As jy hierdie basiese vierkant onder die knie het, kan jy verskeie artikels maak soos hierdie vingerlose handskoene
Deur CHRISTA SWANEPOEL Foto HEMA PATEL
Wat het jy nodig?
- 1 bal elk DK-breidraad in 3 kleure
- 4 mm-hekelnaald
- Wolnaald
Afkortings
alb – agteromlangbeen: sdop. Steek naald agter rondom balkie van aangeduide steek van vorige ry en trek lus deur, (sdop en trek deur 2 lusse) 2 keer gs – glipsteek ks – kettingsteek ks-sp – kettingsteekspasie lb – langbeen ls(e) – lus(se) sdop – sit draad om pen vlb – vooromlangbeen: sdop, steek naald voor rondom balkie van aangeduide steek in vorige ry en trek lus deur, (sdop en trek deur 2 lusse) 2 keer.
Aanwysings vir een handskoen
Vierkant (maak 2) Met 1ste kleur maak 5 ks en gs in eerste ks om ring te vorm.
1ste rdte: maak 3 ks (tel as lb), 2 lb in ring, 3 ks, (3 lb, 3 ks) 3 maal in ring, gs in 3de ks aan begin. Heg af.
2de rdte: heg 2de kleur in enige 3 ks-sp, 3 ks (tel as lb), 2 lb, 3 ks, 3 lb in dies spasie, 1 ks, *(3 lb, 3 ks, 3 lb) in vlg ks-sp, 1 ks, herh van * rondom, gs in 3de ks aan begin.
3de rdte: gs oor 3 ks tot in 3 ks-sp, 3 ks (tel as lb), 2 lb, 3 ks, 3 lb in ks-sp, 1 ks, 3 lb in 1 ks-sp, 1 ks, *(3 lb, 3 ks, 3 lb) in 3 ks-sp, 1 ks, 3 lb in 1 ks-sp, 1 ks, herh van * rondom, gs in 3de ks aan begin. Heg af.
4de rdte: heg 3de kleur in enige 3 ks-sp, 3 ks (tel as lb) 2 lb, 3 ks, 3 lb, in dies spasie, 1 ks, 3 lb in 1 ks-sp, 1 ks, 3 lb in vlg 1 kssp, 1 ks, *(3 lb, 3 ks, 3 lb) in 3 ks-sp, 1 ks, 3 lb in 1 ks-sp, 1 ks, 3 lb in vlg 1 ks-sp, 1 ks, herh van * rondom, gs in 3de ks aan begin.
Rif Met regte kante opmekaar, werk een sy van vierkant toe. Werk die ander kant aan bo- en onderkant toe en hou die middelste deel oop vir duim. Keer om na regte kant.
1ste rdte: heg eerste kleur op een van die nate, maak 3 ks (tel as lb), een lb in elke lb tot by ander las, 1 lb in las, 1 lb in elke lb oor ander vierkant, gs in 3de ks aan begin.
2de rdte: 3 ks, *alb in vlg lb, vlb in vlg lb, herh van * rondom, gs in 3de ks aan begin. Herh laaste ry nog 1 keer. Heg af. Herh van 1ste rdte af aan ander kant van vierkant, maar maak 5 rye. Heg af.
Wenke
- Gebruik dieselfde blokkie om serpe, komberse en kussingoortreksels te maak.
- Wissel kleure af soos verkies.
Kyk hier na ’n video hoe om die blokkie te beging hekel
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.