare met Avocado: 1 kb, *6 ks, 1 kb tussen blomblare, herh van * tot einde, gs in beg-kb.
7de rdte: 5 ks, 1 lb in dies st, 7 lb in 6 ks-sp, *(1 lb, 2 ks, 1 lb) in vlg kb, 7 lb in vlg 6 ks-sp, herh van * tot einde, gs in 3de van 5 ks.
8ste rdte: met Kingfisher: 5 ks, 1 lb in dies st, slaan 1 lb oor, (3 lb in vlg lb, slaan 2 lb oor) 3 keer, *(1 lb 2 ks, 1 lb) in 2 kssp, slaan 1 lb oor, (3 lb in vlg lb, slaan 2 lb oor) 2 keer, 3 lb in vlg lb, herh van * tot einde, gs in 3de van 5 ks.
9de rdte: met Baby Yellow: 5 ks, slaan 1 lb oor, 3 lb net voor die 3 lb-gp van vorige rdte, (3 lb tussen 3 lb-gpe) 3 keer, *2 ks, (3 lb tussen 3 lb-gpe) 4 keer, herh van * tot einde, eindig met 2 lb saam met beg-ks, gs in 3de van 5 ks.
10de rdte: met Pink: 5 ks, 3 lb in dies sp, (3 lb tussen 3 lb-gpe) 4 keer, *2 ks, (3 lb tussen 3 lb-gpe) 4 keer, herh van * tot einde, eindig met 2 lb in laaste gp saam met beg-3 ks, gs in 3de van 5 ks.
11de rdte: met Avocado: 5 ks, 3 lb in dies sp, (3 lb tussen 3 lb-gpe) 5 keer, *2 ks, 3 lb in dies sp, (3 lb tussen 3 lb-gpe) 5 keer, herh van * tot einde, eindig met 2 lb in laaste gp, gs in 3de van 5 ks.
12de rdte: met Kingfisher: 5 ks, 3 lb in dies sp, (3 lb tussen 3 lb-gpe) 6 keer, *2 ks, 3 lb in dies sp, (3 lb tussen 3 lb-gpe) 6 keer, herh van * tot einde, eindig met 2 lb in laaste gp, gs in 3de van 5 ks. H/af. Met Kingfisher, heg by enige hoek aan, 12 ks, gs in dies st. H/af.
As jy dit wil ophang
Werk al die drade weg. Maak ’n 1:1-oplossing van suiker en water. Doop die vatlappies daarin en span op ’n polistireenbord of handdoek en laat droog word. Die gestyfde lappies hang beter teen ’n muur as ongestyfde lappies
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.